Pa gevonnis oor vrou se vlammedood

(Foto: pixabay)

Morgan Mashiya (30) is Maandag in die hooggeregshof in Middelburg, Mpumalanga, lewenslange tronkstraf opgelê ná hy tereg gestaan het op aanklag van moord, poging tot moord en brandstigting.

Mashiya het op 18 Augustus 2020 petrol gekoop en dit in die huis uitgegooi waar hy saam met sy meisie Nkosimphile en hul sewejarige dogter gewoon het.

“Hy het hulle toe in die huis toegesluit en ʼn rusbank teen die deur gestoot sodat niemand kan ontsnap nie,” sê brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie. Hy het daarna die huis aan die brand gesteek.

“Toe die huis in vlamme gehul is, het hy om hulp geskree, die huissleutels gegryp en dit deur ʼn venster na buite gegooi. Hy kon ontsnap en het ma en kind in die brandende huis agtergelaat.”

Nkosimphile het gelukkig haar dogter met ʼn kombers toegemaak en hulle kon ook uit die huis vlug. Sy het egter ernstige brandwonde opgedoen en het drie dae later aan haar beserings beswyk.

“Die beskuldigde is dieselfde dag nog in hegtenis geneem. Hy is gevolglik aangekla, verhoor en gevonnis.”

Op aanklag van moord is Mashiya lewenslange tronkstraf opgelê. Op aanklag van poging tot moord van sy sewejarige dogter, is hy vyf jaar tronkstraf opgelê. Op aanklag van brandstigting, is hy ook vyf jaar tronkstraf opgelê. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hardekwas ·

Dit lyk my die satan homself is nou in hierdie land los. Elke dag n nuwe bose storie wat die vorige dag sin oortref.

Shakespeare ·

Lewenslange tronkstraf is n klug. So ook vonnisse wat gelyktydig uitgedien word so ook ons regstelsel se borgtog vereistes.

Sarel ·

” Gelyklopend uitgedien” net in SA..wanneer kwalifiseer
hy vir ” Mediese Parool “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.