Pa gevonnis ná moord op babadogtertjie

Eugene Plaatjies in die hof. Foto: ANA

Eugene Plaatjies in die hof. Foto: ANA

ʼn 25-jarige pa van Montagu is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op sy drie maande oue babadogtertjie.

Waarnemende regter Noita Kose het Eugene Plaatjies tot effektief 13 jaar tronkstraf gevonnis. Plaatjies is vroeër vanjaar skuldig bevind aan moord, kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Plaatjies se baba, Anthonique, is op 14 Junie 2014 in die Rooikruiskinderhospitaal dood.

Volgens Kose het Plaatjies geen berou getoon vir sy dade nie en het hy tydens sy verhoor volgehou dat sy dogtertjie se beserings per ongeluk opgedoen is. Plaatjies is op die aanklag van kindermishandeling tot ses jaar tronkstraf gevonnis, 13 jaar tronkstraf vir die moordaanklag en een jaar tronkstraf vir die aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Kose het ook beveel dat Plaatjies nooit toegelaat mag word om met kinders te werk nie.

Sy het in haar uitspraak gesê dit is vir haar “baie moeilik om die beskuldigde se weergawe te aanvaar” en dat daar geen twyfel is dat Plaatjies sy dogtertjie se dood veroorsaak het nie.

Die forensiese patoloog wat die nadoodse ondersoek gedoen het, het tydens die verhoor getuig dat Anthonique veelvuldige kneusplekke, veelvuldige frakture, erge hoofbeserings, veelvuldige skedelfrakture, ʼn laserasie aan die lewer, frakture van die ribbe en ʼn kneusing van die longe opgedoen het.

Kose het Plaatjies se bewering dat Anthonique van ʼn bed af geval het verwerp. Louise Alkaster (30), Anthonique se ma, het aan die begin van die verhoor skuldig gepleit op aanklagte van kindermishandeling en het opgeskorte vonnis van vyf jaar tronkstraf gekry. Alkaster het tydens die verhoor getuig dat sy die dag voor haar baba se dood met huistakies besig was toe Plaatjies haar geroep en sy gesien het Anthonique kry stuipaanvalle.

Lees alle vorige berigte oor Eugene Plaatjies op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Sharpei ·

Skokkende LIGTE straf hy verdien nie om nog n son te sien opkom nie….hy is n wreedaard

Denise ·

Dit is wreed wat hy gedoen het 13jaar is nie genoeg vir die daad wat hy gepleeg het nie dit is moord ek is geskok om te sien hoe ouers hulle kinders seer maak sulke mense moet nie kinders he nie !!

Anoniem ·

Skokkend om die minste te se. Wat is 13 jaar. Hy gaan uitkom en weer kinders maak om weer seer te maak…dood te maak……Dis Suid Afrika!!!!!!!!!!!!!!!!!

Lenice ·

13 jaar is ‘n klap in die gesig van die regsisteem. 13 jaar vir moord op n weerlose, hulpelose klein mensie. Dis uiters tragies – die ‘pa’ moet lewenslank gekry het. Bring die doodstraf terug.

Getuie ·

As hy nou ryk was en ‘n goeie prokureur kon bekostig, was hy skotvry.

Yvonne ·

Iemand in ons regstelsel/regering sal moet besluit dat ‘n klein, onskuldige, afhanklik kindjie se lewe meer werd is as ‘n moordadige monster s’n, wat lekker lag in die hof terwyl hy skuldig bevind is daaraan dat hy sy eie dogtertjie oor ‘n lang tydperk gemartel het tot sy dood is. Ek kook van woede!!

Yvonne ·

Regtig, Getuie, en hoe voel jy oor die wrede, aaklige lyding van hierdie kindjie en die ligte vonnis wat haar moordenaar pa opgelê is?

Johann Marx ·

Ons regstelsel is daarop gemik om oortreders te rehabiliteer om NIE weer dieselfde oortreding te begaan nie…..Is hierdie twee individue dus gekastreer en gesteriliseer? Enige mens kan kinders maak…..nie almal kan ouers wees nie!

sanette ·

Nee jong, steriliseer sal wees erge violation van menseregte – krimneel of nie. Dis mos die fokus van ons grondwet en waarom mense met die tipe dinge so lig af kom! Dis Suid Afrika vir jou.

Ouma mix ·

Mense as die doodstraf weer truggebring word sal driekwart van Sa se kwotas moet gehang word so dit sal nooit truggebring word nie

Lee-anne ·

Die vonnis is te lig. Selfs lewenslank is nie lank genoeg nie…

RITA ·

Hy en sy moet saam met hulle gewete leef……as hulle so iets het!!!!!.

Andrea ·

Hulle het nie gewetes nie, anders sou hul nooit so iets verskrikliks aan hul eie kindjie kon doen nie.

tamboti ·

Die maatskaplike werker het lang vonnis voorgestel, hy het ook die ma mishandel voor die baba gebore was! Betoon geen berou!!! Nee wat SA regstelsel het nie vaagste idee om eers bekwame regters aan te stel nie – wat nog van reg en geregtigheid te laat geskied!
Dit is SKOKKEND!!

saartjie ·

Smile so en dit in die hof??? Sal daai smile van sy gesig af foeter. Verseker geen berou vir wat hy gedoen het nie! Rus sag engel kind..

Cherokee ·

Wens Gerrie Nel het teen die ligte vonnis appèl aangeteken.

Uiltjie ·

Hoekom her julle hom nie Weskoppies toe gestuur vir toetse nie? Enigeen kan sien hy skort n paar varkies!

Andrea ·

Nee-wat, dis tydmors. Verwyder sulke “mense” permanent uit die samelewing. Hul het geen bestaansreg nie.

Spikkel ·

Indien die in Amerika was sou hy lewenslank gekry het. 13 jaar is nie genoeg nie.

Karma ·

Maroela se sensors hou weer die skerp skêr vir my kommentare in, daarom pos ek weer wat ek vantevore gesê het: 13 jaar is ‘n belaglike straf. Hy moet 13 jaar gesit het vir moord, 6 vir kindermishandeling en 1 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en NIE gelyklopend nie, AANEENLOPEND (d.w.s. 20 jaar), waarna daar dán eers moes gekyk word of hy werklik gerehabiliteer is. Tweedens, die ma het ook skotvry afgekom. Vyf jaar opgeskort – sy is net so aandadig aan die babatjie se dood as hy, want sy was Antonique se ma en moes haar beskerm word. Ek sê hy mag nie alleen net nie weer met kinders werk nie, maar hy mag ook nie meer kinders hê nie. Kastreer hom en steriliseer haar

Kari-kari ·

Hoeveel jaar gaan hy regtig in die tronk sit? Dis hartverskeurend….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.