Pa gevonnis ná bedrog met luukse motors

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Geskeide pa is Woensdag in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof gevonnis vir bedrog wat verband hou met die aankope van luukse motors.

Landdros Sabrina Sonnenberg het Riedewaan Jardien (43) van Pelican Park in Kaapstad se suidelike voorstede, tot huisarres en 10 jaar opgeskorte tronkstraf gevonnis, ná ʼn pleitooreenkoms tussen prokureur F Kenny, vir Jardien, en staatsaanklaer Denzyl Combrink. Jardien is deur ʼn mininumtronkstraf van 15 jaar in die gesig gestaar.

Volgens die hofdokumente was Jardien nie die meesterbrein van die bedrogspul nie. Jardien het onderneem om teen die vermeende meesterbrein, Nafiz Modack, te getuig.

Modack het Jardien genader om bankrekeninge oop te maak in Jardien se naam, en twee luukse motors aan te skaf, die een ná die ander, met finansiering wat bedrieglik bekom is.

Die eerste motor was ʼn Audi RS4 Avant Quattro Stronic, ter waarde van R1 023 388, vir maandelikse terugbetalings van R19 135, en die tweede was ʼn Toyota Hilux 3.0D-4D Raider 4×4 ter waarde van R550 889, vir R12 343 per maand.

Albei motors was vir Modack se gebruik.

Die bankrekeninge was in Jardien se naam, maar die bankkaarte en pinkodes was onder Modack se beheer. In sy aansoeke vir finansiering, het Jardien valslik aangedui dat hy ʼn projekbestuurder is wat maandeliks R80 200 verdien, wat die banke oorreed het dat hy die maandelikse terugbetalings kon bekostig.

Jardien het R10 000 ontvang vir sy aandeel in die bedrogspul. Jardien is ook beloof dat sy kredietrekord herstel sou word, wat hom die kans sou bied om met sy eie onderneming te begin, maar dit het nie gematerialiseer nie.

Jardien moes ook dadelik die R10 000 aan die batebeslagleggingseenheid oorhandig kragtens die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê,

Ons vra om verskoning, daar het net ‘n flater ingesluip.
Die bedrag is R1 023 388.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Coa ·

R 023 388 @ R19 135 terugbetaling per maand. Verseker nie reg Maroela, seker R 1 023 388

Nico Strydom ·

Dagsê Coa

Jammer vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Vriendelike groete

Speedguard ·

Stem saam Snoefie, baie van hulle op die forum wat die hele tyd net die splinter soek ….

Se maar net ·

Ek is maar net dankbaar hul is vas getrap.
Daar gebeur so baie bedrog in ons land en niks gebeur…. Hoog tyd dat mense vas gevang word…

Ruby ·

Liewe hemel, hoe kry hierdie ouens dit reg.

As ek iets op huurkoop koop (met ‘n baie goeie krediet rekord) moet ek amper bloed skenk vir bewyse!

Bankstate moes mos gewys het daardie salaris word nie betaal nie.

Lekker ·

Ruby, kom ek vertel gou vir jou hoe word dit gedoen. Finansierings plekke soek 3 maande bank staat en laaste payslip. Die brein agter die hele storie betaal net vir 3 maande lank geld in ‘n rekening sodat dit lyk soos ‘n salaris en maak ‘n payslip….baie maklik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.