Pa gevonnis wat seun per ongeluk doodskiet

Emmanuel Tshabalala het sy seun vir ‘n kaper aangesien en hom per ongeluk doodgeskiet. (Foto: ANA)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag die opgeskorte vonnis van ʼn Johannesburgse pa, wat sy seun verlede jaar in Ennerdale per ongeluk doodgeskiet het, verwelkom.

“Die NVG is tevrede dat die vonnis die erns van die oortreding, die belang van geregtigheid vir die gemeenskap, asook die persoonlike omstandighede van die beskuldigde in ag geneem het en beskou dit as reg en regverdig,” het Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die NVG, gesê.

Emmanuel Tshabalala (51) is Dinsdag ʼn vonnis van tien jaar, wat in die geheel vir vyf jaar lank opgeskort is, in die Lenasia-streekhof opgelê.

Tshabalala het sy seun, Luyanda, in Junie verlede jaar op die skoolterrein van die Fred Norman Secondary School in Ennerdale per ongeluk doodgeskiet, nadat hy gedink het hy word gekaap.

Tshabalala het Luyanda op die noodlottige aand vir ekstra klasse by die skool geneem en het aan die slaap geraak terwyl hy vir Luyanda in die motor gewag het. Hy het later wakker geskrik van ʼn klop aan die venster en het op die persoon geskiet.

Hy het eers later besef dit is sy eie seun.

Mjonondwane het gesê Tshabalala het skuldig gepleit ingevolge ʼn pleit-en-vonnisooreenkoms met die staat. Hy het berou getoon oor wat gebeur het en het heeltyd met die owerhede saamgewerk.

Luyanda se ma is ook by samesprekings oor die vonnis betrek.

“Die hof het bevind dat die staat en die verdediging in goeder trou onderhandel het om te verseker dat geregtigheid geskied. Die hof is tevrede dat konsultasies met die ma van die oorledene, die ondersoekbeampte en die verdediging deur die aanklaer gehou is en dat die beskuldigde in kennis gestel is van sy regte ingevolge die standaardbepalings van pleit-en-vonnisooreenkoms”

Hy is daarna tot tien jaar tronkstraf gevonnis. Dit is in die geheel vir vyf jaar lank opgeskort, op voorwaarde dat hy nie op aanklag van dieselfde oortreding skuldig bevind word nie.

Tshabalala is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Die hof het vroeër aan Tshabalala gesê die skietery is ʼn tragedie wat nog baie lank by hom en sy familie gaan spook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

MR ·

As ons land nie so vol misdaad was nie, sal sulke goed nie gebeur nie. Die ANC regering moet pa staan vir die geweld in die land, hulle is net so skuldig so die arme pa. Ons loop almal op eiers, ons sluit onsself behoorlik toe selfs in die dag in ons huise. As die regering die doodstraf terugbring en die skelms weer bang word vir die polisie en die die nagevolge van hulle dade, dan en dan alleen sal dinge draai. Tot dan is ons gevangenes in ons lewens

Diefie ·

Sterkte Emmanuel – maak nie saak wat die vonnis is nie, Dit wat gebeur het, sal altyd by jou bly. Dit is wat die wetloosheid van ons pragtige land aan ons maak.

Don ·

Ek dink maar net dit is onregverdig hy Al kla soveel pyn en hartseer ervaar en hy Nie doekies om gedraai Nie dadelik skuldig gepleit sterkte aan jou en die is ons land waar ons in woon Se skuld

Arno Scheepers ·

My hart bloei vir jou Emmanuel.
Dankie vir die opgeskorte vonnis. Die man is ontsettend hard gestraf.
Mag jy berusting en troos vind in die arms van God.
Wat gebeur het is n bewys van hoe siek ons samelewing is.
Sterkte vir die pad vorentoe.

Guisanta Paladino ·

Arme man hy dra ñ dubbele seer. Die regering moet wette verander dat die publiek meer veilig is

Se maar net ·

Sjoe ons regstelsel laat my elke keer stom!
En duisende ander geharde misdadigers en regte moordenaars
loop op vrye voet.
Mense word hier daagliks doelbewus afgemaai, maar daardie moordenaars sien nooit die binnekant van die hof nie.
Hierdie arme pa was duidelik so uitgestres oor die misdaad in ons land, dat sy onderbewussyn hom instinktief laat reageer het.
My hart bloei vir die kind wat so tragies sy lewe verloor het, maar ek is net so jammer vir die pa en ma.

Vraagteken ·

Dis absoluut twak, ‘n mens laat nie sommer net ‘n vuurwapen af nie. Dis ‘n verskoning vir ‘n onverantwoordelike daad…

Linda ·

Ja, dis baie erg en kan met enige een van ons gebeur, want mens leef in n uiters onstabiele, onveilige tyd. Tragies vir hulle, hoeveel misdadigers loop rond en kom skotvry los ook. Ons sal moet saam staan, en die President sal moet sy verantwoordelikheid teenoor die landsburgers van die land nakom. En wat boere betref, dis nie net plaasmoorde maar alles wat teen hul tel. Die veiligheidssituasie, droogte, alles word duurder, maar produkte se pryse tel nie juis op nie. Moeilike tye.

Petro ·

Ek kry hom ook jammer. Hy moes eintlik onskuldig gewees het, maar ten minste hoef hy nie tronk toe te gaan nie. Ons bid hy vergewe homself.. Shame

Zettie ·

Ek kan my nie die hartseer van hierdie Pa indink nie. Sy straf het reeds begin die dag toe hy sy seun perongeluk doodgeskiet het. Baie sterkte vorentoe. Nou kan die gesondword begin.

Vraagteken ·

Wa, ja ek was al in ‘n situasie waar ek vuurwapen moes optel om my lewe te beskerm (glo my, jy weet wat jy doen as jy skiet). Daardie ouer was uiters onverantwoordelik!!! Niks wat jy verder kan sê nie.

Guve ·

Sterkte, mag jy berusting vind , ek is so jammer vir jou, dis al erg genoeg om n kind te begrawe,ek sal vi jou Bid. ????

Elna ·

Dit is regtig tragies wat met die ouer gebeur het. Sy kind se dood sal lewens lank by hom bly en nou kry hy tronkstraf daarvoor ook. Die regering is te blameer hiervoor. Baie sterkte aan die pa en ma en familie dis regtig baie hartseer.

Tanya ·

Dit is onregverdig die man sal die res van sy lewe n vonnis dra. Dit was n ongeluk hy het nie uit gegaan om moord te pleeg nie. Waarom hom nog verder straf. Verkragtets moordenaar kry liggte straf maar man wat per ongeluk sy eie kind dood geskiet het

Sarel ·

Hierdie man moes nooit gevonnis gewees het nie. Die Regering en Regstelsel wat Misdadigers bevoordeel moes hier bestaan het. Die staat wat wetreloosheid en geweld aanmoedig is due skuldiges.

santie ·

Ek stem ook volkome saam Sarel. Hierdie is ‘n man wat ‘n aanwins is vir die gemeenskap en ons kinders se toekoms. Nou moet hy vir ‘n tragedie gestraf word wat eintlik ons regering se skuld is

Dienkie ·

Sarel ek stem heelhartig saam met jou. Ek het simpatie met hierdie pa.

Hanlie ·

Emmanuel, baie sterkte vir jou en jou familie vorentoe. Ek weet die seer en verlange sal nie weggaan nie, maar met tyd sal daar vir julle berusting kom.

Heksie ·

of the vonnis in sy geheel opgeskort is of nie, hy moet vir die res van sy lewe saamleef met die wete dat hy sy kind dood geskiet het. Dit alleen is ‘n lewensvonnis op sy eie.

jessica ·

This was a accident, he should not sit, and that’s it, he did not go out and know this is my son let me shoot him, he protected himself seen that the law does not.

Marie ·

Die misdaad in Suid-Afrika moet die skuld kry vir hierdie man se daad! Hy moes nie eers gevonnis word nie! Nou word sy wapen ook nog weggevat!

Vanessa Moore ·

Ek stem saam, die arme man sal nooit weer dieselfde wees na daardie tragiese dag nie, sy hele lewe is verwoes. Ek dink om net deur ‘n dag te kom is hel. Alles speel elke dag voor hom af. Ek het nie woorde om te beskryf hoe jammer ek hom kry nie.

Helena. ·

My hart breek vir hierdie man, is bly hy word nie toe gesluit nie. Hyt soveel omgegee vir sy kind dat hy bereid was om daar vir hom te sit en wag by die skool. Hys net n mens, n pa wat nooit gestraf moes word nie, die straf is alreeds so swaar.. mag jy troos vind in God. So jammer.

noeks ·

Ag regtig vraagteken? Niemand het gese die vuurwapen het afgegaan nie. Lees weer die berig asb.

Vraagteken ·

Noeks, will jy vir my sê die vuurwapen het geval en toe skiet hy self? Nee, daardie ouer het die sneller getrek. Hy was uiters onverantwoordelik om net te skiet.

RHG ·

Op gisteraand se 21:00 nuus, het die staatsasnklaer vir 10 jaar tronkstraf gepleit. Die landdros het verskil van haar en gesê dat die publiek hom nie gestraf wil sien nie. Sy het so mooi en simpatiek met hom gepraat, terwyl sy trane rol.
So bly vir die uitkoms van dié saak.

Vraagteken ·

Dis eintlik ‘n groot grap dat die ‘publiek’ bepaal hoe lank ‘n tronkstraf moet wees. Wat het geword van die dae waar die regstelsel bepaal wie skuldig is of nie, en hoe lank ‘n straf moet wees???

Ons regstelsel, gebasseer op wat jy sê, is een groot grap.

Reinette ·

Hierdie pappa het sy eie rouproses om deur te werk. Daar moes nie eens n vonnis gewees het nie. Sterkte, Emmanuel.

Alida ·

Stem, hierdie pa moes nooit gevonnis geword het nie. Hy het klaar ‘n vonnis gekry deur sy seun op hierdie wyse te verloor het. Baie ander wat wel moord pleeg, soos met al die plaasaanvalle, word nooit gevang of gevonnis nie. Sterkte aan Emmanual en sy familie.

VanAfrika ·

Hoekom kry die man n kriminele klag as dit n ongeluk was? Hy is veronderstel om vry los te kom en die staat moet hom stuur vir behandelik vir die trauma was hy besig is om deur te gaan.

Jan Brand ·

My hart breek vir hierdie arme pa. Ek kan net dink hoe swaar dit vir hom moet wees. Al my simpatie.
Die oorsaak hiervan is die wetteloosheid in die land. Ons kan maar net hoop dat dit vorentoe beter sal gaan.
Die regstelsel in die land loop sy loop en ek dink die hof het ‘n goeie uitspraak gelewer.
Baie sterkte, Emmanuel.

Dan ·

DIT word gevonnis, maar die talle aanvalle en moorde op plase en plaaswerkers word beskou as ROOF. Ek wonder wie weeg wat in hierdie skaal?!

Ronel ·

Hierdie is ‘n verskriklike hartseer storie en my hart bloei vir die pappa! Mag hy vrede maak met die gebeure al sal hy nooit vergeet nie.

Santjie ·

Ek is so baie bly dat dit nie ‘n langer straf is nie. Die selfverwyt is klaar erg genoeg

Lia ·

Dit is voorwaar ‘n tragedie…..my hart gaan uit na hom en sy familie, maar ek stem saam met MR, dit was my eerste gedagte ook……dis omdat daar soveel misdaad in ons land is dat hierdie tipe van goed gebeur. Ons almal is altyd op ons hoede en dink die ergste gaan gebeur. Ons denkpatroon is altyd gerig op die misdaad wat ons kan tref…….regering, julle MOET iets begin doen….hierdie is nie normale omstandighede om so te leef nie……dis hartseer…….

vis ·

belaglik. moordenaars kry 8 jaar sit vir 5 jaar en loop vry dan. Gelukkig opgeskort maar hel die ou het sy seun verloor en hy het soos ‘n man verantwoordelikheid gevat vir sy fout. Ek sou die saak uit die hof gegooi na sy tweede verskeining. Of dalk hom net ‘n jaar gegee het met 6 maande opgeskort.

Lia ·

Noeks………harde en ongevoelige woorde……dink bietjie aan sy smart wat hy vir ewig moet saamdra……..en Lynette, Oscar is ‘n totale ander saak…..daar het ‘n groot vraagteken oor sy weergawe van die storie gehang en hy was bekend om roekeloos met vuurwapens te wees……mens kan glad nie die twee voorvalle vergelyk nie, alhoewel beide tragies is.

Vivian ·

Wat my opval oor die kommentaar is grotendeels die simpatie van menigte leser.Ten tye van pyn en hartseer is daar geen ras verbonde net die mens wat deur sy eie seer,pyn en berou moet werk.My hart gaan uit na hierdie man en sy gesin!

Wa ·

Dit is interessant dat die hof so leeg is…..die arme man lyk skoon verlore en verwese. Hy moes in die eerste plek nie in die hof gewees het nie. Ek voel baie jammer vir hom. Hy sal nou eers kan begin rou en hy sal nooit oor die dood van sy seun kom nie. Dis tragies en dis nie die eerste keer dat so ongeluk in hierdie land plaas vind nie. Baie sterkte Emmanuel.

Hexi ·

lynette
Hoe wil jy die twee gevalle vergelyk? Oscar het met opset ‘n vuurwapen gaan haal in ‘n ander vertrek en toe deur ‘n toe deur geskiet…
Die Pa was in ‘n heel ander situasie.

Elvira ·

Emmanuel, sterkte vorentoe. Wat met jou gebeur het kan direk voor die Regering se deur geplaas word. Misdaad het handuit geruk en mens leef in vrees in hierdie land. Hoop jy en jou familie kan hierdie kruis dra en berusting vind deur op julle knieè te bly. Sterkte.

Judge Dredd ·

Kon dit moontlik wees dat die seun gesien het sy pa slaap en hom toe ‘n poets wou bak?

HM ·

Baie sterkte … ek stem saam hy moes nooit vervolg geword het nie . Asb moenie hierdie saak met Oscar vergelyk nie asb dit was n heel ander patroon

Rolene ·

Dis baie mooi.
So hartseer. Dit was moes beskou word as n fratsongeluk.

RHG ·

Vraagteken, jy klink baie kwaad. Stel jou voor, die man sit in die donker vir sy seun en wag. Hy is bang om dalk gekaap of aangeval te word. Hy hou sy wapen in sy hand of byderhand. Hy raak aan die slaap, hoor die klop aan die venster, skrik vervaard wakker en trek ‘n skoot af wat ongelukkig ‘n doodskoot was. Dit was nie as moord bedoel nie.
Die aanklaer wou hom uit die samelewing hê. Landdros van der Merwe het verskil en gesê dat enige persoon op straat verstaan wat gebeur het en hom ook nie as ‘n bedreiging ervaar nie. Dis nie nodig om hom tronkstraf op te lê nie. Haar uitspraak was natuurlik nie gebaseer op die publieke gevoel nie. Regsgeleerdes werk immers net met feite. Wat vir my mooi was, is dat sy met groot empatie met die baie hartseer Emmanuel gepraat het.
Iemand het iewers geskryf dat die een wat bly lewe, die een is wat eerste die sneller trek. Ongelukkig, in hierdie geval, het dit ‘n baie hartseer gevolg gehad.
Die “onverantwoordelike” hantering van ‘n vuurwapen was met erns bejeen. Hy is daarvoor gestraf.
Laat ons net genade hê vir ‘n medemens.

Marica Gerber ·

Vraagteken – Wees menslik- ons oordeel so maklik van die kantlyn af. Die regte regsprosesse is gevolg. Aangesien hier ‘n verlies aan lewe was moes daar ‘n saak ge-open word. Die seun is dood en die arme ongelukkige pa het skuld erken. Die pa is self ‘n slagoffer van sy daad. Die hofproses was ook nodig. MAAR – by vonnisoplegging moet versagtende omstandighede in ag geneem word. Genadiglik het die hof besef dat hierdie man hoort nie in die tronk nie. Die tragedie hierin is dat die staat self ook verantwoordelik is vir wat gebeur het. Almal wat ek ken sal vrees vir hulle veiligheid in die aand in ‘n parkeerarea. Onskuldige mense word afgemaai – bv onlangs is 2 jongmense wat sonder petrol op ‘n snelweg gaan staan het letterlik afgemaai. Elke dag is daar minstens 3 gevalle van geweldsmisdade te lees in Maroela Media alleen. Die wreedheid en geweld van die misdade ( en frekwensie) maak dit duidelik dat die staat nie die burgers kan beskerm nie. Menslik probeer ons onsself en ons geliefdes beskerm. Vir hierdie man het dinge net verkeerd geloop. Sy grootste straf was waarskynlik waar hy sy kind moes begrawe. Vraagteken – hou op wegkruip agter ‘n skuilnaam en plaas jouself in hierdie man se skoene. vonnisoplegging moet die daad straf en die gemeenskap ook inag neem. Vonnis dien ondermeer as afskrikmiddel en dan ook voorkoming van boendoegeregtigheid – want die gemeenskap is tevrede. Dit is duidelik dat die gemeenskap begrip het.

JG ·

Ditsem Marica, jy som dit baie mooi op. Waar is “Mr. Know-it-all Vraagteken ” nou. Ons wag vir jou reaksie hierop.

Vraagteken ·

My punt bly staan – die Pa het ‘n vuurwapen gevuur sonder om te bepaal of sy lewe in gevaar is of nie. Dit is uiters onverantwoordelik. As iemand jou kinders skiet omdat hy hulle as ‘n sogenaamde dreigement sien, dan sal jy geregtigheid wil hê. Dit is hoekom ons bevoegdheidsertifikaate moet kry as jy ‘n vuurwapen wil besit. Die Pa is baie gelukkig. Met jou einste redenasie sou ou Oscar ook dan moes vry kom – Hy het ook immers gedog dat sy lewe in gevaar is….

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

Ek hoop iemand gaan kuier darem by hom so nou en dan…dis verskriklik…n dubbel slag.
Aan God die Skepper al die Glorie!!
Alles gebeur met n doel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.