Pa gevonnis oor vierjarige se moord

Argieffoto

ʼn 27-jarige man is gevonnis nadat hy sy vierjarige dogtertjie in Bloemfontein vermoor het.

Morema Ishmael Morwagae (27) is in hegtenis geneem nadat hy sy vierjarige op 11 Oktober 2016 aangerand en op die vloer gegooi het. Hy het ʼn ambulans ontbied en beweer sy het van die bed afgeval, het sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, verduidelik. Die voorval het in die informele nedersetting Phase 10 plaasgevind.

“Met nadere ondersoek het dit geblyk dat die kind aangerand is en ʼn saak van poging tot moord is aanhangig gemaak. Die dogtertjie het egter aan haar beserings beswyk en Morwagae is aangekla van moord,” het Hlubi bygevoeg.

Die polisie het tydens die ondersoek uitgevind dat dit nie net die dogtertjie is wat deur haar pa aangerand is nie, maar dat haar broer ook mishandel word. ʼn Saak van kindermishandeling is gevolglik ook aanhangig gemaak teen Morwagae.

Morwagae is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord, sewe jaar op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en sewe jaar vir elke aanklag van kindermishandeling. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word, het Hlubi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Oom Kalahari ·

Hoe doen ‘n volwasse mens sulke dinge. Sekerlik moet jy darem besef dit is ‘n jong swak kind wat hom/haar nie teen jou kan verdedig nie. Hoe gevoelloos moet ‘n mens werklik wees om sulke dade te pleeg wat tot onskuldige kind se heengaan kos. Kindertjies is onskuldig en verdien nie hierdie leed wat hul moet deurmaak nie en plaas altyd ‘n sielkundige merk en aggressie op hul lewens. Hy kry net 15jr om uit te dien vir moord…..ai dit is so onregverdig. Mag sy gewete kom elke dag pla daar in sy tralie lappie grond.

Tammy ·

Sodra daar gepraat word van “die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word”, dan wonder ek hoekom die regter kobare geld gemors het op die betrokke saak? Verdere ondersoeke en tyd gemors want gelyklopend beteken GEEN verdere straf nie…..net vir die eerste saak word daar gestraf!!! Totaal belaglik om iemand skuldig te bevind, maar net weg te kyk vir sy ander walglike dade……..dan so jou gewete te sus met…..die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Dis vir my belaglik swak. Kindermishandeling is verraad teen die mensdom en teen God wat daardie kindjie geskape het!

CHRISTA ·

Tammy, ek stem volkome saam!! In die uitspraak gee hulle vir elke klag ‘n klomp jare straf wat kamma uitgedien moet word, maar as dit by die einde van die vonnis kom gooi die Hof koue water oor als met: Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word!! WAT ‘N GRAP IS ONS REGSTELSEL!!!

Pop ·

Oom Khalahari, daar is geen gewete nie. Niks, nul, nalla. Wanneer gaan mense besef die mense het geen gewetes , geen empatie, geen niks. Dis psigopate??

Oom Kalahari ·

@Pop, dankie ja dit wil voorkom of hierdie mense wat sulke dade pleeg nie werklik gevoelens of grwetens het nie. Hierdie mishandelaars, Moordenaars, verkragters ens moet lewenslank uit die gemeenskap verwyder word. Vervoer hul na ‘n afgelee eiland en gee hul net elke twee weke genoegsame voedsel om te oorleef as hul die volgende misdadigers gaan aflaai. Hul moet mekaar uitroei om te oorleef.

AH ·

Ondenkbaar dat ENIGIEMAND kan dink dat 15 jaar ‘n gepaste vonnis vir sulke walglike dade is! Net lewenslank sonder parool of die doodstraf sou gepas wees! Dit maak my siek!

Alwyn ·

Ek verstaan ook nie die begrip van “Gelyklopende Vonnise” nie. Watse nut het so iets? Lyk my dit beteken net mooi niks in soverre dit die uitdien van straf betref nie. Dis net so goed of die straf is nooit opgelê nie. Dis alles net bluf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.