Pa gevonnis oor dogter se verkragting

(Argieffoto: Josh Hild/Pexels)

ʼn 35-jarige man van die Oos-Kaap is Donderdag gevonnis in verband met die verkragting van sy agtjarige dogter.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die meisie het haar pa op 19 Desember 2020 in Phakamisa, suidoos van King William’s Town, besoek en oorgeslaap. “Sy het in die middel van die nag wakker geword met haar pa wat op haar lê. Hy het haar verkrag en gedreig om nie enigiemand daarvan te vertel nie.”

Die meisie het die volgende dag na haar ma se huis, ook in Phakamisa, teruggekeer. “Sy het ʼn paar dae later vir haar tannie van die verkragting vertel toe lede van die familie gesien het sy loop moeilik. ʼn Mediese ondersoek het die verkragting bevestig.”

Ter verswaring van vonnisoplegging het adv. Vatiswa Jodwana-Blayi die getuienis gelei van die forensiese maatskaplike werker kapt. Ntombizandile Jiya en die meisie se tannie. “Hulle het getuig van die vertrouensband wat gebreek is omdat die meisie baie lief was vir haar pa en hom vertrou het.”

Die staat het ook aangevoer die pa het nie enige berou getoon vir wat hy gedoen het nie. Die staat het herhaaldelik daarop gewys dat daar nie enige rede is om af te wyk van die minimum vonnisoplegging nie.

Die hof het die pa gevolglik lewenslange tronkstraf opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Papsak ·

Dit is laag dat n pa dit aan sy eie dogter doen so jammer doodstraf is nie meer in ons land nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.