Pa gevonnis na moord op 14 maande oue seuntjie

court-hammer_thumb‘n Pa wat sy 14 maande oue seuntjie probeer versmoor het en toe lewendig begrawe het in ‘n gat onder sy bed, is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis.

Zolani Malanga (31) is Maandag deur regterpresident John Hlophe tot 28 jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnis was deel van ‘n pleitooreenkoms wat tussen die staatsadvokaat Jacqueline Sibiya en Morné Calitz, die beskuldigde se regshulp, onderhandel is.

Hlophe het Malanga gewaarsku dat daar nie geappelleer kan word teen pleitooreenkoms-vonnisse nie.

Malanga en die seun se ma se verhouding het verbrokkel en Malanga het in ‘n plakkershut gaan woon terwyl die seun by sy ma gebly het.

Malanga het in Januarie die seuntjie by die ma se huis gaan haal en gesê hy wil graag vir hom lekkers koop by ‘n nabygeleë winkel.

Malanga het egter die bedoeling gehad om sy seuntjie te vermoor. Hy het sy seuntjie na die plakkershut geneem en hom probeer versmoor voor hy hom lewendig in ‘n gat in die plakkershut begrawe het.

“Ek het ‘n gat in my plakkershut gegrawe en die seun in die gat gesit terwyl hy steeds geleef het. Ek het die gat toegemaak en ‘n mat en my bed daaroor gesit om dit te verberg.”

Malanga se oom het later gevra waar die seuntjie is en Malanga het aan hom vertel wat gebeur het.

Die staatsaanklaer sê Malanga het sy eie seuntjie “op ‘n grusame en wrede wyse” vermoor.

Sy sê om die seun te begrawe was die ergste wrede aksie denkbaar en dat dit soveel erger is dat dit deur sy eie pa gedoen is, wat veronderstel was om hom te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nina ·

Dis afgryslik! Jy, as sy pa, verdien om OOK lewendig begrawe te word!

Elfie ·

Hoe word jjobson se kommentaar toegelaat? Dis darem regtig swak! Mens kan jou afgryse anders stel! Ek het al minder erg kommentaar gelees wat gou verwyder is en tog bly hierdie?

Leeutjie ·

Ek kan nie glo wat ek hier lees nie! Om lewendig begrawe te word is van die ergste en wreedste wat met enige mens kan gebeur! ‘n Klein seuntjie met ‘n monster van ‘n pa, en dit om die ma by te kom??? Is daar ooit rehabilitasie vir so ‘n monster? Ek mag nie oordeel nie en Vader vergewe my maar hierdie ou gaan brand!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.