Pa gevonnis ná dogter se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 36-jarige man is vandeesweek in Noordwes gevonnis in verband met die verkragting van sy 13-jarige dogter wat swanger was ná die voorval.

“Die man, wie se naam nie bekend gemaak word nie om die identiteit van die kind te beskerm, is tot in die Atamelang-streekshof tot 30 jaar tronkstraf gevonnis,” het sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die ma van die kind het haar op 10 November 2010 na ʼn plaaslike kliniek geneem waar hulle bepaal het dat sy swanger is. Sy was in daardie stadium 13 jaar oud. Sy wou eers nie bekend maak wie die pa van die kind is nie, maar het later die dag aan haar ma gesê dit is haar biologiese pa wat haar seksuele mishandel.

“Die ma en die dogter het saam besluit om die kind te laat aborteer,” het Moleko bygevoeg.

Die saak is by Sannieshof-polisie aangemeld en die man is in hegtenis geneem. Hy is later vrygelaat op borgtog terwyl die DNS-toetse gedoen is. Hy het egter die polisie bly ontduik totdat hy op 27 Februarie 2013 weer in hegtenis geneem is. Hy was in aanhouding tot hy Donderdag gevonnis is.

Die man is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van verkragting en vyf jaar tronkstraf op aanklag van bloedskande.

“Die man sal sy tronkstraf by Rooigrond- korrektiewe sentrum uitdien,” het Moleko gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ANDRÉ ·

Maar my liewe hemel…! Watse sort goddelose mens doen so ding aan sy eie kind? Dit is een baie, baie siek individu.

Elmarie Pretorius ·

Dit is absoluut n barbaar siek man. Ek is bly die gereg staan op en dat hy 30jr gekry het want GLAD NIE GENOEG IS VIR N KIND SE LEWE WAT LEWENSLANK VERWOES IS NIE. HOOP NOOIT OOIT HY KRY PAROOL NIE

Maria ·

Bravo. My vertroue in die regstelsel is amper herstel. Hoop die man kry sy eie medisyne in die tronk. Vrot in vrede

Rietrot ·

As jou kleinbrein jou groot brein so oorheers, kap dit af.

Annoniem ·

Daar is baie meer wat nooit aangekla word nie. Persoonlike ondervinding. Biologiese pa. Ma wat weet en niks doen. Die trauma gaan nooit weg. Geen terapie kan help. Gaan kyk die fliek ‘ Dis ek Anna’ Ek het self met n vuurwapen in my hand gestaan na ‘n soveelste verkragting maar nie die sneller getrek. Ek was 14 jaar oud en van 5 jaar oud verkrag!

Elbie ·

Walglike stuk niks! Ek kan nie verstaan hoe iemand sulke gedagtes teenoor n kind kan kry nie, dan nog sy eie ook! Siek gemors, hoop jy muf in die tronk.

Anja ·

Annoniem, ek is so hartseer na ek jou kommentaar gelees het. Wens ek kon jou as ‘n 5-jarige dogtertjie beskerm het teen dit wat met jou gebeur het. So jammer dit het met jou gebeur

elize naude ·

die donkersyfer wat kindermishandeling & verkragting aan gaan is enorm… meestal as die kind hulp soek, dan word sy van hom/haar “helpende” hand ook nog verkrag… ek het geen woorde vir so n monster nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.