ʼn 38-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou en baba in Delft, Kaapstad, doodgeskiet het.
“Die man het glo sy 34-jarige vrou en drie maande oue baba Woensdagaand by hul huis in Fafanstraat doodgeskiet,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het homself kort daarna aan die polisie oorgegee en hy is in hegtenis geneem.”
Die motief is nog nie bekend nie, maar dit hou vermoedelik met ʼn huishoudelike dispuut verband.
“Die omstandighede word ondersoek,” het Traut gesê.
Die man sal binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn. -SAPA