Pa gee dogter oor aan polisie oor naakfoto’s

iphoneʼn 17-jarige meisie is gevonnis vir die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie nadat haar pa die polisie in kennis gestel het dat sy naakfoto’s van haarself aan ʼn 42-jarige man stuur, berig die Sunday Times.

Die gr.10-leerling, wat swanger is, het ʼn drie jaar opgeskorte vonnis ontvang nadat sy ʼn pleitooreenkoms aangegaan het. Volgens die berig het die pa verlede maand eksplisiete boodskappe en kaalfoto’s op sy dogter se foon gekry en dit aan die polisie oorhandig. Die meisie het glo met die 42-jarige man sowel as twee tienerseuns kontak gehad. Die 42-jarige man wat die foto’s ontvang het, is skuldig bevind aan seksuele gereedmaking van ’n minderjarige (grooming) en het ook ʼn drie jaar opgeskorte vonnis ontvang. Die pa het hom intussen tot die Universiteit van Pretoria se Sentrum vir Kinderreg gewend. Carina du Toit, ʼn prokureur by die sentrum, het aan die koerant gesê dat die meisie “duidelik hulp nodig het. Die skuldigbevinding spreek nie enige van die kwessies aan nie.” Volgens die evaluasie van ʼn maatskaplike werker wat aan die hof voorgelê is, is die meisie se ma dikwels afwesig of onder die invloed van alkohol en is die meisie hoofsaaklik deur haar ouma grootgemaak. Die ouma kon egter nie langer die meisie hanteer nie en sy is gestuur om by haar pa en sy vrou te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Annatjie ·

Dis hartseer om van sulke gevalle te lees. Waar gaan hierdie meisie opeindig?

VerVanRyn ·

Ken nie die omstandighede wat haar gedryf het tot sulke gerdag nie, maar wil nie dit as verskoning hoor nie. As jy verkeerd doen doen JY verkeerd, niks of niemand is veranwoordelik vir jou eie gedrag nie. Ek het vriende wat erge(r) dinge oorleef het sonder om simpel goed soos tiener swangerskap en kinderpornografie aan te vang.

Tog spreek hierdie berig van hoop, dat ‘n pa sy eie kind sal aangee vir so iets is werklik besonders. Sê vir my daars darem nog ‘n paar ordentelike ouers daarbuite.

Ria Maritz ·

Inderdaad prysenswaardig – ouers moet hul kinders se foute en tekortkominge erken EN OPTREE. Ek glo dit was die beste besluit deur haar pa geneem.

MARI BUITENDAG ·

hierdie Pa verdien nie net ‘n Bells nie, gee hom ‘n kas vol!!!!!!!!!!!!! Pa ek glo dat jy jou dogtertjie
hierdeur gered het. shit gaan julle nou he o ja! maar ons hoop dit sal van haar ‘n volwaardige vrou en moeder maak eendag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.