’n Man (54) sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof op Cofimvaba in die Oos-Kaap verskyn nadat hy na bewering sy vierjarige dogtertjie verkrag het.
Kapt. Namhla Mdleleni, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die beweerde verkragting het Sondag op ’n plaas in die omgewing plaasgevind.
Volgens Mdleleni het die kind se ma Sondagoggend vroeg opgestaan om in die tuin te gaan werk. Sy het die egpaar se slapende kind in die sorg van haar man gelaat wat in dié stadium ook nog geslaap het.
Die dogtertjie wou nie dat haar ma haar was toe sy by huis terugkom nie. Die ma het die kind hieroor uitgevra waarna die dogtertjie haar vertel het wat gebeur het.
Die saak is by die polisie aangemeld en die pa is op aanklagte van verkragting in hegtenis geneem.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Jis ou jy’s siek in jou kop! Hoe doen iemand so iets aan ‘n kind? Hierdie wêreld is siek regtig. Daai dogter se hele lewe is opgevoeter deur die siek man
Dit is erg genoeg as ‘n volwasse vrou verkrag word wat staan nog ‘n 4 jarige kind en dit deur iemand op wie sy veronderstel is om te vertrou.Hy her mos ‘n vrou vir daai doeleindes.
Dit is siek. Wat gaan deur so ‘n man se kop? Hofsaak is nie eens nodig nie. Daar is geen verskoning vir dit nie. Gooi hom in tronk en sleutel in die see.