Pa in hof na moord op dogtertjie

court-hammer_thumb‘n 33-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy sy tweejarige dogtertjie vermoor het, het Woensdag in die Bolobedu-landdroshof in Limpopo verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 5 Junie uitgestel vir verdere ondersoek. Die man het homself Maandag aan die polisie oorgegee.

Mulaudzi sê die pa het glo Sondagaand by sy vriendin gekuier by haar huis in Bolobedu buite Tzaneen. Volgens Mulaudzi het daar glo ‘n argument tussen hom en sy vriendin se pa uitgebreek.

Mulaudzi sê die verdagte het glo ‘n mes uitgeruk en sy vriendin en haar pa verskeie kere daarmee gesteek. Die twee het glo uit die huis gevlug en die pa alleen saam met sy tweejarige dogtertjie agtergelaat.

Volgens Mulaudzi het die pa sy dogtertjie teen die muur vasgeslaan voor hy die huis aan die brand gesteek en gevlug het. Mulaudzi sê die dogtertjie het ernstige brandwonde opgedoen en is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sylvia ·

Sies jys n wetenlose vark, moordenaar daardie arme kind het nie verdien om gebrand of vermoor te geword het nie. Plaas jy jouself aan die brand gesteek het en die kind gelos het. Hoop jy word verlank gebere en verbrand in daardie sel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.