Charles Lakay (53), ʼn pa van vier, is Donderdag in die Bellville-handelsmisdaadhof in Kaapstad gevonnis nadat hy vyf jaar gelede probeer het om reukwater van R1 625 by ʼn Woolworths met ʼn gekloonde bankkaart te koop.
Landdros Sabrina Sonnenberg het hom tot R20 000 of 12 maande tronkstraf gevonnis. Lakay, wat ʼn onderwysgraad het, is ook tot drie jaar tronkstraf gevonnis, en albei vonnisse is voorwaardelik opgeskort vir vyf jaar.
Die verrigtinge het plaasgevind ná ʼn pleitooreenkoms tussen Lakay se prokureur, A Botman, en die staatsaanklaer, Simon Leope, bereik is.
Volgens die hofdokumente het Lakay in Julie 2010 by Woolworths se tak in Canal Walk ʼn gekloonde Capitec-debietkaart aangebied as betaling. Nadiem Gaydien, die kassier, was agterdogtig toe die kaart afgekeur is. Sy het die polisie ontbied en Lakay is op die perseel in hegtenis geneem.
Leope het aan die hof gesê Lakay is in 2001 ook skuldig bevind aan bedrog. Alhoewel die vorige skuldigbevinding meer as 10 jaar oud is, moet dit as ʼn verswarend faktor beskou word. Hy het gesê die Woolworths-transaksie was doelbewus en bepan en dit dien ook as ʼn verswarende faktor.
Laventelhaan?
Van iemand wat ook al deurgeloop het:
LEKKER, KRY VIR JOU!
Meskien as jy kos gekoop het vir jou 4 kinders sou ek meer simpatie gehad maar jy is net eenvoudig ‘n krimineel.
Ja nee wraggies Asjas, al die moeite en dit vir parfuum. Mens kan seker iewers simpatie ophark in mens se binneste as hy kos wou koop.