Pa glo 8-jarige se dood ‘was nie ongeluk’

Nadia Bond. Foto: Facebook

Nadia Bond. Foto: Facebook

Die pa van die agtjarige dogtertjie van Kraaifontein in die Wes-Kaap, wat in September verlede jaar deur ʼn beweerde dronkbestuurder doodgery is, het Donderdag gesê hy is vas oortuig sy dogter se dood was nie werklik ʼn ongeluk nie.

Nadia Bond is die middag van 18 September in ʼn straat naby haar huis deur ʼn motor raakgery. Ooggetuies het ten tyde van die voorval vertel die slag toe die motor die klein dogtertjie getref het, het geklink soos twee motors wat bots. Die bestuurder van die motor het Nadia glo in die motor gelaai en met haar na ʼn daghospitaal gejaag. Sy is later na die Rooikruis-kinderhospitaal oorgeplaas, waar sy aan haar veelvuldige beserings beswyk het.

Bradley Gysman (22) is kort daarna in verband met die voorval in hegtenis geneem en op borgtog van R2 000 vrygelaat. Bloedtoetse het glo gewys hy was tydens die ongeluk onder die invloed van alkohol.

John, Nadia se pa, het Donderdag verskeie bewerings aan Maroela Media gemaak, onder meer dat die gesin die beskuldigde ken en dat hy al vantevore in hegtenis geneem is. Die klagte is toe glo teruggetrek.

John Bond met sy dogter, Nadia. Foto: Facebook

John Bond met sy dogter, Nadia. Foto: Facebook

John het gesê hy glo die beskuldigde dra steeds ʼn wrok oor dié voorval. Hy het gesê hy verneem die dossier oor die saak is intussen na die nasionale vervolgingsgesag (NVG) verwys wat nou die verklarings en bewyse sal bestudeer. “Ek het geen idee wat in daardie dossier staan nie. Dit word glad nie met ons bespreek nie,” het John gesê.

“Ek verwag ons sal ʼn afskrif van die dossier ontvang of dat die inhoud daarvan met ons bespreek sal word, sodra die NVG klaar is met die dossier. Indien dit nie gebeur nie, sal ek beslis verdere stappe doen,” het hy vasbeslote gesê.

“Ek het nie meer trane oor nie. Ek is emosioneel gedreineer en gefrustreerd. Ek sal nie geïntimideer word om net te aanvaar ‘wat nie verander kan word nie’. Ek sal die manier verander waarop die slagoffers van misdaad in hierdie land behandel word; nie net vir my dogter nie, maar vir elke onskuldige kind en elke familie wat geïgnoreer word omdat ons nie bekend of ryk is nie.”

Gysman sal op 30 Maart weer in die hof verskyn. Hy is steeds uit op borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

m ·

ek wens regtig hierdie mense wat gesuip agter die stuurwiel inklim moet begin besef wat se hartseer hulle veroorsaak. Daai vark se lewe gaan normaal aan maar die ouers wat elke dag moet leef met daai gedagte oor die arme kind wat so moes doodgaan. Dat mens nie vir jouself kan dink waarmee jy besig is nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Lyk my drank vernietig party mense se breinselle!!!! Sterkte aan die ouers.

THEA SWART ·

ek stem 100% saam drank maak dood en almal baklei oor ons rokers wonder wat is die gevaarlikste? sterkte aan die ouers

Anny ·

En vir my is die ironie vd saak dat rook in openbare plekke en kennisgewings op sigaret pakkies en kraamsale ens BAIE ernstiger hanteer word as dronkgatte wat oral net dood en verwoesting saai. Maak my siek en ek is nie eers n roker nie

Nics ·

Annie – jy kan mos nou nie die twee vergelyk nie. Beide kan dood veroorsaak so moet nou nie so redeneer nie. Vergelyk appels emt appels. Hierdie is tragies en ek hoop nie die gereg gaan weereens mense in die steek laat nie. Ek hoop die waarheid en geregtigheid sal seëvier. Sterkte aan die familie.

Gesiggie ·

My trane vloei… om na die Pragtigge dogter te kyk, ek kan jou hartseer verstaan John… en die frustrasie van? wanneer gaan die persoon betaal vir wat hy aan jul as gesin gedoen het, hy het n deel van jul weggeruk” hy het jul lewens uitmekaar geskeur” hy het n klein onskuldigge dogterjie dood gemaak? hy het een goeie daad gedoen, deur haar in sy kar te laai en na die kliniek te vat? maar dit kan of gaan niks verander… mag jul gou berusting vind.. en mag als vir jul reg uitwerk…En ja ek stem…. as ons nie n verandering in die Land maak… wie gaan… Sterkte John

schalk ·

Ek se weer. Indien jy gesuip in n kar klim, kan jy mos voorsien dat jy iemand se dood kan veroorsaak. Sluit die elendeling toe. Hy moet summier aangekla word van moord.

Gesie ·

Wat nog te sê die dogtertjie self in die motor laai om hospitaal toe te vat met sy “gesuipte” lyf. Sodoende kon hy nog iemand se lewe geneem het!!! Maak my boos verby.

Wat-ek-lees ·

En nog ernstiger beserings aan die kind veroorsaak het deur haar hospitaal toe te neem. Hiervoor moet hy ook aangekla word.

Nina ·

Hy KON haar net daar gelos het en weggejaag het. Maar hy HET NIE. Hy kon ook duidelik nie so ‘gesuip’ gewees het nie, aangesien hy met die kind hospitaal toe gery het. Oor die limiet beteken nie outomaties iemand is ‘gesuip’ nie.

Hannetjie ·

Wat maak die kleur nou saak? Hierdie ouers se verlies is baie groot.

Cecilia ·

John Bond, jy moenie opgee nie. Die Here waak oor jou en ek voel saam jou. Ek sal bid dat onse Here Jesus jou sal dra en sterk maak v die geveg. Ek bid v jou uit my hart.

Daisy ·

Ek hoop hy word baie swaar gestraf!!! Baie sterkte aan die familie!! Moenie opgee nie!! Ons bid vir julle!

neelsie ·

Ons huil saam met die gesin,om n kind aan die dood af te staan is uiters traumaties.
Bid God se bystand oor hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.