Pa gesoek ná moord op ma, baba

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die polisie in Welkom is op soek na die pa en eggenoot van ’n vermoorde ma en baba wie se liggame Sondag deur bure in die Katanga-woongebied ontdek is.

Die liggame is deur ’n naasbestaande uitgeken as dié van Ratiso Dhlengwayo (22) en haar drie maande oue baba, Progress Mhofu.

Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê albei slagoffers is keelaf gesny. Hulle is op die toneel dood verklaar. Twee sake van moord word nou ondersoek.

Volgens Thakeng het die bure ongeveer 12:15 Sondag op die liggame van die ma en baba afgekom. Die pa en eggenoot van die slagoffers was egter nêrens te vind nie en word nou deur die polisie gesoek om met die ondersoek te help.

Enigiemand met inligting kan speursers. Modupe Thekiso van die polisie se eenheid vir ernstige misdaad by 083 929 8149 bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Amelia ·

hoe is hul so wreed kan my self nie indink hoe sulke goed gebeur nie kyk iemand in oe en sny sy keel af n kind wat se lewe nou eers begin het as nie ma of kind wou he nie los en verdwyn of is dit oor onderhoud wat sy moes sterf

George ·

Amelia, wie is “hul” ? want sover ek onthou is dit nie net een groep nie. Die verskil is, as die blanke die doen, word daar gese “sys mentally unstabel” en het probleme ens, maar in die waarheid is sy ook net n koelbloedige moordenaar wat DRIE kinders vermoor het.

George ·

soos daai vrou in New Zealand ook, maar daar het almal verskoning gesoek vir haar wrede optrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.