Pa gee homself oor na moord op dogtertjie

prison-bars‘n 33-jarige pa van Limpopo het homself aan die polisie oorgegee na die brutale moord op sy tweejarige dogtertjie.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die pa het glo Sondagaand by sy vriendin gekuier by haar huis in Bolobedu buite Tzaneen. Volgens Mulaudzi het daar glo ‘n argument tussen hom en sy vriendin se pa uitgebreek.

Mulaudzi sê die verdagte het glo ‘n mes uitgeruk en sy vriendin en haar pa verskeie kere daarmee gesteek. Die twee het glo uit die huis gevlug en die pa alleen saam met sy tweejarige dogtertjie agtergelaat.

Volgens Mulaudzi het die pa sy dogtertjie teen die muur vasgeslaan voor hy die huis aan die brand gesteek en gevlug het. Mulaudzi sê die dogtertjie het ernstige brandwonde opgedoen en is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die verdagte sal binnekort in die Bolobedu-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jasper ·

Ek het al gewonder. Watter kriteria is van toepassing wanneer n barbaar vs n beskaafde sielkundig ondersoek word ? Wanneer is iemand n barbaar en wanneer is hy sielkundig gestrem ? Ons land wemel van, of barbare of sielkundig gestremdes.

zorana vd berg ·

Kan di regering nie sien hoe dit toeneem nie???? Bring terug die doodstraf!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.