Pa gevonnis wat sy dogter verkrag

(Argieffoto: Hans Braxmeier/pixabay)

ʼn Pa is Vrydag in die landdroshof in Port Nolloth in die Noord-Kaap gevonnis op aanklag dat hy sy biologiese dogter verkrag het.

Lt.kol. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 14-jarige meisie het op 3 April 2020 aangemeld dat sy sedert sy nege jaar oud is deur haar pa seksueel aangerand en verkrag word.

“Die beskuldigde is op 4 April 2020 in hegtenis geneem. Hy is sedertdien in aanhouding.”

Die hof het die pa Vrydag lewenslange tronkstraf opgelê vir verkragting en ʼn verdere 10 jaar direkte tronkstraf vir seksuele aanranding.”

Die beskuldigde is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit en sy naam sal in die nasionale register vir seksuele oortreders opgeneem word.

Brig. Nicky Mills, provinsiale hoof van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, het konst. Fransisca Louw van die Port Nolloth-eenheid bedank dat sy onverpoosd gewerk het om seker te maak dat dié oortreder aan die pen ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.