“Drie kinders het met ʼn speelgoedgeweer gespeel waarna die 10-jarige seun sy pa se vuurwapen onder die matras uitgehaal het,” het sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, gesê. Volgens Molale het daar kort hierna ʼn skoot afgegaan en die negejarige seun is noodlottig gewond.
Molale het gesê die voorval het Vrydagmiddag omstreeks 16:00 plaasgevind. ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen en die 10-jarige seun se pa is in hegtenis geneem. Volgens Molale sal die 53-jarige pa Maandag in die Stilfontein-landdroshof verskyn op aanklag dat hy die Vuurwapenbeheerwet oortree het deur nie sy vuurwapens in ʼn kluis toe te sluit nie.
Molale het gesê die 10-jarige seun word intussen deur maatskaplike werkers geëvalueer. Hy kon nie ontken of bevestig dat die polisie ook ʼn saak van moord gaan ondersoek nie.
Die regering se skuld dat mense met wapens onder hul beddens slaap. Die regering in SA vermoor ons op elk denkbare manier.
Ek is verskriklik jammer vir hierdie twee kinders se ouers en die kind wat moet groot raak en weet hy het maatjie geskied omdat ons nie Leiers in ons land het nie.
Na regte behoord hulle die sogemaande hoof leier ook te arresteer
Ek voel baie jammer vir almal hier betrokke, maar ‘n mens moet ten alle tye in beheer wees van jou vuurwapen, of dit moet in ‘n kluis toegesluit wees. Dit help nie om die regering te blameer nie. Dis uiters onverantwoordelik om ‘n vuurwapen te los waar kinders, of erger nog, skelms, dit in die hande kan kry. As jy ‘n lisensie het, het jy die opleiding daaroor gekry. Die reg moet maar sy gang gaan. Nou is ‘n onskuldige kind gedood! Dit versleg die saak van verantwoordelike vuurwapeneienaars.
Stem saam wat wetgewing aanbetref, met inbraak is die kluis die eerste ding wat getarget word, voel jammer vir die kinders.