Pa gesoek ná babaseuntjie sterf

[OPVOLG] Marthinus Pelser is intussen in hegtenis geneem. Lees gerus die opvolgberig hier.

Marthinus Pelser. Foto: Facebook

Marthinus Pelser. Foto: Facebook

Marthinus Pelser, ʼn pa van Johannesburg, het spoorloos verdwyn nadat sy ses maande oue babaseuntjie Saterdagaand dood in sy wiegie aangetref is.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in Honeydew aan die Wesrand gebeur. Volgens Makhubela het die baba se ma Saterdagoggend werk toe gegaan en hul babaseun in sy pa se sorg gelaat.

“Die ma beweer sy het omstreeks 19:00 die aand van die werk af gekom en die pa gevra waar die baba is. Hy het gesê die baba lê in sy wiegie in die slaapkamer en slaap,” het Makhubela gesê. “Die ma sê sy het gaan kyk en die baba in die wiegie gevind waar hy leweloos in ʼn kombers toegedraai was. Hy het brandwonde aan sy lyf gehad, kopbeserings en bloed aan sy gesig en het geen tekens van lewe getoon nie.”

Die ma het glo teruggehardloop na die woonkamer om by die pa te hoor wat gebeur het, maar hy het toe glo reeds met die ma se motor gevlug. Makhubela het gesê die ma het paramedici na die huis ontbied, maar die seuntjie is met hul aankoms dood verklaar.

Hy kon nie bevestig of die man en vrou getroud is nie, maar het gesê dit blyk dat hulle saamgewoon het. Pelser is volgens berigte 22 jaar oud. “Ons is sedertdien op soek na die man omdat ons glo hy kan meer inligting verskaf oor wat met die baba gebeur het. Mense wat hom sien, word versoek om dadelik die polisie by 0860 010 111 in kennis te stel,” het Makhubela gesê.

Volgens inligting op sosiale media het Pelser in ʼn wit Kia Picanto met die nommerplaat TXR 167 GP gevlug. Makhubela kon dit egter nie onmiddellik bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

m ·

Wat moes hierdie arme baba nie alles deurmaak nie. Kan nie glo dat iemand dat aan n kind kan doen nie.

MissDemeanor ·

Jis dit is verskriklik! Wat het in die man se kop aangegaan? Wat ‘n sadis.

En Nou ·

Watter een vand die twee foto’s is nou eintlik Mnr Pelser ??

Landi Slatter ·

Dagsê En Nou,

Dankie vir jou navraag. Beide die foto’s is van Marthinus Pelser, die een is net met ‘n baard en die ander een sonder.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Emma ·

Hoop hulle kry die klein vloek spoedig. Groot genoeg om n kindjie te verwek maar nie Groot genoeg om na hom om te sien nie. You can run but you can not hide. Kom staan PA vir jou dade!

Karma ·

@Gesiggie & Emma, whoa …. whoa …. whoa …. Stadig oor die klippies! Daar is wel ‘n 99.9% kans dat dié man wel iets met die kind se dood te doen gehad het, maar wat het geword van “onskuldig-tot-skuld-bewys-word”? Julle veroordeel en straf die man sommer dadelik. Ongelukke gebeur …. wat van as die baba gebad is in te warm water en die man het geskrik en die kind laat val, vandaar die brandwonde en kopbeserings/bloed? Ja-ja-ja … ek weet, die kans is maar skraal, maar laat die reg en gereg sy gang loop. Nietemin, dit is só jammer dat so ‘n jong ou babatjie so ‘n wrede dood moes sterf. As die jong man dit gedoen het, moet hy boet en sommer goed ook. Sterkte aan die ma, oumas en oupas van die ou klein dingetjie!

Pieta ·

Karma, ek wil net die tegniese punt aan raak (ek dink nie jy het dit só bedoel nie!), maar tegnies is jy skuldig wanneer jy die wandaad pléég, nie eers wanneer jy skuldig bevind word nie. Dit is dus ‘onskuldig-GEAG-tot-skuldig-bewys’, nie ‘onskuldig-tot-skuldig-bewys’ nie. Ongelukkigheid g is daar heelwat mense wat voel hulle is onskuldig as hulle ney nie uitgevang word nie!

Stellie ·

Op sy Facebook wys hy is getroud aan die vrou, op sy Facebook blad is als, laaste paar posts lyk maar of hy n gemene mens is, hoop hulle kry hom gou want hy verdien om gestraf te word, was die mooiste baba seuntjie.

Nicole ·

Ek het dit ook gesien op sy Facebook blad. Dis skokkend! Die heel laate post het my skoon bang gemaak lelik verby.

Katoetjie ·

Gaats ja nee Stellie…daai Facebook blad is iets om oor baie bekommerd te wees!!!! Ek voel so ontsettend jammer vir die mamma. Kan myself nie so iets indink nie.

Poplap ·

Karma ongeluk ja miskien maar hoekom dan weghardloop nee wag verdwyn soos ‘n skelm in die nag. Ons wag hier kom nog ‘n sad sack sielkundige Verde dining. Ek sien dit met my glad oog

Karma ·

@Pieta, dankie vir die uitwys van die tegniese punt. Ek waardeer dit en sal my kommentare dus in die toekoms hierop baseer. Maar dit sê nog nie ‘n mens moet die ou nou al “string, quarter en draw” nie. En ja ……. ek het sy FB blad ook bietjie besoek – dit is, om die minste te sê “freaking scary”!!!!!

Petro ·

Nog n tegniese punt. Gaan kyk na die ma se laaste fb post die fotos van die baba en hoe laat dit opgesit is en wanneer sy gesê het sy by die huis gekom het. Het sy dan daardie fotos by die werk gepost toe haar baba reeds oorlede was? Dit is tog saterdag opgesit

Mariné Lourens ·

Dagsê Nekitha

Volgens die inligting wat ons van die polisie ontvang het, is dit wel ‘n wit voertuig. Die polisie kon ongelukkig nie die fabrikaat van die motor bevestig nie, maar daar word beweer dat dit ‘n Kia Picanto is.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Theresa B ·

Goeie hemel tog. Almal het mal geword. So baie onskuldige kindertjies loop deur onder die mense wat hul eintlik moet liefhê en beskerm. Vang hierdie man en gee hom vir my asb!!
Darem is die baba nou op ‘n veilige plek waar niemand hom meer kan seer maak nie. Effe troos, maar dit bly verskriklik. Ek wil nie eers dink daaraan nie.

Irene ·

Weereens moord kom so maklik weg met dit sit a paar jaar kom uit gaan aan met die lewe hoogtyd vir die hang

Lollie ·

Karma ek wil nou nie snaaks wees nie , maar as hy regtig so n groot ongeluk met die kleintjie gehad het sou n besorgde pa nie onmiddellik hulp ontbied het nie, en waarom dan juis wegjaag met die motor?

Karma ·

@Gesiggie & Lollie: ek het gesê die man is waarskynlik 99.9% skuldig daaraan dat hy IETS te doen gehad het met die baba se beserings en gevolglike dood. Ek het nie gesê hy is onskuldig nie. Ek het nou nie die ou se FB blad gelees nie – ek’s nie juis mal oor sosiale media nie – so ek weet nie van die wreedhede daarop nie. Ek stem. ‘n ongeluk met baie warm water en die baba wat laat val is, is baie onwaarskynlik, maar moontlik … @Jonathan, hier onder, wat jy in jou laaste sin sê , wat presies wat ek tuis wil bring. Moenie te vinnig oordeel nie. Sy optrede is inderdaad verdag: om heeldag te wag tot die ma tuiskom en nie die paramedici te bel of andersyds hulp te soek nie en dan die motor te steel en weg te jag …. Dit laat hom skuldiger as enige iets anders lyk.

SNEL ·

Dis vreeslik, kry die ma vreeslik jammer, wat n skok moet dit nie vir haar wees nie.

ekke ·

Ek vat ne part nie, maar iets is snaaks. Lyk my almal het net eerste paar posts op sy fb gekyk en nie verder. Dit lyk vir my of hy bai erg was oor syvrou en baba. Als is bases oor hulle, ek sien baie min `n pa wat soveel fotos van sy baba saam hom…let wel, saam hom op fb post.

Lise ·

@ ekke,
Ek kan nie glo jy kom op vir hierdie psigopaat nie!! Ek hoop hy word spoedig gevang.

ekke ·

Nerens het ek gese ek kom op vir hom nie, as mens bo kyk en na die onderstes, kan mens net sien iets is vreemd, die posts het skielik in snaakse dinge veranderwat jy nie ondertoe sien nie. Daar moes `n skroef losgegaan het skielik.

Willie ·

Dagse mense, ek was een van Marthinus se vriende op skool gewees. Ek ken hom en sy vrou al hoewel ek hul 2014 laas gesien het, martha het nog altyd sulke vreemde goed opgehad selfs op sy bbm en whatsapp destyds. Ek en ander vriende dink ook hy is skuldig maar ons wil graag die rede agter als hoor. Ons het die polisie geskakel en moontlike plekke weg gegee waarnatoe hy kon vlug aangesien hy nie baie mense ken nie. Wat vir my nie sin maak nie is dat Bianca(sy vrou) dieselfde aand n foto opgelaai het wat se “Not everyone you lose is a loss” en dit was rondom 9/10 uur die aand van die voorval. En die picanto waarin hy ontsnap het is wel koper en nie wit nie.
Groete

Elizabeth ·

As jy na FB kyk wil dit voorkom of hy ‘n psigopaat kan wees…

Verseker ·

Ek kan jul nou wet dit is drug verwant. Sy kop het vir iets uitgehaak.

Mercy ·

Stem saam met jou Verseker. Hier was defnitief dwelms betrokke, die baba het dalk gehuil, en pappa kon hom nie stilkry nie, en het toe woede op hom uitgehaal. Mense dink hulle kan dwelms beheer, tot een dag, dan beheer dit jou!

Beulah ·

Ek vermoed ook daar is drugs betrokke, want ek kan nie sien hoe kan n normale mens dit doen nie.

Gesiggie ·

Noudat ek weer hier gelees het, kom daar so n hartseer gevoel oor my: en ek sweig….ek vra dat God hierdie Pa moet vergewe.. dat wat ook al die omstandighede was… ons in ons hart as mens ook kan vergewe… want dalk was hy lief vir sy kind, maar in die oomblik van ongeduld..het hy geknak.//// .almal praat oor die baie foto’s van seun en Pa.. ? en n mens wonder… die bietjie mens wees wat hy in homself gehad het… het hom laat bly by sy seuntjie wat alreeds dood was… te bang om iets te doen… het hy maar net gewag tot die Ma opdaag… Ja Karma jy noem weer 99.9% dalk sy skuld… ons oordeel vinnig, maar nou wil ek eerder my Gebed oordra… aan die Ma.. en ook aan daai Pa… tot ons die volle waarheid weet.. n onskuldigge kind se lewe is verby… n mens raak net so buite jouself, as dit kom by n klein Baba.. of enige kind… maar God verwag van my om nie te oordeel… (^_^) ek sal wag vir volle waarheid…

Geknak ·

Gesiggie asb -geknak, hoe kan n lewensgrootteman knak, dan bel jy jou vrou, loop na die buurvrou, bel jou, suster, tannie, maarjou kind se lyfie brand en n ernstige hoofbesering, nee ek kan GEEN GENADE hier sien nie, as jy nie die kind kan hanteer,gee hom weg, ek het 2wonderlike vriende groepe wat hierdie seuntjie met liefde sonder ongeduld/knak sou grootmaak, ek kan nie sien hoe hy dit wil regverdig, hy moet liewer homself net van die aarde verwyder……..

tamboti ·

Karma lyk my jy is ‘n advokaat vir die verdediging, ek kan aan geen rede dink hoekom die man nie skuldig is nie, en bitter min tot niks vir versagting. Miskien is hy mal, hoekom het hy gebly totdat die ma tuis kom, of het hy maar plan met haar gehad totdat sy moed hom begewe het. Dwelms het ook heelwaarskynlik ‘n rol gespeel.

Karma ·

@tamboti – GEENSINS is ek ‘n regsverteenwoordiger vir die man nie – ek kan hom nog nie eens as beskuldigde beskou nie (die SAPD soek hom as iemand wat lig op die saak kan werp). As wat ek sê is: “Mense, moenie so gou veroordeel nie. Niemand (neem ek aan) op dié forum ken die mense persoonlik nie. Ons weet glad nie wat hul omstandighede is en wat gebeur het nie.”. Ek vra presies dieselfde vrae as julle – hoekom het hy nie hulp ontbied vir die babatjie nie, wat het gebeur dat die kind skedelbreuk opgedoen het, hoekom het hy vir die ma gewag om tuis te kom en hoekom het hy gevlug? Dit laat hom skuldig lyk. Op sy FB blad word die vreeslikste, amper duiwelagtige “posts” gedeel, maar verderaan is daar liefdevolle foto’s van hom, die baba se ma en die baba self. Maar ek kan nie nou tot die gevolgtrekking kom dat hy ‘n dwelmafhanklike, dranksugtige psigopaat is nie.

Stem saam ·

Ek stem saam, gee hom vir Gerrie Nel, hy verdien die ongeskikste hardste aanklaer.

Angie ·

Die Ma en Pa is getroud, en dis roesbruin Kia Picanto, nie ‘n witte nie.

Janine ·

Wonder nou of van julle ‘wannabe’ speurders almal skuldig bevind oor plasings op fb? Daar is seker 3 plasings op die man se muur wat julle so ontstel. Dit bewys nie hy is ‘n psigopaat nie. Selfs ek plaas soms vreemde goed. Jinne, het julle patete nie eie lewens nie? Terloops, daar is HOPE fotos van die man saam sy kind. Julle maak mens siek.

ekke ·

Dankie Janine, dis presies wat ek probeer verduidelik…..mense kyk nie verder nie, net bo aan die eerste paar…..

Karma ·

@Janine – sien dis wat ek ook probeer sê: moenie so vinnig ‘n oordeel vel nie. Té min inligting is nog bekend hieroor. Aldus die berig is die polisie opsoek na hom omdat hy meer lig kan werp oor die omstandighede waarin die baba dood is. Nêrens word dit gesê dat daar ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik is of dat ‘n klag van moord ondersoek word teen Pelser nie. Die beelde op sy FB blad (die heel jongstes) is skrikwekkend, ja, en die feit dat hy nie hulp ingroep het of gewag het totdat die ma tuisgekom (en toe nog steeds niks gesê het aanvanklik nie) en daarna in haar motor gevlug het, laat hom skuldig lyk, ja. Maar in ‘n oomblik van skok of trauma doen ‘n mens eers en dán dink jy. Ek hoop net Pelser kom in kontak met die polisie dat klaarheid gekry kan word – of hy nou skuldig is aan iets of nie.

Anna ·

Hy het gewag vir die motor en dit is hoekom hy nog daar was.
Kan die mamma nie die kar se kleur en fabrikaat bevestig nie, dit sal die publiek baie help en ons sal vir elke soortgelyke voertuig op die uitkyk wees.
RIP klein babatjie

LU ·

as die baba “perongeluk” in warm water gebrand het of so iets, hoekom het hy nie toe dadelik hulp ontbied nie en die Ma gebel nie, hoekom die klein lyfie net daar los, en wag tot die Ma by die huis kom? so dan is hy skuldig!

Karin Nel ·

Deur op vlug te slaan – het hierdie mannetjie homself skuldig gemaak. Hoe die wet moet wees is dat kinders, self nie kinders mag he nie. Sterkte aan die moeder vd baba.

Werker ·

Dwelms en sielkundige toestand is geen verskoning nie, laat alle moordenaars baie hard val!

Maryke Bester ·

Daai foto is maar n ouerige foto ek was in op sy goed en sal voorstel dat hul n beter nuuter foto op laai en dat mense die post moet versprei so gou as moontlik. Eke weet verseker dit is sy facebook weens inlugting. Dankie

Duitswes ·

LAFAARD!! Gee jouself dadelik oor; dit is die minste wat jy nou kan doen en vra God se vergifnis vir wat ookal gebeur het…jy is dit aan jouself, vrou, baba en gemeenskap verskuldig.
Vroutjie, ‘n nuwe engeltjie deel die paradys se speelpark met Jesus; mag jy God se vertroosting ervaar. Ek bid vir jou.

sofia ·

Terwyl julle almal net vinger wys na die pa,,,het julle nog nooit daar aan gedink dat dit dalk die ma kan wees nie,,,dalk het sy baba en man dood gemaak,,,nou try sy hom blameer,,,want sover ek weet het sy nie n werk gehad nie

Jo-Anne Joubert ·

Bianca was ongelooflik lief vir hulle seuntjie en ek glo nie dis sy nie! Ken Bianca en Marthinus persoonlik

Madsi ·

Sofia, lees die berig, die ma het na 7 die aand by die huis gekom van die WERK af!!!!

Jo-Anne Joubert ·

Ek ken hulle … Is vriende van my en Matrhinus is my ma se man se seun se beste vriend! Marthinus en Bianca sal nou Desember 2 jaar getroud wees! Bianca vat dit moeilik en ek wat self n ma is kan net my vreindin ondersteun en vir haar bid .. Marthinus het gelukkig gelyk op sy facebook met hulle as n gesinnetjie!! Hoop net hy word gevind en dat n mens kan weett HOEKOM!!?

Jo-Anne Joubert ·

En ja Bianca het gese dis n oranje/koper kleur kar en nie n wit kar nie

Sommerso ·

Hi julle

Wil julle net inlig mnr Pelser is in hegtenis geneem so `n rukkie gelede

Lelu botha ·

Skaam om Afrikaans te wees: Hoe het al die ” white trash” in Gauteng beland?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.