ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy eenjarige kind vermoor het deur haar aan die brand te steek, het Dinsdag in die Mhala-landdroshof in Mpumalanga verskyn.
“Jabulani Masinga (36) staan tereg op aanklag van moord en poging tot moord nadat hy verlede maand glo petrol oor die babadogtertjie en haar ma uitgegooi voor hy hulle aan die brand gesteek het,” het brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, gesê.
Masinga en sy 35-jarige vrou het glo gestry voordat hy met ʼn 5 liter-kannetjie petrol teruggekeer het. Die baba was aan die vrou se rug vasgemaak toe hy hulle aan die brand gesteek het.
“Ma en baba is met ernstige brandwonde na ʼn hospitaal gehaas, maar die kind het net na haar aankoms by die hospitaal gesterf,” het Mohlala bygevoeg. “Die ma veg steeds om haar lewe in die hospitaal.”
Die saak is uitgestel tot volgende week Dinsdag.
Vuilgoed!!!!!! Hoe kan n mens dit aan jou vrou en so n ou klein kindjie doen. Goeiste, selfs die doodstraf is te n maklike uitkoms vir die vuilgoed.