Pa in hof ná hy glo eie dogter verkrag

Argieffoto

ʼn 40-jarige man het Woensdag in die Giyani-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag dat hy sy 15-jarige biologiese dogter verkrag het. Die vermeende kêrel van die meisie, ʼn 25-jarige man, staan ook tereg op aanklag van statutêre verkragting.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans se aansoek om borgtog is afgekeur en hulle sal op 12 November 2020 weer in die hof verskyn.

Die inhegtenisneming volg ná die pa op 24 Oktober 2020 na sy dogter begin soek het. Hy het haar uiteindelik by die kêrel se huis gevind. “Hy het haar na die plaaslike polisiestasie geneem om ʼn saak van verkragting teen die kêrel aanhangig te maak,” het Ngoepe gesê.

“Dit het toe aan die lig gekom dat die pa haar ook verskeie kere in 2019 en 2020 verkrag het. Hy het haar gedreig en aangesê om niemand daarvan te vertel nie.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Blomme ·

Sal die pa die kêrel gaan aankla as hy self agter die deur staan.. Ek dink hier is iets nie pluis.. Dalk ń poging van wraak neem..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.