Pa gevonnis ná baba se dood

Igshaan Price Foto: ANA

Igshaan Price Foto: ANA

Igshaan Price, ʼn 44-jarige pa van Kaapstad, is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op sy drie weke oue babaseuntjie.

Price is effektief tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn pleit- en vonnisooreenkoms met die staat aangegaan het vir die moord op Laeeq Schroeder, op 1 Mei 2012 in Hanoverpark, Kaapstad.

Hy het ook erken dat hy sy vrou, Felicia Schroeder, geslaan en geskop het. Hy het hierop tereg gestaan op ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die pleit- en vonnisooreenkoms het ʼn donker prentjie geskets van ʼn disfunksionele huis waar die egpaar gereeld baklei en saam tik en mandrax gebruik het. Laeeq is in dié huis gebore en was drie weke later die slagoffer van sy pa se woede teenoor sy ma.

Felicia het die dag voor die moord Laeeq by sy pa gelos en gesê sy gaan by haar ma kuier. Toe sy ná vier ure nie teruggekeer het nie, het Igshaan haar gaan soek, maar sy was nie by haar ma se huis nie. Toe Felicia later terugkeer, het die egpaar baklei en Igshaan het haar met die vuiste bygedam.

Felicia het die volgende oggend Laeeq weer by sy pa gelos en gesê sy gaan sigarette koop. Sy het ná twee ure teruggekeer, en toe Igshaan haar hieroor konfronteer, het sy geweier om te sê waar sy was. Hy het haar geskop en geslaan terwyl sy Laeeq in haar arms gehou het.

Hy het hul babaseuntjie gegryp en hom hard op die teëlvloer neergegooi.

Igshaan het erken hy het stewels aangehad toe hy op die babaseuntjie getrap het. Hy onthou dat hy dit minstens drie keer gedoen het. Die babaseuntjie het hard gehuil en Felicia het hom opgetel en in die bed gesit.

Igshaan, wat as ʼn paneelklopper gewerk het, is daarna weg werk toe. Toe hy teruggekeer het, was sy seun dood.

Igshaan is tot drie jaar tronkstraf gevonnis op die aanklag van aanranding en 25 jaar vir die moord, waarvan vyf jaar opgeskort is. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word, wat beteken dat hy effektief tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is.

Geen familielede was in die hof om Igshaan te ondersteun nie, en hy het geen emosie gewys toe hy geboei en na die polisie se aanhoudingselle geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

CommentQueen ·

Man is n stuk gemors… en die Ma is so n tree agter hom.
Trashy ouers het hom sy lewe gekos.
Kindjie is beter af nou. Rus sag liewe baba.

Louise E. ·

Hoe, hoe, hoe de………. doen jy dit aan ‘n baba?

Waar is die doodstraf tog???

Ruiklont ·

Is 20jr genoeg vir so ‘n daad? Volgens my beslis nie!!!

KarooKlong ·

Om te dink, vir 20 jaar moet ‘n gedeelte van my geld vir hierdie robbies sorg.
Helsemse koos!

Popeye ·

Die berig noem hom ‘n pa…’n pa….rerig? Hy is die 50% maker van ‘n kind wat hy self doodgemaak het, dit maak van hom ‘n…..

Adeline ·

Ek het eerlikwaar nie woorde nie, dit wat ek wil se kan ek nie! GEMORS!

Verstom ·

Dis verskriklik.. kan nie glo dat die man so iets kon doen nie.. en die “ma” sit die baba in die bed daarna? Nie eers hospitaal toe gevat nie? Dink sy kan ook maar tronk toe…

CHRISTA ·

Ek stem saam met jou! Die ma moes vir ten minste kinderverwaarlosing aangekla gewees het!! WAT ‘N SKANDE!!! Ek hoop hulle het eendag ‘n goeie verskoning om aan ons Verlosser te gee – onthou wat Hy gesê het wat met ‘n mens gedoen moet word wat enige kind skade aandoen!!!

Anoniem ·

Ma moes ook gestraf gewees het…Sy is onbevoeg om n ma te wees….Sy het nie haar plig teenoor haar kind nagekom nie……

Jean ·

Seker weer 6 jaar opgeskort of so iets, babamoordenaars en martelaars in hierdie land kry net ‘n ligte hou op die hand, more is hulle weer op straat om nog babas te maak.

Jean ·

Daar is geen manier dat hierdie wese 20 jaar gaan sit nie, hou dit maar dop . kyk maar, hy gaan stil stil uit die tronk vrygelaat word na ‘n paar jaar ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.