Pa ernstig beseer ná huisroof

‘n Struweling het tussen die pa en twee mans uitgebreek (Foto: Blue Security)

Die polisie in KwaZulu-Natal is op die spoor van twee verdagtes nadat ʼn pa en sy seun Woensdagmiddag in hul huis in Northdene, in die weste van Durban, oorval en beroof is. Die 67-jarige pa is ten tyde van die rooftog ernstig beseer.

Volgens kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het die pa en sy seun omstreeks 17:00 gesit en televisie kyk toe hulle ʼn harde geluid buite die huis gehoor het.

“Twee mans het deur ʼn venster toegang tot die huis verkry en die pa en sy seun voor die televisie oorval,” vertel Mbele. “Die verdagtes het messe uitgeruk en waardevolle items geëis, waarna ʼn struweling tussen hulle en die pa ontstaan het. Die man is in die proses verskeie kere gesteek.”

Die twee mans het deur dié venster toegang tot die huis verkry (Foto: Blue Security)

Die verdagtes het daarna ʼn selfoon, wat op ʼn tafel in die vertrek gelê het, gevat en gevlug.

Blue Security-sekuriteitsdienste en Emer-G-Med-nooddienste is na die toneel ontbied.

Brian Jackson, bedryfsbestuurder van Blue Security, sê die pa het verskeie steekwonde aan sy kop en bolyf opgedoen. Paramedici het hom op die toneel gestabiliseer voordat hy per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Jackson sê daar word beweer dat die verdagtes vanuit nabygeleë bosse oor die agterste muur van die erf gespring en só toegang tot die huis verkry het.

Mbele sê die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Genis ·

Ongelukkig word die bosse deesdae mos nie meer gesny nie… Dit val ook sommer onder die munisipaliteite se lae koste behuisting…

Misky ·

Huisroof???? Ek sou sê poging tot moord en die man veg vir sy lewe in die hospitaal

Pierre ·

“Huisroof” statistieke lyk beter as “poging to moord” statistieke

Anel ·

Daar bestaan nie iets soos huisroof nie!!!Waarheen is hulle met die huis wat hulle geroof het? Die is poging tot moord en roof. Of dan gewapende roof.

Annelize ·

Huisroof met die uitsluitlike doel om te moor. Dis volgens my hulle modus operandi. Wat ook al weggedra word is bysaak en ‘n bonus.

Buks ·

Sien selfs al het kriminele nie gewere nie kan hulle nogsteeds moor en roof. As hulle dalk vuurwapens gehad het met n lisensie kon hulle dalk die aanval afgeweer het.

Mariana ·

Poging tot moord beslis. Snaaks hoe maklik aanvalle afgemaak word as roof. Gelukkig is pa en seun lewend. Kriminele te veel in die land. Hulle kruip oral uit.

Frikkie ·

En nou wil die ANC die enigste manier hoe ons onsself kan verdedig ook van ons wegvat

Persheks Adri ·

Dis poging tot moord julle idiote! Dis juis hoekom ons vuurwapens het die klomp gattas.

Sterkte aan die familie!

Di ·

As jy my vra is daar meer kriminele in die land as wat daar nie-kriminele is nie. Lankal gese hulle moet ontslae raak van al die miljoene onwettige EN wettige immigrante in die land. Dis waar al hierdie kriminele dade vandaan kom. Daar is skaars genoeg werk vir ons eie mense dan laat die regering nog steeds duisende immigrante in die land toe wat net kom plak.

Frank ·

Man, man, man…. Ek sal dit geniet as hulle messe na ‘n “gunfight” toe bring. Paraat, mense, paraat!!!

Boer ·

Ons mag mos nie n vuurwapen he om ons self te verdedig nie. So die arme man het seker maar die rowers te veel gekielie toe steek hulle hom. Die man in die Hospitaal ek bid vir jou om te herstel. Vir Mnr. Cele as die inberekers in my huis was het jy 2 begrafnise bygewoon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.