Pa gevonnis vir gru-moord op sy 4 maande oue seun

hof-hamer

Argieffoto.

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig is grafies van aard en is nie geskik vir sensitiewe lesers en kinders nie.

Christo Jerome Hartman is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vier maande oue seun.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het die vonnis verwelkom.

Hartman (25), ʼn plaaswerker van Robertson, het in sy pleitverduideliking erken dat hy sy seun met sy vuiste op sy kop aangerand het. “Hy het vir Melissa Filander, sy vriendin, gevra of hy tyd met sy seun, Christiano Junior Filander, kan deurbring, aangesien hulle nie saam bly nie,” het Ntabazalila gesê.

Sy het ingestem en het vir hom pap gegee waarmee hy die baba moes voer. By sy huis het hy die baba gevoer, maar hy het aanhou huil en homself ook bevuil. “Hy het die baba skoongemaak, hom weer gevoer, maar die baba het aangehou ‘om moeilik te wees’.”

Hartman het gesê hy was gefrustreerd omdat die baba gehuil het en “moeilik was”. Volgens hom is sy frustrasie erger gemaak deur die manier waarop Melissa se pa hom hanteer het toe hy die baba gaan haal het.

“As gevolg van my frustrasie het ek die baba aangerand deur hom in sy gesig en op die nek aan te rand en hom een keer hard teen die kop te slaan met my vuis. Toe ek hom teen die kop geslaan het met die vuis, het ek sy kop met my ander hand agter vasgehou. Ek het hom ook geslaan en meer as een keer op die bors, maag en lae rug geklap, en hom ook in die proses met my naels op sy lae rug gekrap. Die baba het stil geword en sy bewussyn verloor; ek kon nie ʼn pols voel nie,” het Hartman aan die hof gesê.

Ntabazalila verduidelik dat hy die baba toe onder die stort gehou het met die hoop om hom by te bring, maar die baba het bewusteloos gebly. Volgens hom het hy paniekerig geraak terwyl hy die baba probeer bybring het en meer kneusmerke veroorsaak deur die manier waarop hy die baba vasgehou het. Hy het hom toe in ʼn laken toegedraai en in ʼn krat in sy kamer gesit.

“Hy het sy oom en tannie vertel wat gebeur het en die polisie het hom in hegtenis geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Lalla ·

Wattehel??!!!

Hy verduidelik in detail wat hy gedoen het.. klink nie eers jammer daaroor nie! En hy kry 25 jr?? Net 25jr vra ek julle??!!!!!

Mensee ·

Oscar pleeg moord en kry nie eens die helfde nie. 25 jaar is beter as niks.

VanAfrika ·

25 jaar daar binne gaan vir hom 500 jaar word, die manne daar binne gaan hom elke dag vasvat vir die volgende 25 jaar, ek verstaan van daardie geharde moordenaars staan nie vir kinder mishandeling nie, hy gaan elke dag bid en smeek vir genade, karma en daardie spiritual rottang slaan baie seer. So 25 jaar is genoeg lyding vir hom en elke dag sal hy onthou wat hy gedoen het en daar gaan niemand wees om hom te help nie.

Maggie ·

Sjoe,ek dink daar moet ñ waarskuwing aan die begin van hierdie artikel wees.Dis bitter erg.Ek sit met my pragtige 4 maande oue wonderwerkie op my skoot en kan my nie indink nie.Skokkend.

Landi Slatter ·

Dagsê Maggie

Baie dankie vir jou kommentaar en inset. Ons het ‘n waarskuwing bo aan die berig bygevoeg.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

thinus ·

Beste Maroela Media. Waarom die waarskuwing by die berig oor die plaaaswerker se moord, maar hier by die uiterse geweldadige moord op baba is geen waarskuwing nie dit is sommer net so blatant in die aanhef tot die berig. Dubbel standaarde julle self skuldig!

Watse Pa doen so iets ·

Wat nog te sê van n mens genoem. Hy hoort nie die woord pa genoem te word nie. Hy verdien nie die eer darvoor nie.

Baba maar nog 4 maande oud. Weerloos en kan nogie vir hom self bakly nie. Hyt gehuil want da was pap gegee. Babas eet nie op 4 maande al pap nie, hul moet nog melk drink. Pap rys pap kan van 6 maande eers begin gee word. Ag nee regtag. Ek stem dood straf moet terug kom. Almal moor links en regs. Kry mini maal tro kstraf en word weer vrygelaat mits hul hul same werking in gevange hou en kom moor weer

stomgeslaan ·

jy kan pap gee vanaf 4maande, self joghurt. my kind het vanaf 6 weke klein bietjies rys pap begin eet met haar bottels melk tussen in, syt baie daarvan gehou. My kind is vandag 6 en daars niks fout met haar nie, lekker gesond.
Die sogenaamde ‘pa’ verdien nie tronk straf nie. Die doodstraf moet terug kom!

VanAfrika ·

ek verskil van jou, my babas het van vroeg af begin eet en dit het hulle regdeur laat slaap en was nie knieserige en problem babas nie. Hulle was ook die gesondste babas. Ek kan nie verstaan waar mense aan daardie persepsie kom dat babas eers van 6 maande af moet eet nie. As n kind honger is, gee vir hom kos

OUBAAS ·

En nou sit en stry die Afrikaner oor wanneer ‘n kind vaste kosse mag eet. Dalk was dit klipharde stuk PAP wat die kind nie kon inkry nie, julle gee seker kossies wat stukkend geslaan is in ‘n mincer/mixer/shredder wat hulle nie het nie. Kan ek hier inchip? Myne het op EENJARIGE ouderdom eers begin vaste kosse eet en is ‘n ingenieur vandag .. lmga .. so wat nou, wat word deur vaste kosse bepaal hmmm?? Wie is nou reg? Of moes hy ‘n dokter geword het? My hemel man . mense se kinders verskil mos en kinders eet op verskillende ouderdomme vaste kos, wat het dit nou met hoe GESOND hulle is te doen? As ‘n kind honger is gee vir hom kos ?? NOG ‘n OBESE enetjie word hier grootgemaak en more huil julle weer!!

VanAfrika ·

Oubaas, dis duidelik dat jy nie n ma is nie, nee jy het die n mincer nodig vir jou kind se kos nie. Daar is pap vir babas tot en met 3 maande dan tot 6 maande dan tot 12 maande. Purity het altyd fyn gladde kos vir ons kinders gebottel. Kos het ek met die vurk fyn gedruk want ek het nie n mincer gehad nie. Ek was en is ou skool ma en het by my ma wat agt kinders groot gemaak het, gesien hoe dit met die hand gedoen word, glad geen verskoning hieraan nie. EN jy toets jou kind se kos vir klonte juis oor hulle nie tande het op daardie ouderdom nie, jy gee ook nie korrelrige kos op so jong ouderdoem nie. En nee, my kinders is nie obeze nie, my oudste seun staan 6ft6 in sy nr 13 skoen en skraal, sy broer volg kort op sy hakke wat 21 is en sien jy nou hoekom moes ek jonk voer, net melk het nie gehelp nie want ek het twee boere groot gemaak. Kinders het in my dag het van vroeg af geeet, dis julle wat julle babas uit boeke groot maak wat glo n kind moet eers op ses maande of n jaar eet, praat van uithonger, arme kind.

Binxy ·

My LIEWE genade !!!!!!!
Julle wil stry oor wanneer ‘n kind kan begin vaste kos eet en dit op ‘n berig wat gaan oor ‘n kind wat vermoor is ?? kan mense so belaglik wees !!! Jitte man

Cherokee ·

Mense mag nie tereggestel word nie. Die wet daaroor gaan oor mense en dit behoort dus nie vir hom te geld nie.

Marinda ·

As I’m reading this article, I find myself thinking of people who desperately want children, that can’t have any.

Oestanie ·

Ek voel presies soos jy .. De hel met al die sad gebeure.. Ons sien elke dag vroue wat huil en bid vir n ou baba … En dan kry jy die… Die wereld het op sy kop geval se ek jou !!

Karen van Zyl ·

Hy slaan die arme baba pap dood en dan wil hy hom weer probeer aan die lewe kry, ek verstaan nie, regtig.

Cara ·

Sjoe! Die arme baba. Sterkte aan die baba se ma en haar familie. Ek kan die prentjie net nie uit my kop kry…..volgens sy beskrywing. Dis sad.

dolphin ·

wat se hel is dit die man is kop is klein weet nie wat beteken hoe om baba te hanteer met huilierig nie as dit teveel huilierig is moet bure of iemand hulp snel om kan baba rustiger te maak .doodstraf vir hom .

Pikkewyn ·

Dit is verskriklik en dan beduie hy dit nog in DETAIL!Mag hy elke dag in di tronk di pyn voel wat hy aan di arme weerlose baba gedoen het.Ek kan my ni indindink dat enige iemand so iets met n baba kan doen ni.Sterkte aan di ma en familie

Nunu ·

En hier sit en wag ek en my man nog na 6 jaar vir n wonderwerk.
Sterkte vir die familie.

Yvonne ·

Genade, ‘n hele stuk van my hart is weg nadat ek die artikel gelees het. Hoe op aarde kan ‘n mens so genadeloos wees. Ek kan eevoudig nie op hou huil nie. Sulke mense verdien nie om te lewe nie. Hoe op aarde doen jy dit aan ‘n weerlose klein mensie.
Baie sterkte aan Melissa en Famielie.

klitsgras ·

my hart het ineengekrimp terwyl ek hierdie artikel lees…… soms dink ek werklik dat African justice (gee misdadiger aan familie van oorledene om geregtigheid te laat skied) almal se tyd, geld en herhalende hartseer kan spaar. Die grootste hartseer van onnodige dood sal nooit weggaan nie, maar ten minste sal so paar mense ‘n gevoel van justice kan kry en die total rage wat hulle moet voel so bietjie kan squash. ‘n Weerlose kind teen ‘n ongevoelige volwassene. Nee, nee, nee…..

Jolandi ·

Die man is heeltemal beserk!!? GEEN normale mens sal so iets doen nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.