Pa in hof oor dogter se verkragting

Argieffoto (Foto: Josh Hild/Pexels)

ʼn 38-jarige man, wat daarvan beskuldig word dat hy sy 12-jarige dogter verkrag het, se aansoek om borgtog is in die Klerksdorp-landdroshof van die hand gewys.

Die man word daarvan verdink dat hy sy dogter by hul huis in Jouberton naby Klerksdorp in Noordwes verkrag het. Die saak is tot 23 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die eerste verkragting het glo op 31 Mei 2021 plaasgevind toe die pa sy dogter aangesê het om haar klere uit te trek voor hy seksuele dade met haar gepleeg het. Hy het haar glo die volgende dag weer verkrag.

Die beskuldigde is op parool vrygelaat ná hy in 2008 aan ʼn soortgelyke oortreding skuldig bevind is. Hy is in 2016 vrygelaat op parool en sy parool sou op 23 Desember 2023 tot ʼn einde gekom het, het Mamothame bygevoeg.

“Die kind het die verkragting by haar ouma aan haar ma se kant aangemeld. Die familie het die saak by die polisie aangemeld. Die kind het by haar pa gebly ná haar ma se afsterwe.”

Die man bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DIABLO ·

Wanneer gaan die wêreld leer dat verkragting nie reabiliteerbaar is nie??? Retoriese vraag…

Belinda ·

dis plainweg siek om te verkrag, wat nog van as dit jou eie is.

Dahlia ·

Die man het ‘n afwyking en sal nooit regkom nie. Slegs medikasie sal help maar wie gaan dit monitor? Hou hom liewer in die tronk weg van die gemeenskap af.
Vir altyd.

Sarel ·

Wie het hom uitgelaat op Parool en hetenig met sy gesin.
Daai persone moet ook van nalatigheid asngekla word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.