ʼn 42-jarige man sal na verwagting op 15 Oktober weer in die Albertinia-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn op aanklag van die verkragting van sy dogter.
Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, sê die man is op 2 September vanjaar in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat hy glo sy dogter tussen 2015 en 2016 herhaaldelik verkrag het.
“Die dogter was drie jaar oud tydens die beweerde verkragtings. Sy is sedert 2016 in haar ouma se sorg.”
Die pa se vriendin, wat saam met hom gewoon het, het in 2016 vir kindermishandeling en -verwaarlosing in die streekshof in Riversdal in die Wes-Kaap verskyn. Sy sal na verwagting weer op 9 Oktober vanjaar in die hof verskyn.
Die ondersoek rakende die verkragting waarvoor die pa teregstaan, is al ʼn jaar lank aan die gang.
“Deur middel van sielkundige intervensie het die dogter die gebeure verwoord en kon haar weergawe ná al die jare neergepen word.”
Die pa het op 17 September in die hof verskyn waar sy aansoek om borgtog van die hand gewys is.
Hy sal tot sy volgende hofverskyning in aanhouding bly.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Hoe kan hy ń pa genoem word, wonder wat het vd biologiese ma geword…..
Sterkte arme kind, oom se hart bloei vir jou….
Ons land is tog so lief vir statistieke, veral as dit sekere narratiewe dryf, soos bv wie besit die meeste ‘land’, wie verdien meer geld ens. Ek wens darem ons kan ook statistieke oor hierdie tipe wandade kry, en daaroor gesels in die hof van publieke opinie.
Liewe land.. hoe wreed en oneerbaar.. Jy jou monster het een van die grootste sondes gepleeg.. verwyder asb uit die samelewing.. doodstraf moet terug..
VARK!! Hy moet permanent toegesluit word. Hoe kan ‘n pa dit aan sy kind doen en sy is boonop ‘n kleuter!
Wat het geword van die geweld teen vroue en kinders, kinders kan hulself nie verdedig nie, kla hierdie man aan vir moord. BLM is reg, maar wat van al die swart babas wat vermoor en verkrag word tel dit nie of is dit maar net ‘n kind.