Pa in hof ná ‘ontvoeringsdrama’

‘n Skermgreep van ‘n Facebook-inskrywing.

ʼn Pa van Middelburg in Mpumalanga het vandag in ʼn Pretoriase hof verskyn op aanklag van die oortreding van ʼn hofbevel ná afloop van ʼn beweerde “ontvoering” wat die afgelope naweek ook op sosiale media opgevolg is.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die man vandag in die hof sou verskyn waar hy om borgtog aansoek sou doen. Die man se naam mag nie bekendgemaak word nie om die identiteit van sy minderjarige kind te beskerm.

Dít volg nadat ʼn foto van die dogtertjie Vrydag wyd op sosiale media versprei is nadat sy na bewering vroeër die dag deur haar pa ontvoer is. Sosialemediagebruikers het die bewegings van ʼn wit Ford Ranger-bakkie in Christiana, Bloemhof en Wolmaransstad op sosiale media aangemeld.

Volgens die polisie was die pa en kind onderweg na Kaapstad toe hy later in ʼn ongeluk op die N12 naby Warrenton in die Noord-Kaap betrokke was en vir roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem is. Dit is tóé dat die man en dogtertjie opgespoor is. Albei is ongedeerd ná die ongeluk.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het die ongeluk en die aanklagte teen die man aan Maroela Media bevestig.

Die pa is sedertdien van Warrenton na Pretoria oorgeplaas en die dogtertjie is terug in haar ma se sorg geplaas.

Errol Goetsch het ná die pa se inhegtenisneming ʼn aanlyn petisie begin ter ondersteuning van die pa. Hy het ook op sosiale media aangevoer dat die pa nié die kind ontvoer het nie. “ʼn Ouer kan nie sy eie kind ontvoer nie.”

Dié aanlyn petisie is reeds deur sowat 3 000 mense onderteken.

Goetsch voer aan dat die pa vooraf reëlings getref het om die kind na haar grootouers te neem vir die skoolvakansie.

Die ma ontken egter dat dié reëling ooit met haar getref is. Sy het aan Maroela Media gesê dat daar ʼn aanloop van gebeure voor die naweek se voorval was. Volgens die ma is die ouerpaar in 2016 uiteen en is ʼn hofbevel rakende die toesig van hul dogter uitgereik.

Die ma sê die verantwoordelikhede van elke ouer is in dié hofbevel uiteengesit. Sy beweer egter dat die pa verskeie kere nie die voorwaardes van die hofbevel nagekom het nie. Sy beweer die man het ook meer as een keer nie die dogtertjie aan haar terugbesorg ná besoeke nie.

Die ma beweer haar eksman het Vrydag by haar huis aangekom en aangedring om sy dogter te groet voordat sy saam met haar ma en stiefpa met vakansie sou gaan. Volgens haar het hy toe met die dogtertjie op die vlug geslaan.

Goetsch ontken dit en voer aan die man was geregtig om die naweek sy dogter vir die vakansie Kaap toe te neem, maar dat die ma daarna die polisie gebel en hom van ontvoering beskuldig het.

Dit is nie in dié stadium bekend of borgtog aan die pa toegestaan is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Lou ·

Die arme kind is nou in die middel van die ouers se tou-trekkery.
Hoop hulle kom tot hulle sinne en besef die skade wat die kind aangedoen word.

Piet ·

Ja gewoonlik soek die ma die geld maar kyk net waar sy die man kan …….. dwarsboom. Ken dit te goed.

Ai ·

Ek stem heeltemal saam met jou Piet. Daar word vals stories opgemaak om die Pa te diskrediteer en die arme Ma is altyd die slagoffer. Verstaan my mooi dit is nie in al die gevalle so nie, maar dit is skrikwekkend hoe baie dit gebeur en die Pa staan gewoonlik magteloos.

Charl ·

Ja, dit is soms die geval maar in hierdie spesifieke saak is dit nie die geval nie. Ek ken beide ouers baie goed en die pa het NIE binne sy regte opgetree NIE!! Ek voel jammer vir die kind want sy is baie na aan my hart. Die ma weier ook nie dat die pa sy dogter besoek nie. Hy het met vooraf beplande intensie die kind gegryp en weg gejaag sonder om enige reëlings te tref. En dit is nie die eerste keer wat dit gebeur nie. Almal streel nou vir pappa want hy speel nou die “innocent victims”, maar niemand ken werklik die geskiedenis nie. Hy weet wat se die hofbevel en behoort daar by te hou. Boere, ek kan nie jou naam noem nie maar ek hoop en bid hierdie ding raak nie leliker as wat dit reeds is nie. Sterkte vir jou. Sterkte ook aan die mamma maar meer en deels hoop ek van harte daai dogtertjie sal ok wees na hierdie nare ding wat haar oorgekom het.

Mag die waarheid seevier ·

Ha – ja in baie gevalle is dit so… Maar in die geval kan ek jou belowe dat daar nie eers sprake van onderhud is nie… al het die hof dit beslis.

Estelle ·

Ken baie vrouens wat so werk, maar ken ook baie meer mans wat na egskeiding, ten spyte van hofbevelle, nie onderhoud betaal nie, nie reëlings t.o.v. toesigregte nakom nie en aangaan met hulle lewens en vergeet van hulle kind/kinders want hoe durf die Ma hom geskei het. Daar is meer as een kant en ten spyte van die wet is dit die man wat altyd die simpatie kry en weg kom met alles en geen pyn het met hoeveel drama die arme kind/kinders in die middel hiervan moet deurgaan nie. Dit is nie wat jy doen as jy kamstig omgee vir jou kind nie. Roekelose en nalatige bestuur met jou kind in jou motor…dit sê mos al klaar genoeg.

DS ·

Sorteer julle probleme uit en moenie julle kind as wapen teen mekaar gebruik nie!

So se ek ook ·

Ons sal nou nie die regte storie weet deur die te lees hierbo, maar daar is al so baie gevalle van die. Dit is altyd vir die pa baie moeilik om die regte te he en ‘n hof sien die kant van ‘n ma altyd eerste raak voor ‘n pa se regte, wel ek dink net as die huwelik nie werk nie, ongeag of die pa beter af is of nie, sal die betaal tog net bly by die pa en moenie dat hy iets verkeerd doen, o nee dan is dit net die pa en pa en pa. Dink daar is soms maar vroue wat ook die regte baie ver trek wat verkeerd is.

Lucy ·

Daar word gewoonlik klippe na die ma gegooi in so geval. Ongelukkig is daar talle pappas wat rede gegee het dat daar egskeiding was en wat vir mamma die lewe na die egskeiding so moeilik as moontlik maak, en daardeur die kind / ers ook seermaak.

Mens moenie oordeel voor jy self in so situasie was nie :-(

se net ·

Ek weet waarvan jy praat. Soos bv die pa koop klere maar die kinders mag dit nie huistoe vat en die volgende vakansie is dai klere te klein. Hoe verstaan n kind dit? Of die sg pa weier om medies te betaal of die pa reken die ma wie se salaris duisende minder as syne is, moet presies dieselfde in Rand bydra, maar wie was altyd daar terwyl die pa en sy nuwe wyf aanmekaar op vakansies was in skooltyd? Te suining om sy kinders saam op vakansie te vat. Ag ek kan aangaan en aangaan. Was daar het dai hempie gedra en darem na baie jarre kon ek die hempie weggooi.

Mia Muis ·

Ek is self in so ‘n situasie wat die pa die “onskuldige” is. Hy wil nie sy bloedkinders ondersteun nie, maar daar is ALTYD geld vir die nuwe gesin om op vakansie te gaan.

Ingrid ·

Ag word groot. Julle gebruik die kind as ‘n speelbal, en Ma jy besef nie hoeveel skade jy doen nie.

Charl ·

Hoekom dink jy dis die ma wat die skade aanrig? Ken jy werklik die hele ware verhaal?

Mag die waarheid seevier ·

mmm – alweer die mamma se skuld. wonder of hy nie gedink het hoeveel skade HY aanrig toe hy haar gryp en dat sy skreeuend histeries langs hom sit terwyl hy daar wegvlieg in sy bakkie nie…

Vettel meer ·

Ingrid, hoekom blameer jy nou die ma?? Dis tog baie duidelik dat hierdie pa n veer voel vir sy kind. Hy gebruik haar net as n wapen om die ma by te kom!

Estelle ·

Roekelose en nalatige bestuur wat ‘n ongeluk veroorsaak het en dit is die Ma se skuld? O genade nee.

Helizna ·

Kinders moenie die speelbal wees vir hulle ouers se frustrasies met mekaar nie. Die dogtertjie is nou getraumatiseer na sy en haar pa van die pad af gedruk is en haar pappa voor haar ogies gearresteer is.

Eben P ·

Smaak my die ma is n selfsugtige vrou …. gun haar eie kind nie n vakansie saam met haar pa. Maggies dis altyd die pa se skuld en die ma staan eenkant bakhand vir meet onderhouds geld vir eie toe doen ipv op kind spandeer …. word groot ma jy is kinderagtig en dibk jy het die ronde gwwen …. nee jou kind het seergekry met alles wat voor haar oë afgespeel het.

Mag die waarheid seevier ·

Glo my Eben – die ma dink nie dat sy die rondte gewen nhet nie…. SY weet wat het die aan haar kind gedoen – en sy weet ook wat het dit aan haar kind gedoen dat die pa haar gryp en wegry met haar…. terwyl sy skree vir hulp – terwyl die ma nie weet warrheen hy oppad is nie – terwyl sy nie weet of sy haar kind weer lewend sou sien nie….

se net ·

Ek weet waarvan jy praat. Soos bv die pa koop klere maar die kinders mag dit nie huistoe vat en die volgende vakansie is dai klere te klein. Hoe verstaan n kind dit? Of die sg pa weier om medies te betaal of die pa reken die ma wie se salaris duisende minder as syne is, moet presies dieselfde in Rand bydra, maar wie was altyd daar terwyl die pa en sy nuwe wyf aanmekaar op vakansies was in skooltyd? Te suining om sy kinders saam op vakansie te vat. Ag ek kan aangaan en aangaan. Was daar het dai hempie gedra en darem na baie jarre kon ek die hempie weggooi.

Skerpioen ·

Ek ken n ma en pa wat geskei is en so mooi te werk gegaan het wat hulle kind betref. Daar was nooit n baklei of dreigemente nie. Die kind is vandag n pragtige jong man. En dan…. ken ek n mamma wat haar kind as wapen gebruik het om vir pappa (vandag my man) mee bytekom. Vandag is sy amper n jaar al oorlede en boeta bly al r jaar by ons. Hy is vandag in matriek maar die skade wat sy ma veroorsaak het het lelike letsels op daai arme kind gelos…

KaterinaKat ·

En ek sien amper almal hier het sommer klaar besluit die ma is die hond in die storie..Excuse me while i go vomit. Disgusting.

Estelle ·

Stem absoluut saam. Dit is ongelooflik hartseer! Lees almal die stuk mis dat hy van roekelose en nalatige bestuur wat ongeluk veroorsaak het met sy kind in die voertuig, aangekla word.

Tanya ·

Die kind se gesig is op facebook hou wil beskerm daai n mooi foto op van die blonde dongertjie

Warrenton bewoner ·

Die pa het nie roekeloos bestuur nie, maar is deur plaaslike boere van die pad afgedwing.

Iemand besef dit ·

Ek is so bly iemand besef dit. Hy is van die pad af probeer druk. Hyt alles in sy mag gedoen om op die pad te bly. As iemand my so agterna sit terwyl ek nie weet die wêreld is op my spoor nie sal ek ook op die pad probeer bly en vir niemand aftrek nie, veral nie met my kind/kinders in die kar nie.

Mag die waarheid seevier ·

Waarheid ja – en die kere wat hy nog nie bewus was daarvan dat hy agterna gesit is nie – kere wat boere wat op sy spoor was inroep dat hy 180km/h plus gery het met daardie kind in die bakkie? Seker nie roekeloos nie? Seker baie veilig met n 5 jarige kind sonder n stoeltjie op die voorste sitplek van n single cab bakie? EN as jy so vinnig ry om weg te kom – dan weet jy mos jy het iets verkeerd gedoen of verstaan ek verkeerd?

Estelle ·

Die boere het reageer en opgetree met inligting tot hul beskikking. Dat ñ dogtertjie ontvoer is. Geen ander inligting was bekend nie. Het hulle niks gedoen nie, was hul weer lamsakkig en nutteloos.

So hartseer dat die enigste verloorder hier weereens die kind is. Maak nie saak wie skuldig is hier nie, pa of ma, die kind kry swaar.

Wens ·

Ek wens my kinders se pa kon hulle bederf het, al was dit net vir ‘n naweek. Hy het nooit onderhoud betaal nie of enige iets vir hulle gekoop nie….ek het dit maar gelos. Maar my kinders…hulle is soms deur hulle pa belowe hy sal hulle kom haal. Dan het die bloedjies gewag en gewag en hy het nie opgedaag nie en nooit ‘n verskoning gegee nie. Die afwesigheid van ‘n pa het ‘n baie groot leemte in hulle mans word gelaat. Skade wat nooit sal herstel nie. Ek kan maar net wens mense gee meer om…veral wat hulle kinders aan betref. Wat is die beste vir die kind…

Mag die waarheid seevier ·

Dalk moet almal net die waarheid ook hoor… hierdie is sover die berig wat die naaste aan die waarheid is:

https://mobserver.co.za/91316/custody-battle-leads-allegations-abduction/

Dont assume you know the full truth… on n keyboard warrior te wees gaan niks vermag nie.

Miskien moet jy wonder hoekom hierdie pa nie sy kind mag sien sonder toesig van n maatskaplike werker nie.

Miskien moet jy wonder hoekom hy haar gegryp het en die deur toegegooi het terwyl sy gillend skree dat haar ma haar moet help.

Miskien moet jy wonder hoekom hierdie ma so reageer het. Was sy dalk net bang vir haar kind se veiligheid? Het sy dalk heeltyd gewonder wat hy aan haar kind gaan doen na hy al vir haar gese het.. “as ek haar nie Kan kry NIE sal jy haar ook nooit weer kry nie?”

Miskien moet jy net 2 x dink voor jy jou mond oopmaak.

Just a point ·

Hoekom het dit 3 dae gevat om die ma se story te hoor?

Koos ·

Hoekom ry hy van middelburg af Christiana langs Kaapstad toe? Dis ‘n BAIE groot draai. Daardie vermorsde petrolgeld kon hy eerder op onderhoud uitgegee het.

Hannes Venter ·

Ouers is gewoonlik die grootste kinders tydens en na egskeidings

Francois ·

Die swakheid en teleurstelling wat beide julle as ‘n ewige “memory” in daai kind nalaat maak beide van julle onbevoegde ouers. Dis ‘n skande om die minste te sê.

Mag die waarheid seevier ·

Stem nie heelteal saam met ‘onbevoeg’ nie – veral nie as jy verwys na beide partye nie. Dalk moet jy eers hulle leerken voor jy oordeel – dan sal jy weet wie is onbevoeg.

Just saying ·

As ek so lees wil dit vir my voorkom “mag die waarheid seevier” is die ma… just saying, desperaat as jy jouself op media kommentaar probeer verdedig

Bietjie baie ·

…en die hartseer is, die kind is in die middle van alles. Sy word emosioneel uitmekaar geskeur. Die ouers doen baie meer skade as wat hulle besef.
Arme kind.

Roos ·

Dis so onregverdig die ma’s gebruik die kids as speelballe en die pa^s het geen regte.Die wet net aan die vrou se kant

Heksie ·

Dit baie al gesien, “he said, she said” en wat die Hofbevel en Skikkingsakte eintlik beveel … Om kinders as pione te gebruik is ‘n sonde!
Ek hoop hierdie mense kan hul sake agtermekaar kry vir die klein mensie se onthalwe, want sy verdien nie om so groot te word nie!

#StaanSterkMamma ·

Liewe Just Saying! Die ma weet nie wie “mag die waarheid seevier” is nie, maar sy het ‘n vermoede! En ek dink dis hoogtyd dat iemand vir die mamma opstaan! Sosiale media is gif en as ek al die comments lees begin hou ek alhoe minder van mense! Oordeel en gooi klippe sonder die regte waarheid terwyl die mamma stilbly omdat sy in die beste belange van haar dogtertjie wil optree. Ek het nooit besef hoe vol haat ons land se mense is nie.. almal het net nog ‘n leliker ding oor die volgende te sê. Klink maar vir my ”desperaat” ( soos jy dit stel “Just saying” ) as mens iemand anders moet afbreek net om jou two cents worth te kry. Dis maklik om die mamma te blameer na al die leuens wat versprei is! Onthou net “leë blikke maak die meeste geraas”!! Staan sterk mamma… die waarheid sal seevier!!

Just saying ·

Al wat ek probeer sê, is dat die persoon – wie dit ookal is, ń eye witness moes wees want hulle gee baie gedetailde inligting deur wat niemand sal weet as hulle nie fisies daar was nie. Tog is die pa nie aangekla nie, in die tronk gesit die naweek waar die dogtertjie tyd saam hom en haar oupa en ouma kon spandeer maar eerder deur helse trauma gegaan… ek sou persoonlik ook gejaag het as mense my van die pad af wou druk, in vandag se day and age is 99% van die gevalle n attemted highjack of iets in daardie lyn….. ek wens my kinders se pa wou die moeite doen… just saying

Pandora ·

‘n Mens het lisensies nodig vir alles, hoekom nie ook om kinders te kry nie?
Kon nog nooit verstaan hoekom mense kinders kry in die eerste plek nie.

Elrou ·

Dit is so hartseer eintlik, dat twee stupid groot mense n kind gebruik om n punt te bewys.
En nog erger is die feit dat sy die polisie betrek het. Is dit nie maar ook n pa se reg om tyd saam met sy kind te spandeer nie. Is n meisiekind nie maar eintlik haar pa se oog appel nie. As hulle mekaar nie wil he nie is dit nie te se die kind moet ook in twee geskeur word nie.
Ja ek stem n dogter behoort by haar ma, maar ek staan ook agter die pa.
Ek hoop tog die hof is redelik en vat nie net die ma se kant nie…Ek stem die pa was roekeloos en het nou n dom ding gedoen, maar party pa’s voel partykeer so vas gedruk deur n vrou dat hulle nie altyd reguit dink nie.

eks ·

Die arme, arme dogtertjie…dis al wat ek kan sê. Ek was self in so situasie met my man en sy eks. Sodra hy nie onderhoud kon verhoog nie en ons medies waarop hulle ook was moes kanselleer, toe is hy die slegste pa op aarde. Sy het die kinders so geïndoktrineer dat hul nie eers meer wou kom kuier nie. Al wat ek kan sien is n kindjie wat by albei wil wees en lief is vir albei. Hoe kies ‘n kind? Arme kind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.