Pa gevonnis wat baba met pik doodslaan

Argieffoto: Pixabay.com

ʼn Pa wat sy ses maande oue babadogtertjie met ʼn pik doodgeslaan het, is vandeesweek in die hooggeregshof in Polokwane gevonnis.

Lesiba Albert Motsayi (27) is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy babadogter in Mei verlede jaar in Mookgopong.

Konst. Maphure Manamela, woordvoerder van die polisie, sê die skokvoorval het gebeur tydens ʼn woedeuitbarsting. Volgens Manamela het Motsayi op 2 Mei 2018 by sy eksmeisie, wat die ma van sy kind is, se huis opgedaag en haar gevra om na sy huis te gaan sodat hy alleen tyd met hulle baba kan deurbring.

Toe die ma later na die huis terugkeer, het hy haar glo daarvan beskuldig dat sy ontrou is. “Sy het omgedraai en haar jonger suster gaan roep om die baba te gaan haal, maar [Motsayi] het na die kamer gegaan waar die baba geslaap het en haar met ʼn pik aangerand. Die baba is na ʼn hospitaal gehaas waar sy later aan haar beserings beswyk het,” het Manamela gesê.

Motsayi is later dieselfde dag in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kolle ·

Jinne, hierdie bly baie sleg om te lees. Ongelooflik skokkend dat hy so iets kon doen.

Thomas ·

n weerlose baba wat net liefde vra en om beskerm te word….

Michael ·

N mens wat so iets doen kan mos nou nie reg in die kop wees nie .As jy so iets kan goen aan n baba dan moes daar seker tekens van n mal mens gewees het. Maar as jy so iets agter kom en jy kla daar oor Dan hoor jy maar hy het mos nog niks verkeerd gedoen nie. Ai ons reg stelsel n klein baba kon nog geleef het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.