Pa glo 8-jarige se dood ‘was nie ongeluk’

Nadia Bond. Foto: Facebook

Nadia Bond. Foto: Facebook

Die pa van die agtjarige dogtertjie van Kraaifontein in die Wes-Kaap, wat in September verlede jaar deur ʼn beweerde dronkbestuurder doodgery is, het Donderdag gesê hy is vas oortuig sy dogter se dood was nie werklik ʼn ongeluk nie.

Nadia Bond is die middag van 18 September in ʼn straat naby haar huis deur ʼn motor raakgery. Ooggetuies het ten tyde van die voorval vertel die slag toe die motor die klein dogtertjie getref het, het geklink soos twee motors wat bots. Die bestuurder van die motor het Nadia glo in die motor gelaai en met haar na ʼn daghospitaal gejaag. Sy is later na die Rooikruis-kinderhospitaal oorgeplaas, waar sy aan haar veelvuldige beserings beswyk het.

Bradley Gysman (22) is kort daarna in verband met die voorval in hegtenis geneem en op borgtog van R2 000 vrygelaat. Bloedtoetse het glo gewys hy was tydens die ongeluk onder die invloed van alkohol.

John, Nadia se pa, het Donderdag verskeie bewerings aan Maroela Media gemaak, onder meer dat die gesin die beskuldigde ken en dat hy al vantevore in hegtenis geneem is. Die klagte is toe glo teruggetrek.

John Bond met sy dogter, Nadia. Foto: Facebook

John Bond met sy dogter, Nadia. Foto: Facebook

John het gesê hy glo die beskuldigde dra steeds ʼn wrok oor dié voorval. Hy het gesê hy verneem die dossier oor die saak is intussen na die nasionale vervolgingsgesag (NVG) verwys wat nou die verklarings en bewyse sal bestudeer. “Ek het geen idee wat in daardie dossier staan nie. Dit word glad nie met ons bespreek nie,” het John gesê.

“Ek verwag ons sal ʼn afskrif van die dossier ontvang of dat die inhoud daarvan met ons bespreek sal word, sodra die NVG klaar is met die dossier. Indien dit nie gebeur nie, sal ek beslis verdere stappe doen,” het hy vasbeslote gesê.

“Ek het nie meer trane oor nie. Ek is emosioneel gedreineer en gefrustreerd. Ek sal nie geïntimideer word om net te aanvaar ‘wat nie verander kan word nie’. Ek sal die manier verander waarop die slagoffers van misdaad in hierdie land behandel word; nie net vir my dogter nie, maar vir elke onskuldige kind en elke familie wat geïgnoreer word omdat ons nie bekend of ryk is nie.”

Gysman sal op 30 Maart weer in die hof verskyn. Hy is steeds uit op borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
m

ek wens regtig hierdie mense wat gesuip agter die stuurwiel inklim moet begin besef wat se hartseer hulle veroorsaak. Daai vark se lewe gaan normaal aan maar die ouers wat elke dag moet leef met daai gedagte oor die arme kind wat so moes doodgaan. Dat mens nie vir jouself kan dink waarmee jy besig is nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Lyk my drank vernietig party mense se breinselle!!!! Sterkte aan die ouers.

Anny

En vir my is die ironie vd saak dat rook in openbare plekke en kennisgewings op sigaret pakkies en kraamsale ens BAIE ernstiger hanteer word as dronkgatte wat oral net dood en verwoesting saai. Maak my siek en ek is nie eers n roker nie

Gesiggie

My trane vloei… om na die Pragtigge dogter te kyk, ek kan jou hartseer verstaan John… en die frustrasie van? wanneer gaan die persoon betaal vir wat hy aan jul as gesin gedoen het, hy het n deel van jul weggeruk” hy het jul lewens uitmekaar geskeur” hy het n klein onskuldigge dogterjie dood gemaak? hy het een goeie daad gedoen, deur haar in sy kar te laai en na die kliniek te vat? maar dit kan of gaan niks verander… mag jul gou berusting vind.. en mag als vir jul reg uitwerk…En ja ek stem…. as ons nie n… Lees meer »

schalk

Ek se weer. Indien jy gesuip in n kar klim, kan jy mos voorsien dat jy iemand se dood kan veroorsaak. Sluit die elendeling toe. Hy moet summier aangekla word van moord.

Gesie

Wat nog te sê die dogtertjie self in die motor laai om hospitaal toe te vat met sy “gesuipte” lyf. Sodoende kon hy nog iemand se lewe geneem het!!! Maak my boos verby.