ʼn 40-jarige man wat sy 15-jarige dogter verkrag het, is Donderdag in die Pinetown-streekshof in KwaZulu-Natal tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.
Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die slagoffer het op 17 Desember 2013 haar ouma en pa in Waterfall, Hillcrest gaan besoek. “Die pa het die dogter na sy kamer geroep en wou weet of sy al ʼn kêrel het,” het Zwane gesê. “Hy het vir sy dogter gesê hy gaan haar leer hoe om die lewe te hanteer soos wat sy ouer word voor hy haar verkrag het.”
Die slagoffer het daarna haar ma gebel en van die voorval vertel. ʼn Saak is by die Hillcrest-polisiestasie aanhangig gemaak. Die pa is kort daarna in hegtenis geneem.
..
18 jaar tronkstraf vir verkragting….en as sy gevlug het tot in die badkamer en weg gaan kruip het in die toilet en hy haar doodgeskiet het sou hy dalk net n opgeskorte vonnis en n fine gekry het..
Haha….
.