Pa gevonnis oor vals eis ná broer se dood

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn 54-jarige pa van vier is gevonnis nadat hy ʼn vals eis ingedien het ná die dood van sy broer.

MacDonald Maseti is Dinsdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville tot drie jaar huisarres gevonnis. Hy is ook tot vier jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is. Hy is onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Volgens hofdokumente het Maseti ʼn eis van R107 706 by die Padongelukkefonds (POF) ingedien nadat sy broer in ʼn motorongeluk dood is. Die eis was vir sy broer se dogter. Dit het egter aan die lig gekom hy is die biologiese pa van die meisie namens wie hy die eis ingedien het en nie sy broer nie.

Maseti moet ook gemeenskapsdiens verrig, insluitend skoonmaak en instandhoudingswerk by die Stutterheim-polisiestasie in die Oos-Kaap. Hy mag net sy huis verlaat om werk toe te gaan en mag vir die volgende drie jaar geen alkohol gebruik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.