Pa help glo seun se aanvaller doodslaan

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die pa van ʼn tienerseun verskyn Donderdag in die George-landdroshof in die Wes-Kaap nadat hy glo vroeër vandeesweek ʼn man, wat vermoedelik sy seun beroof en met ʼn mes gesteek het, help doodslaan het.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die Suid-Kaapse polisie, het aan Maroela Media gesê die 14-jarige seun was Dinsdagoggend omstreeks 06:00 op pad skool toe, toe ʼn 31-jarige man, wat hy ken, hom by die voetgangerbrug oor die N2-snelweg in George genader het.

“Die man het die seun voorgekeer en met ʼn mes aan die linkerkant van sy bors gesteek, waarna hy sy tablet-rekenaar gegryp en gevlug het,” het Pojie gesê.

Die seun is deur ʼn omstander na sy ouers geneem. Die polisie het ook by die ouerhuis opgedaag, maar die pa wou glo aanvanklik nie ʼn saak teen die verdagte aanhangig maak nie, aangesien hulle glo die man ken.

“Die polisie is 08:00 weer na ʼn toneel ontbied, waar die einste verdagte in Rosedale bewusteloos in die pad gelê het. ʼn Groep ontstoke inwoners het hom omring. Die man is in ʼn bedenklike toestand na ʼn hospitaal geneem, waar hy later aan sy beserings beswyk het.”

Pojie het gesê twee mans, waaronder die tiener se pa, is op die toneel in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord. Die aanklag is later die dag na moord verander toe die verdagte dood is. Pojie het gesê die tienerseun se gesin het later ʼn aanklag van roof aanhangig gemaak.

Die seun is ná die aanval na ʼn hospitaal geneem vir behandeling en is reeds ontslaan.

Pojie het ʼn beroep op die publiek gedoen om nie reg in eie hande te neem nie. “Dit help nie om kwaad met kwaad te vergeld nie. Meld die saak by die polisie aan en laat hulle toe om hul werk te doen om skuldiges aan te keer sodat reg kan geskied. Anders eindig ʼn mens self in die beskuldigdebank,” het hy gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

broos ·

makliker gese as gedoen….veral as dit met jou seun gebeur het….wens ek kan die verskoning van ‘n man kry wat my 14 jarige seun met ‘n geweer teen sy kop gedreig het vir ‘n stupid selfoon….sal met die grootste liefde in die tronk gaan sit solank ek weet hy sal dit nooit weer met enige ander kind doen nie!!

Karma ·

@Broos … Nee, jong, ek dink nie so nie. Jou kind is op ‘n baie jong, gevoelige ouderdom. Hy het jou nie in die tronk nodig waar hy jou tussen ander geharde gevangenes kan besoek nie, maar by die huis. Ek praat seker maklik – ek was darem nog nooit in so ‘n situasie nie, maar ek dink ek sal eerder my besittings laat gaan, as om later op ‘n “marble slab” in die lykshuis te lê of – erger – dinge in eie hande te neem en nou tronkstraf in die gesig moet staar. Jy sien, ons mense is al so verdeksels voos van die misdaad dat ons maklik reg in eie hande wil neem. Hier op Worcester – ons rustige plattelandse Bolandse dorpie – het soortgelyke misdaad nou al so toegeneem, dat ons ‘n FB blad het waarop insidente aangemeld kan word – dikwels met goeie resultate!

broos ·

my seun het dadelik sy selfoon vir hulle gegee, verduidelik dat hy niks geld of ander besittings het nie maar nogsteeds moes hulle ‘n geweer teen sy slaap druk en hom met die dood dreig – weet julle hoeveel aande (maande) ek my seun moes troos as hy met ‘n nagmerrie wakker skrik? ‘n seun op die drumpel van grootmens wees wat soos ‘n baba begin huil omdat iemand in ‘n winkel soos die rower lyk? die emosionele skade is soveel meer

tamboti ·

Hierdie land en sy inwoners (wettig en onwettig) het juis nou vergelding en afskrikking nodig! Dit is beter vir ‘n onskuldige om te ly in die proses om geregtigheid te laat geskied, as om aan die hand van van misdadigers te ly! DIE VIGILANTE OPTREDES EN REG IN EIE HAND NEEM IS NOU DIE ENIGSTE DOELTREFFENDE MANIER!

Reinette ·

Hierdie geval getuig van ons oneffektiewe regstelsel. Dis verkeerd om self met n skurk af te reken, maar ek begryp die pappa se frustrasie.
Ek hoop nie hy word vervolg nie.

Willie E ·

Hy gaan sy G*T sien, dis moord met voorbedagte rade, die man is eers later die oggend aangerand op ‘n heel ander plek. MAW die man het daarheen gegaan met die doel om die man aan te keer. Hy het geleentheid gehad om ‘n klag te le vroeer die oggend,maar dit nie gebruik nie. Nee wat, ek word self woedend oor sulke dinge,maar wat hy gedoen het was om sleg op sy eie stoep te “dinges” so ek het nie simpatie met hom nie,hy moet nou maar kry wat hom toekom….ek meen,hy is mos ‘n grootmens en toerekeningsvatbaar…sorry boet,dra nou maar die gevolge…

Koos ·

As gevolg van die gebrek aan leierskap en orde in Suid-Afrika gaan hierdie gevalle toeneem,die algemene landsburger vertrou nie meer die wetstoepassers en gaan hulle wet in eie hande neem,dis verkeerd maar die realiteit

Johan ·

Wat bedoel hy met laat reg geskied, die probleem is dat reg nie geskied in die land nie.

Gesiggie ·

Moet nie gereg in jou eie hande neem nie, moet nie kwaad met kwaad vergeld nie, as dit met my seun gebeur het, sou ek die persoon goed bygekom het, nie moor, maar ek dink die Pa was buite homself, en het nie regtig besef hy slaan om dood te slaan…en die suen kon dalk ook aan sy wonde beswyk het… as hy net verkeerd met die mes gesteek was.. as die man dan nie die verdagte erg aangerand het nie? wat sou met hom gebeur”’ hy sou nie eers gevind kon word”so ja… ons raak moeg en ons besluit om maar eerder gereg in ons eie hande te neem… Jammer dat die man moes sterf…

marianne ·

Bravo pa!!!! Ek hoop die regter is ook ‘n pa of ma en sou nes jy opgetree het. Dan word jy vrygespreek.
Mag ons as ouers nie ons kinders en hul regte beskerm nie???
Watter voorbeeld gee die Regeering?
Jy mag aangeval word
Jy mag beroof word
Jy mag vermoor word
Jy mag verkrag word
JY MAG NIE JOUSELF OF JOU GELIEFDES BESKERM NIE!
God het ons kinders aan ons belowe en geleen ons hey die reg as ouers om vir hul opgestaan en hulle te beskerm.

Willie E ·

Die seun leef nog,hy was met ‘n mes gesteek…..die man het die aanvaller DOODGEMAAK….hy het ‘n “vriend” by hom gehad…twee ure na die aanval….in my boek is dit vergelding, as hy hom net goed opgefoeter het dan kon ek nog verstaan. Die aanvaller is doodgeslaan…hallo!!!!

Charl ·

Ons weet nie wie die man doodgemaak het nie, n groep mense was betrokke. Hy is herl moontlik deur meer as een mens aangerand

rudi ·

Moses het die Egiptenaar dood geslaan. Soms is regerings sleg soos Farao. Ek dink die ANC is erger as Farao.

Corné ·

Johan, ek stem 100% met jou saam. Die skurk het daardie VEERTIEN jarige kind in die linkerkant van sy bors net ‘n mes gesteek. Maw sy bedoeling wás om die kind dood te maak. My kleinseun en sy vriend was op 12 jarige ouderdom deur ‘n bende jeugdiges met stukkendw nottels aangehou en van R5.00 beroof nadar hulle ook nog hul hande in sy broeksakke gedruk het om vir nog geld te soek en hom betas het. ‘n Blok van sy ouerhuis af by ‘n winkel. Daar het niks van gekom nie. Die SAPD is in kennis gestel en na sy ouerhuis ontbied. Klag is gelê en ‘n saak gemaak en hy en sy vriend is net die vangwa polusiestasie toe geneem. Die belhamels is nooit “opgespoor” of vervolg nie alhoewel hul gereelde vergaderplek agter in die winkel se aflewerinfs area was. Ons het ook gevoel om self iets aan die saak te doen…..dus verstaan ek hoe die Pa voel.

Willie ·

Hartseer dat so iets moet gebeur. Die Pa gaan nou tien teen een n mowiese straf kry.. En sou hulle die “poging tot moord kandidaat gevang het” sou daar natuurlik nie veel gebeur het nie….
Ek dink mens haak uit as so iets met jou kind gebeur….Datrem is die lae luis uit die samelewing..

Poplap ·

Die publiek voel magteloos. Misdadigers hardloop afhoenderkop rond en hou almal gyselaar. Die polisie doen niks en as hulle iets doen dan spring die regters tussenbyde met die haar siestog shame routine. En dan wonder ons hoekom die publieke reg in eie hande neem. Eenvoudig mense is gatvol

ENGELA ·

los die sake vir die polisie? hulle doen dan niks vir niemand nie ek glo dis hoekom die ouer self plan gemaak het hoewel ek nou nie saam stem met die moord nie maar hy kon hom net n les leer ….

Hannelie ·

Wel dis wat gaan gebeur in ons land. Aangesien ons regstelsel ons in die steek laat. Die pa was seker buite homself van woede, want ek meen dis ‘n 14-jarige seun, wie die 31jarige man gesteek het in sy bors….met die doel om hom te dood. En daar word die bordjies verhang. Stem saam met Poplap mense is gatvol!!!

betty ·

well if the police do their job then people will not need to take action,my frienswas robbed at knife point and across the road stood 4 policemen and 2 police women,when she went over and asked them for help they told her they off duty but they got into 2 marked police cars and drove off

Danie ·

SA se regstelse beskerm die krimineel en die wetsgehoorsame burger moet verduidelik hoekom het hy homself verdedig.

Henk ·

Dalk moet die polisie notisie neem van wat besig is om hier te gebeur. AS hulle behoorlik aandag gee aan die klagtes EN hulle doen behoorlike misdaadvoorkoming, sal misdaad drasties af neem en sal skuldiges suksesvol in howe verhoor word.
Maar dit gebeur nie, misdaad styg daagliks en die publiek is besig om gatvol te raak.
Nou verstaan my mooi, ek stem glad nie saam met wat hier gebeur nie, en ek praat dit ook nie goed nie. Die punt wat ek wil maak, is die feit dat die SAPolisie en die regstelsel in hierdie land, besig is om die wetsgehoorsame burger liederlik in die steek te laat!!!

Johann ·

Ek wonder hardop: myself en my gesin ingesluit. Presies wat is die WERKLIKE syfers van: 1) mense wat saanm iemand werk wat al aan gewapende roof blootgestel is? 2) mense wat se familie deurgeloop het.? 3) iemand van wie n gesinslid dit moes beleef (en hopelik oorleef) en 4) mense wat SELF in n gesig(te) moes vaskyk wat n wapen gehad/en of gebruik het? En NIE die polisie of Statistiek SA se PR leuns nie. WERKLIKE gevalle. Kom ons begin by ons gesin; twee gevalle waar ek op geskiet is tuis; in my eie voertuig aangehou; 10talle huisbrake…waarvan als NIE op polisie rekords is nie…want glo my: ek en my vrou sal nie huiwer om ons kosbaarste prinses met hand en tand te beskerm nie! My volle VOORREG….en nee!!! Ons is Niks of Miemand dankbaar dat ons big lewe en dit ergee kon wees nie; behalwe my Vader en sy Genade. GEEN mens verdien n DANKIE dat jy ons brede kom steel en verwoes en en en.MAAR baie dankie dat ons darm nog lewe!!!!!! Se GAT!

Jan maak n Plan ·

Eerstens daai pa het presies gedoen wat n goeie pa moet doen. Ek sou daai skurk nie net bewusteloos geslaan het nie, maar mors dood nog voordat die polisie daar aangekom het. Verder is die saak vir die polisie nou baie maklik want hulle gaan hulle op die pa se optreede toespits en nie op die skurk se optrede nie. En n boodskap aan kapt Pojie, ek sal graag wil sien wat jy sal doen as iemand jou kinders met n mes steek. Dit is die regte ding vir n pa om dan op die sterkste moontlikke manier op te tree.

Het geweet ·

Die Pa het geweet die man gaan wegkom met dit, verder het nie geweet of sy seun dit gaan maak nie. Hierdie pa het reg opgetree, hy het hierdie skurk ‘n “fight” op sy vlak gebied, hoe kan hy ‘n 14 jarige kind met ‘n mes steek en van sy tablet beroof. Die wet bepaal dat die reg moet geskied, maar dit gebeur nie soos ons almal weet. Ek hoop regtig daar is advokate wat bereid is om hierdie Pa gratis by te staan om aan die regering en staat ‘n punt te bewys, kriminele het regte, maar nie jou 14 jarige seun of enige lid van die gesin nie, hierdie skurke ontneem mense die reg op lewe en hul kan net maak wat hul wil. Gaan kyk maar na die misdaadsyfer, ernstige aanrandings, moord en doodslag, ja harde woord – dit is hoe dit gaan!

Blinde Sjambok ·

…punt is, ‘die wraak kom ons nie toe nie’ …Bybelse waarheid! ‘Wraak neem’ is gelykstelling met jou vyand …maar op sy vlak en daar wil ek of jy tog nie wees nie ,,,dan lyk en klink ons soos Generaal Julius Malema wat van wraak neem en geweld-praatjies aanmekaar gesit is …terwyl hyself kliphard saam steel!

Johann Marx ·

Die polisie doen niks aan misdaad nie, want in hulle koppe gebeur daar nie misdaad in SA nie. In sekere is jy net geregtig om te hê wat jy kan oppas. Voorbeeld: jy het 6 beeste. Jou beeswagtertjie slaap en iemand vat twee van jou beeste. Geen “crime” het gebeur nie, want jy het nie jou goed opgepas nie. Die ou wat niks beeste gehad het nie, het nou 2, en hy beter hulle oppas, en jy het nou 4 want jy kon nie 6 oppas nie. Dis hoekom daar ‘n 6% oplossing is van misdaad. Ek en jy dink dis verkeerd as iemand in my huis inbreek en my goed vat…..die meeste polisiemanne is kwaad vir jou….omdat jy nie jou goed oppas nie!!

Suzette ·

@Johann Marx: Punt is hulle gaan van die standpunt uit. Hulle regverdig hulself want apartheid het veroorsaak dat hulle “benadeel” is. Hulle mentaliteit vertel vir hulle om dit te doen want hulle vat net terug wat soos hulle se “aan hulle behoort”. Hulle kultuur ken net opneuk, moor vernietig en afbrand. Hulle weet hulle kom weg met als en darom skrik niks hulle af nie. Almal is al g@tvol verby en glo my dit gaan net meer en meer gebeur. Mense in SA is op breekpunt deur al die misdaad. Kyk wat het op Parys gebeur met daardie boere. Nee wat die onskuldiges gaan al meer en meer begin opstaan vir hulle regte en dalk net dalk is dit flippen hoogtyd………………

johan ·

Waarvan praat julle van reg en verkeerd, in die Land is daar al lankal niks meer reg nie, die man wat by jou huis in breuk en jou en jou familie se lewe in gevaar stel, het meer regte as jy wat die huis besit, as hy iets wil he vat hy dit met n mes, of n pistool teen jou kop, is dit reg, en die Polisie beteken niks in die Land nie, so asb mense, maak oop julle oe

Stev ·

@Willie E
Ek weet nou nie of jy n Pa is of nie en ook nie hoe oud jy is nie.
Ek kan jou verseker 99.9% van Pa’s in hiedie land sal agter hiedie Pa staan. Of hy nou wit, swart, pink of groen is. Dit mag dalk nie reg wees wat gebeur het nie maar ek glo in daardie oomblik is jou kind alles en jy het geen oordeels vermoe nie.
Ons polisie is USELESS, daar sou niks met die skurk gebeur het nie, dit is hoekom dit so maklik vir HULLE is om misdaad te pleeg want ‘n mens kan daarmee wegkom in die land. Ek ondersteun hiedie pa en verstaan sy dade heeltemal.

Willie E ·

Stev,ek is 57,pa van twee kinders.
En luister nou mooi,ek was ‘n soldaat in ‘n spesialis bataljon vanaf 1977 aktief voltyds vir drie jaar,en daarna nog aktief betrokke drie maande elke jaar vir 13 jaar. so,my vriend,as jy weet van hierdie deel van ons verlede dan sal jy ‘n hele paar goed beter verstaan. Miskien het jy nou begrip van waar EK vandaan kom en wat ek gedoen het in my verlede(weermag)
en ja,ek verstaan ook wat die pa gedoen het,maar hoekom hy dit op so ‘n manier gedoen verstaan ek nie.
Dit is waarom ek se dit is maklik om op te tree soos daardie pa,maar my vriend,hy het nie net homself benadeel nie,maar sy gesin die meeste benadeel. Ou pel,ons moet reg optree,my optrede be-invloed my gesin se welvaart…kyk nou waarmee sit hy nou.
Dit en dit alleen is die rede waarom ek nie vir hom jammer voel nie,hy het dit oor homself gebring…erger nog,hy het sy gesin nou ERG benadeel,maar ek is bly dat hy daarmee moet saamleef en nie ek nie.
Ek hoop jy verstaan my standpunt Stev.

Willie E

charmaine ·

Die ergste is hulle het mekaar geken so die seun van 14 het die persoon vertrou! En n 31 jarige man? Duidelik weer werkloos en le vir sleg word rond en rand n 14jarige aan wat hom seker buite weste geskrik het omdat iemand wat hy ken hom seermaak???
En dit is dalk ook wat die pa rooi laat sien het? Nee wat sulke vuilgoed moet maar verwyder word ek is jammer vir die pa, maar ek sal ook iemand aanrand wat my kinders of myself probeer seermaak.

Zedd ·

Ek sal die polisie vermy so ver soos wat ek kan, ek was all aangehou vir dronk bestuur waar ek niks gedrink het nie, Daar was ook gevalle by ons stasie, as die mense iets will raporteer of ‘n saak maak word hulle self toegesluit. Nee die polisie doen niks want baie van hulle is selfs kriminele. Die aanvaller het maar op die harde manier geleer en in my opinie verdien dit……Die regstelsel is vrot.

Duitswes ·

Blitzkrieg!!
In die land van die blindes is eenoog Koning my vrinne…
Gaan kyk na lande soos Saudi Arabia, Pakistan, ens wat nog kleef aan regstelsels wat effektief die doodstraf, harde bloedsweet arbeid, afsondering, drag slae, ens soos in die ‘OUTYD’ toepas en vergelyk die misdaadsyfer…onvergelykbaar. Singapoer het handomkeer verander toe hy sy strafstelsel hersien en dit bleik die Fillipyne het ook ‘n plan. Knipoog onthou ek ‘n Zuid Afrikaanse Republiek wat ook VEILIG was vir enige ras/geslag/ens…BRING DIE DOODSTRAF TERUG (PUNT).

Tina du Toit ·

Ek neem nie die pa kwalik nie en ek sê ook nie dis reg wat hy gedoen het nie, maar misdadigers word net nooit gevang nie en as hulle gevang word, sit hulle net vir `n rukkie dan is hulle weer uit vir die volgende misdaad. As ma sal ek vir my kinders baklei en dit ook heeltemal verloor. Vat aan my kinders en jou body bag is geboek. Daai kind kon ook sy lewe verloor het.

Joann ·

Nou se my jul wat so teen die pa is sal jul die aanvaller vir ete genooi het??? Nee ek so selfde as pa edoen het.

Stev ·

@Willie E
Ek verstaan waar jy vandaan kom en jou denkwyse. Waarop ek klem probeer le is die feit “dat jy nie simpatie vir hom het nie, en dat hy moet kry wat hom toe kom.”

Ek het simpatie vir hom want ek sou dit selfs ook gedoen het want wie anders gaan hulle keer. Doen hy niks en sit agteroor en wag vir die polisie, dan volgende maand staan hy voor ‘n oop graf en hiedie selfde skurk neem sy kind se lewe omdat dit die eerste keer so maklik was om hom te beroof. Dan staan daai pa daar en blameer homself – Ja, dit is wat hom kon toekom, hy het die verhoed, PUNT. Hoeveel ander kinders/mense se lewens sal nie nou gespaar bly nie , deur die dade van die pa.

Sit hulle hom in die tronk dan betaal ek en jy vir sy gerieflike lewe, dan kom hy uit en doen dit weer, want die tronk is ‘n lekker, alles is verniet. En wie weet, dalk is een van ons twee se kinders die volgende slagoffer.

Jy kan maar my denkwyse oordeel , maar hoe ver dink jy is dit regtig van die waarheid af? As on polisie en strafregstelsel gewerk het, dan, ja, dan is dit ‘n ander storie. Mense raak g*tvol en die pot is besig om oor te kook, en dit is ‘n realiteit.

Willie E ·

@Stev
Ek verstaan jou punt heeltemal my vriend, ek doen. Dis net sad dat sulke dinge gebeur,soos die bybel se”wee diegene deur wie die sonde kom”. Ek voel net baie jammer vir sy gesin,hulle gaan die swaarste kry.
Groete
Willie E

Stev ·

@Willie E
Ek voel ook jammer vir sy gesin, daar le ‘n moeilike pad vir hulle nou voor en ek wens hulle alle sterkte toe.

Groete.
Stev

pieter ·

Ja as jy nog nie daardeur is nie da dit moeilik om te praat ,my seun en sy vrou is in my huis beroof terwyl ek en my vrou geslaap het , hul was vasgebind maar kon syl op die maag ons wakker gemaak ,ons het alarm gemaak en ek was so kwaad het 1 uur die nag gery om te kyk of ek hul ni kry nie as ek het het da bloed gevloei , die saak is na 8 maande toegemaak – my vrou is in ha besigheid beroof lang storie die speurder het hul gevang 2 dae daarna met al die bewyse ,op di kamaras diselfde mense ,di saak het 4 jaar geduur en ewe skielik is die saak uit hof gegooi speurder weet nie hoekom nie en ons ook nie ,nou moet jy die gereg glo nee man dit laat n ou rooi sien ,ma sterkte aan di pa

groenewald ·

Ek sou dieselde as die pa gedoen het.Ek hoop die geestelike skade van die seun herstel gou.Hou.moed pa en kind.Alles sal weer regkom. Glo in God en ook in julself.Dit sal weer regkom.

Conja ·

As ons hulle dood maak. Word jy van moord aangekla. Hoeveel onskuldige boere word vermoor en die verdagtes word nooit gevind nie.

jaco ·

Die name van die woonbuurte laat my vermoed al die betrokkenes in die saak is kleurlinge; mense wat nie wit is nie en dus almal slagoffers van die wit mense se apartheid was. En dan is dit ook n feit dat die ANC-regstelsel sag is op misdaad teen wit mense, want dis hoe hulle vir apartheid gestraf word. Maar hier is nou n geval waar n victim van apartheid n misdadiger wat ook n victim van apartheid was, vermoor het. Dit zal interessant wees om te sien hoe ons regstelsel hierdie saak gaan hanteer…

Christo ·

Ek lees baie lekker wat almal se opinies is,baie interesant.Ek ook ‘n vader,praat nie goed wat gebeur het,maar dink ek sou seker dieselfde optree in daardie oomblik van woede.Ek wonder net wat ons almal se gevoel sou wees indien die seun sou sterf??

Lourens ·

Polisie is useless kan ek daai pa se besonderhede kry wil hom geld stuur of beter will n korupte polisie man nader om daai doket te verloor

petra ·

Hou moed P a en seun, hou moed. Julle het ‘n innerlike sterkte wat sterk na vore sal kom waarvan julle nie vroeer bewus was nie. Julle vriende en familie sal julle ook bystaan. Die tsoenami sal vebygaan. Staan net sterk en Glo.

Paul ·

Net sowel kon die seen doodgesteek gewees het met die mes en wat dan??? Sou die mense nog steeds partydig wees vir die rower? As hy my kind moes gesteek het met die mes, sou ek hom met die vuis te doodgeslaan het om seker te maak dat hy nie weer iemand pla nie. As hulle die doodstraf terugbring, sal die gemeenskap nie nodig hê om die gereg in eie hande te neem nie, want die misdadigers sal te bang wees vir die nagevolge. Ek dink almal is gat vol vir ons patetiese regstelsel wat so sagkens te werk gaan met die kriminele

Andre ·

Dit help nie jy gaan na die polisie toe met so iets nie.hulle hande is nog meer afgekap as die publiek sin en as hy tronk toe gaan is hy uit oor 6 maande en dan doen hy dit net weer of vat dit verder.Die polisie kan nie orals wees nie maar as die publiek saamstaan dan kan hulle help om misdaad te bekamp.

Arizona ·

Moenie die reg in julle eie hande neem nie? Ok nou vra ek raad. Ek bly langs n huis wat gehijack is. Elke dag wat die Hemelse Vader gee klink dit soos n tavern langs my. Harde musiek, hard gepraatery, skreeu, kar toeters wat in die oggend ure opgelê word. Jy durf nie vir hulle sê om op te hou nie want dan is jy rassisties of hulle skreeu vir jou voertsek. Ek lê op die foon om die SAP te probeer kry om te help. Ek kry geen hulp van hulle af nie. Ek het n video opname van Hillbrow Polisie stasie wat my die onwettige intrekkers kuiers, in vol Uniform and in n Task Force Voertuig, jy sou kon dink dit sal die SAP se aandag trek. Wat staan my te doen? Wie sal my kan kwalik neem as ek die wet in my hande neem?

Ansie ·

Ons moet mooi kyk hier. Dit lyk vir my na n kultuur voorval. Aan kultuur kan ons niks doen nie. Hulle glo die staat doen niks om hulle te help nie daarom neem hulle die wet in eie hande. Laat ons net altyd doen wat reg is. Soos iemand iewers gese het jy is vir jou kind meer werd buite die tronk as daar binne

Lizelle ·

Die mense wat nou so opkom vir die een wat dood is, is die wat se monde die grootste is sodra hul lees van iemand wat aangeval word…die mensdom….pfffft

Dennis ·

Dead men tell no tales…….in die wettelose land moet jy dit doen……jy gee vir die sapd hints dan wil weet waar jy dit hoor…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.