Pa gevonnis oor dogter se verkragting

Argieffoto

ʼn 33-jarige man wat sy eie dogter verkrag het toe sy 11 jaar oud was, is in die Parow-hof vir seksuele oortredings gevonnis.

Die man se naam word weerhou om sy dogter se identiteit te beskerm.

Die pa het tereg gestaan op twee aanklagte wat verband hou met die verkragting van die dogter. Hy is skuldig bevind op albei aanklagte en is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die pa het voor landdros Mandy van Leefe verskyn, wat gesê het daar is geen omstandighede wat ʼn afwyking van die voorgeskrewe minimumvonnis van lewenslange tronkstraf regverdig nie, vir die verkragting van ʼn minderjarige kind deur haar eie pa.

Van Leefe het gesê die kind se verkragting, deur haar eie pa, word deur die hof beskou as een van die ergste seksuele oortredings.

Staatsaanklaer Yolanda Pretorius het lewenslange tronkstraf versoek vir albei aanklagte, maar die aanklagte is vir die doeleindes van vonnisoplegging as een klag hanteer.

Die twee voorvalle het tussen Januarie 2015 en Januarie 2016 plaasgevind, toe die meisie tussen 11 en 12 jaar oud was.

Van Leefe het gesê die meisie is vir die eerste keer verkrag toe sy op dieselfde bed as haar ma en pa gelê en slaap het. Haar ma was besope.

Die landdros het gesê die ma het wakker geword en die pa op die dogter gevind. Sy het uit die kamer gevlug om die voorval by die man se pa aan te meld, wat ook in die huis was, maar die oupa was ook besope en het haar geïgnoreer.

Omdat niks ná die eerste voorval gebeur het nie, het die pa die dogter vir ʼn tweede keer verkrag.

Die landdros het gesê die verkragtings het opgehou toe die meisie die bure daarvan vertel het. Die bure het dit by die polisie aangemeld en die meisie is uit haar ouers se sorg verwyder.

Die ouers het eers verdwyn, maar is later opgespoor en in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jaco ·

Hoe siek is dit??????
Die monster wat n pappa wil wees verkrag sy dogter. Die vang hom op die daad en los dit net so!!!!!!!!
Ek het ook n dogter sy is nou 10. Ek is baie geseend en het n seun ook wat nou amper 2 is….. My vrou vermoor my net daar en dan.( SAL DIT ELKE GEVAK NOOIT DOEN AAN EINGE IEMAND NIE).
Die ma hoort ook aangekla teword vir medepligtigheid of iets. Ek hoop hy kry sy beurt in die gevangenis ook.

martin cilliers ·

dit is n baie swaar straf on hulle hom nie probeer weer op die regte pad kry nie en hy sy dogter groot maak soos dit hoort, nou is sy haar pa wyt verewig?

Askies ·

Hy is nie die woord Pa werd nie, ook nie die woord Pappa nie. Hy is n onrehabiliteerbare monster, en as ek die kind was sou ek eerder sonder n Pa groot word.

Se maar net ·

Pa sou dit aanhou doen het want hy kom weg met dit en nee so n persoon kom nooit reg nie ek twyfel of sy dogter enigeiets met haar pa te doen wil he.

Hanna ·

Kla die Ma en die Oupa ook aan! Hulle kon mos polisie toe gegaan het nadat die Pa sy dogter die eerste keer verkrag het. Om besope te wees is geen verskoning nie!

Ronel ·

Ons het die ma en oupa ook aangekla want volgens die wet op Seksuele Misdrywe MOET jy so n misdaad aanmeld selfs al vermoed jy net dit gebeur.

NICKEY ·

Regte pad? Mense, daar is nie ‘n “regte” pad vir so iemand nie. Hy /sy moet verwyder word uit die samelewing.

Hans Richardt ·

Die hop huise maak dat kinders en ouers saam slaap in een vertrek, selfs 1 bed.
Al gekyk hoe klein sulke huise is? Dan die grootste euwel in SA is drank misbruik. Almal is op die anti rook wa en praat drank goed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.