Pa gestraf oor kinderporno

Argieffoto

ʼn 40-jarige man van Margate in KwaZulu-Natal is tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is op aanklagte wat verband hou met kinderpornografie.

Kap. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die man is in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het dat hy pornografie met ʼn ander persoon oor die internet gedeel het.

“Die foto’s is oor Facebook en per e-pos gedeel. Die man is deur sy Facebook-rekening in Margate opgespoor, waar hy in hegtenis geneem is,” het Gwala gesê.

Die polisie het beslag gelê op al die man se elektroniese toestelle, waaronder ʼn skootrekenaar en selfoon.

“Kinderpornografie is op die toestelle gevind. Daar was ook foto’s van sy vyfjarige biologiese dogter.”

By nadere ondersoek is die man verbind met nog twee verdagtes in Australië en Amerika. Dié mans is deur owerhede in hul onderskeie lande in hegtenis geneem.

Die man is in die Port Shepstone-streekhof skuldig bevind aan seksuele misbruik en kinderpornografie en effektief tot tien jaar tronkstraf gevonnis.

Sy naam mag nie genoem word nie om die identiteit van sy dogter te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

nannie ·

Siek uiters siek. Gooi sleutel van tronksel weg dat hy nooit weer in die samelewing verskyn nie.

Andre ·

Die vonnis is te lig! Na twee jaar loop hy weer op straat rond!

bren ·

Ek kan nie meer nie…..die hele wêreld is besig om gek te raak en sieker by die dag!! Kon nog nooit verstaan hoe wreed mense kan wees nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.