Pa in hof oor beweerde seksdade met seuns

Waarskuwing: Die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy twee van sy vier minderjarige kinders na bewering oor ʼn tydperk verskeie kere verkrag, seksueel aangerand en glo pornografiese video’s van dié voorvalle gemaak het, het Woensdag in die Modimolle-streekshof verskyn.

Die pa se naam mag nie genoem word nie om die identiteit van sy kinders te beskerm. Die pa staan tereg op 14 aanklagte wat twee aanklagte van verkragting, asook seksuele aanranding, sameswering tot ʼn seksuele oortreding, seksuele uitbuiting van ʼn kind, kinderverwaarlosing en aanranding insluit.

Die beweerde seksuele aanrandings het glo aan die lig gekom nadat die egpaar se kinders in 2012 deur maatskaplike werkers uit hul sorg verwyder is.

Maroela Media verneem die beweerde seksuele aanrandings het aan die lig gekom toe een van die seuns in pleegsorg geplaas is en in 2015, toe hy ses jaar oud was, vir sy pleegma daarvan vertel het.

Die presiese datums en tydperk waarin die beweerde oortredings plaasgevind het, is nie bekend nie. Volgens ʼn bron na aan die saak het die egpaar in hierdie tyd rondgetrek tussen die Modimolle- en Bela-Bela-omgewings en dit is waar die oortredings plaasgevind het.

Volgens die klagstaat voer die staat aan dat die pa die seun, nou agt jaar oud, en sy broer, nou nege jaar oud, gedwing het om seksdade met hom en mekaar uit te voer. Daar was glo met tye ook ʼn tweede onbekende volwasse man betrokke. Die staat voer ook aan dat die beskuldigde van ʼn tweede onbekende man geld ontvang het in ruil vir seksdade met een van die seuns. Die pa word ook daarvan beskuldig dat hy video’s gemaak het tydens die beweerde seksuele aanrandings.

Die staat beweer ook die pa het die kinders opdrag gegee om voor ʼn ander onbekende volwasse man uit te trek en dat hy een van die seuns glo met die vuis geslaan het.

Die beskuldigde het op 28 Junie 2017 vir die eerste keer in die hof verskyn waarna hy op ʼn waarskuwing vrygelaat is. Hy het Woensdag saam met sy vrou, die kinders se ma, die hofverrigtinge bygewoon. Daar is tot op hede nog geen aanklagte teen die kinders se ma aanhangig gemaak nie.

Die beskuldigde se regsverteenwoordiger het tydens die hofverrigtinge aan die hof gesê dat hy nie in ʼn posisie is om voort te gaan met die saak nie omdat die beskuldigde nie hul finansiële ooreenkoms nagekom het nie.

Landdros Peter Manthata was duidelik glad nie beïndruk hiermee nie en het die regsverteenwoordiger voor stok gekry omdat daar verwag is dat die verdediging vandag gereed sou wees om met die verhoor voort te gaan. Die regsverteenwoordiger het aangevoer hy het vroeër vandeesmaand ʼn brief aan die staat gestuur om hulle van sy posisie in te lig.

Die staat het daarna ook aan die hof gesê dat daar sedert die beskuldigde se vorige verskyning nog aanklagte by die klagstaat gevoeg is, maar dat die beskuldigde se regsverteenwoordiger nie hiervan ingelig is nie omdat hy toe reeds aangedui het dat hy nie met die saak sal voortgaan nie.

Manthata het gesê in die lig hiervan is dit nie vir die hof moontlik om te beslis dat die verhoor moet voortgaan nie. Die beskuldigde het daarna aangedui dat hy om regshulp wil aansoek doen.

Hy moet op 22 Februarie weer in die hof verskyn. Manthata het die beskuldigde gewaarsku dat hy nie met die twee kinders in die saak of enige van die staat se getuies mag kontak maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Wonder maar ·

Mag die man wat so iets doen se sleutels wegvraak as hof hom ooit gaan skuldig bevind en vonnis

Adele ·

Die hof en maatskaplike werrkers vat nie kanse met sulke monsters nie. Dis nou nie weer ons regstelsel se skuld dat die man demone huisves en sy vrou sy handjie vashou nie!

Bekommerd ·

Hoop dat geregtigheid sal geskied. Die arme kinders moet die letsels dra vir die res van hulle lewens. Dis nie reg nie!!!!

marous ·

Samel asb vir die prokureur geld in julle . Dan kan die man in sy sorg gelaat word en sommer by hom aan huis bly terwyl hulle voorberei vir die saak. Ek is seker daar is baie wat sal bydrae hiervoor.

Adele ·

Ek hoop jy is sarkasties?? Die saak teen hom sal nie laat vaar word as hy nie regshulp het nie. Ek sal ook nie so ding wil verdedig nie.

Leeu ·

Die prokureur doen ook net sy werk, met sulke gevalle is dit 99% wat die staat aanstel. Moenie die fout gaan soek by die prokureur nie.

Amelia ·

Hoe op AARDE loop hy dan nog buite rond???????
of lees ek erens iets mis?

Simpatie ·

Wil iemand my nie n welsynwerkster se nr gee of adres in Bloem waar ek 2 dogterjies se storie kan gaan vertel. Miskien word die kinders so iets gespaar. Daar is mense wat weet maar ek voel hulle gee nie om. HELP

Tania Heyns ·

Dagsê Simpatie

Dankie vir jou kommentaar. Maroela Media sal ‘n privaat e-pos aan jou stuur.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Blommie ·

Die geestelike letsels op kinders wat gemolesteer word is vir ewig. Glo my ek het 2 aangenome kleinkinders wat deur so iets is. LIEFDE LIEFDE EN NOGMAALS LIEFDE help baie om dit makliker te maak.

Sunet ·

BESTE van als is die kinders se MA dag saam met hom by die hoef op, wat se dat sy saam met hom staan. Hulle EIE MA….dit is siek. Sluit haar ook toe…

E.K. die eerste ·

SIEK verby. Jaar het skaars begin en dis alweer net moord, doodslag, verkragting, molestering… maak my naar. As mense iets vermoed – asb mense MELD dit aan. Wees liewer verkeerd maar moenie niks doen nie!!

Go Purple ·

Gaan soek ook die Go Purple foundation op. Hulle kan defnitief help met die 2 dogtertjies.

Pop ·

Simpatie asb , groot asb gaan vertel die polisie. Vertel enigeen. Maar meld dit asb aan. Elke dag wat jy dit nie doen nie gaan dinge net aan.

Daleen ·

Ai toggie!!! Daardie kinders, dis hartseer! Wat gaan aan in Modimolle? Bly daar dan nou nét monsters?

Pa van twee ·

n Monster het my twee jong dogters(ouderdom 6 en 8) ook gemolesteer. Die vark is onskuldig bevind as gevolg van die volgende: 1. Kinders was deurmekaar ondervra deur sy regsverteenwoordigers ( n Advokaat SC en top prokureur, 2. Die staat wat nie n duiwel omgegee het nie, 3 Die staat wat geensins van die forensiese getuienis aangebied het as bewysstukke nie en 4. die vark het baie geld wat sy regsverteenwoordigers kon bekostig het. Dit spyt my om die volgende te uiter – maar varke kom los met sulke sake,want as die kinders nog jonk is, is dit nog makliker, want presiese datums, chronologiese gebeure en verwarrende vrae vanaf die verdedings-prokureurs maak dit onmoontlik dat daar “bo redelike twyfel” bewys kan word. Ons as ouers het alle vertroue in die ons regstelsel verloor – met die saak hoop en bid ek maar net dat dit nie dieselfde geval as ons s’n gaan wees nie. Sterkte aan die kinders.

CHRISTA ·

Sy baie geld kan hom dalk NOU laat wegkom, maar hy moet net weet die oordeel hierna is BAIE ERGER en DAAR is GEEN wegkomkans nie!! En dis VIR EWIG!! (As hy besef hoe lank DIT is)!!!

paul ·

Sorry uhm waarskuwing???!!!! Ons land se regssisteem werk nie eks jammer maar ds n blerrie gemors man ons moet soos in indie en Afghanistan maak en die mans die doodstraf gee

Chilli ·

Nou wat maak die man nog op straat??? Moes hy nie al lankal iemand se wyf geword het in die tronk nie??? Liewe hemel, kan die gereg nie vir hulself dink nie. Maar dis net nog n kind of 2..mens vee mos die verlede uit en maak of niks fout was nie. Dan funksioeneer volwassenes met letsels in so n mate dat hul nie n normale, geballansseerde lewe kan lei nie.

Elise ·

Dis net dat doodstraf met so n saak die ideale straf sou gewees het vir hierdie soort van misdaad. Veral in die lig dag die seuns nog so bitterlik jonk en klein is! Hoop regtig dat hierdie saak die nodigste aandag sal kry en dat daar nie net peanuts van gaan kom nie!

Elise ·

*Dis net dat doodstraf met so n saak die ideale straf sou gewees het vir hierdie soort van misdaad. Veral in die lig dag die seuns nog so bitterlik jonk en klein is! Hoop regtig dat hierdie saak die nodigste aandag sal kry en dat daar nie net peanuts van gaan kom nie!

Lion ·

Asb stel my as regter aan ek sal die pedofiele laat uitroei in ons land!!!!!!!!!!!!!!!!!

Gebroke hart ·

Simpatie doen asb iets omtrent dit. Ons was uit my ouers se sorg geneem en in ‘n kinderhuis geplaas omdat hulle destyds finansieel nie na ons kon omsien nie. My jongste suster was 5 toe is sy in pleegsorg by n maatskaplike werkster geplaas. Ek kon nooit verstaan dat wanneer ons vir haar gaan kuier het wou die pleegma en pa altyd altyd in die omtrek wees. Eers jare later het my sus vertel dat die pleegpa haar verkrag het oor ‘n tydperk van 3 jaar. Sy het haar pleegma daarvan vertel maar die het net gese sy moet ophou stories aandra. Hulle het haar toe weer terug kinderhuis toe getuur omdat hulle se sy het dit moeilik geneem om aan te pas. Die maatskaplike werkster en har man bly nou in Balito en ek sidder om te dink wat hy aan nog ander gedoen het. Ek dink net die vrou was bewus daarvan en het net weggekyk. Dit pla my nou al 22 jaar en eet my op. Ek het nooit geweet waarheen om te gaan om hulle aan te kla nie. Wie gaan nou ‘n 8jare dogter glo? Wie kan my help met dit. Dalk is die saak van Simpatie op my pad geplaas sodat ek of my sister kan praat.

Alida 2 ·

Ek sit in ongeloof met trane in die oë.
Die seuntjies was maar 3-4jr toe hulle uit die ouerhuis vewyder is. Drie jaar later praat enetjie in pleegsorg daarvan en nou 3 jaar later loop die Pa nog vry rond en niks het gebeur nie.
Ek verstaan die trant waarteen goed gebeur gladnie.
Hoe moet die seuntjies na soveel jare (en hulle was bitter klein) nou nog getuig?

Pa van twee ·

Dit is net so, en dit is waar die Pa onskuldig gaan kom. Dit is die maklikste ding om n kind onder kruisverhoor te neem, en heeltemal deurmekaar te maak. Uitspraak – Onskuldig. Skuld kan nie bo redelike twyfel bewys word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.