Pa gevonnis vir verkragting van eie dogter

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man van Vredenburg in die Wes-Kaap is Woensdag lewenslange tronkstraf deur die Vredenburg- streekshof opgelê vir die seksuele aanranding en verkragting van sy eie dogter.

Lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het gesê volgens hofstukke het die pa sy dogter reeds op negejarige ouderdom, in 2008, seksueel begin aanrand.

Hy het haar glo sedert 15-jarige ouderdom verkrag en misbruik.

Volgens Traut kon die pa daarin slaag om die dogter te oortuig dat hy niks verkeerds doen nie, maar sy het hom in 2016, op 17-jarige ouderdom, by die polisie aangemeld.

Die polisie verwelkom dié vonnis. “ʼn Deeglike ondersoek het tot die spoedige vonnisoplegging bygedra, en ons is tevrede met die regter se besluit,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

leon pit ·

Ja as alle verkragting sake so spoedig afgehandel word dink net hoe n verandering ons samelewing kan plaas vind. Hoop hy vrot in die tronk.

Johanna Botha ·

Wat n skande. SA het regtig n probleem met verkragting met 4 verkragtings elke minuut volgens betroubare statistiek.

Jaco Grobler ·

Ek weet darem nie, as jy ‘n eenvoudige som doen beteken dit rofweg dat ELKE vroulike persoon in SA meer as 5 keer in haar lewensperk van 70 jaar verkrag word. Die statistiek moet verkeerd/afgelei wees.

Hannelie ·

Ek stem Jan maak n plan, bygese, daar is een woord wat nie pas in die berig nie, “pa”

Elmarieb ·

Hoe doen n pa dit hy moet siek wees waar gaan ons land heen als is demrkaar in suid afrika

Nico ·

Nee, gooi hom toe en sluit die sleutel weg. Hy mors nou net belastinggeld.

Trudy ·

Snaaks hor net sekere vetkragtings lewenslank en ander nie. Laat my net eonder oor ons tegverdigheid van die wet.

Debbie ·

N kind moet by hom of haar ouers die veiligste voel maar as j dan nou by huis seerkry?Hule moet hom nie nog dai eer gee van Pa nie hy verdien dit nie hy moes haar beskerm het nie verkrag nie

Dirk ·

Mense wat ons ken het ‘n huis vir mishandelde meisies. Die jongste is 4. Dit wil sê dat sy al vroeër as dit verkrag is (al die meisies is deur een of meer verkragtings). Dit gebeur so gereeld in Suid Afrika dat mense al afgestomp raak vir die tipe goed. Dit voel soms asof mense net die wrakstukke op tel na so ‘n ding en die kinders probeer rehabiliteer.

ken benoni ·

Alle mans wat skuldig bevind word aan verkragting se testikals moet verwyder word. Enige vrou wat skuldig is aan verkragting behoort besny te word… Ek weet dit klink drasties maar die skuldiges het geen gevoel openbaar teenoor hul slagoffers nie.!
Slagoffers loop vir die res van hul lewens met skuld gevoelens en meestal voel hulle vuil en minderwaardig !!! Laat reg geskied teenoor die slagoffers dan sal baie minder gevalle plaas vind.
In sekere volke is dit onder mans mos ‘n geweldige grootsheid teken as hulle kan spog oor hul Manlikheids toerusting! Beskadig iets aan hulle en die verkragings sal aafneem!

Monica ·

Stem ook 100 uit n 1000 saam kan net reg wees kan goed werk.

johannes ·

Hang hulle vir virkragting en moord sien dan hoe misdaad virminder

Henk ·

Ek self het al verskeie gevalle gehad en ek wens die media wil die artikels behoorlik en deeglik bewoord. Al die gevalle was stiefpa wat die dogters so verkrag en waneer media net se pa skep dit wanindruk en die preskrepsie ontstaan dat waneer pare skei gewoonlik sal die vrouens onmiddelik so n vals klagte indien net om munt te verkry vir toesig en egskeiding. Ek kan honderde berigte uitwys waar die media se PA verkrag terwyl die eintlikke waarheid stiefpa is. Dit skep n gevaarlikke gebied vir aanmoediging van vals klagtes in egskeidings en waneer die publiek dit so gewoond geraak het om PA te lees gaan baie stief pas nie aangekla word nie. Ek kan vir jou kinder briewe wys waarin die kinders pleidooi op hulp na so n verkragting en die regstelsel gee nie om nie asseblief berig korrek en so kan ons die regstelsel help om geregtigheid te laat geskied

Monica ·

Kan jy nou glo het si iets met jou gebeur as dit nie bly eerder stil altyd iets te se as hulle nie self deur gaan oppas wat jy se.????

franje van spanje ·

Ek se weer: pornografie is die grootste oorsaak.

privaat ·

wag nou al 10 maande dat daar iets aan n saak gedoen word maar niks gebeur intussen moet almal aangaan maar my kinders is stukken van binne en die person loop rond asof niks gebeur het of hy het niks verkeerd gedoen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.