Pa in hof na hy glo sy vierjarige seun verkrag

court-hammer_thumb‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vierjarige seun verkrag het, het Maandag in die Tonga-landdroshof in Mpumalanga verskyn.

Kapt. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 30 Julie uitgestel wanneer die man om borg sal aansoek doen.

Die seun is glo verkrag toe hy tydens die skoolvakansie by sy pa gaan kuier het. Die man bly in Langeloop naby die grens van Swaziland.

Luit. Mzwandile Nyambi, polisiewoordvoerder, het vroeër gesê dat die seun en sy agtjarige broer by hul ma in Sikhwahlane bly.

“Hulle het by hulle pa gaan kuier vir die skoolvakansie. Die ma het van die verkragting te hore gekom nadat die agtjarige seun vir sy tannie daarvan vertel het.”

Nyambi sê die seun is na ‘n hospitaal geneem waar daar bevestig is dat hy verkrag is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AF Rikinde ·

More klas : volkekundelesing 28 Julie . Wat gebeur in Swaziland vandag ? Wat moet ons hieruit leer ?

Shannon ·

Nou moet die ons lig loop. As ons so bietjie nader – en wyer – ondersoek instel, sal ons agterkom hierdie soort van ding is waarskynlik iets wat al lank gebeur. Dit mag dalk reeds voorgekom het nog lank voor die voor tande in die Kaap verlore geraak het.

Dis nie `n insident nie, dis `n fenomeen.

AF Rikinde ·

Volkekundelesing Annecto ;Klas , het ons gesien watter bestandele alles nodig is vir die hoenderresep ? (sien bladsy 13) . Ons sien dat elke kultuur uniek is .KOE KEDOE DEL DOE .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.