Pa in hof oor naakfoto’s van tweeling

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

ʼn 44-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy pornografiese materiaal van sy agtjarige tweelingdogters versprei het, verskyn Vrydag weer in die Port Elizabeth-landdroshof.

Die man van Lorraine in Port Elizabeth se naam mag nie genoem word nie om die identiteit van sy kinders te beskerm.

Hy staan tereg op drie aanklagte wat verband hou met die vervaardiging, verspreiding en besit van kinderpornografie. Volgens die klagstaat het hy naakfoto’s van sy dogters geneem en dit op die internet versprei. Daar is na bewering ook baba- en kinderpornografie op sy skootrekenaar gevind.

Die man is in November 2016 deur die SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe vasgetrek. Hy is tans uit op borgtog van R10 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Erica ·

Hartseer, Harteloos, Onmenslik!!!
Hy moet Lank Tronk toe gaan!! Die SA Welsyn is ook hopeloos. Ek het verkeie kere ‘n Saak by hul aangemeld en tot vandag (3jr later) en daar is NIKS NIKS aan gedoen nie!!!
Die Hele Land se Stelsel en Regs Stelsel vaal al Ons Vrouens en Kinders. Vrouens & Kinders val Alle Rasse!!!!
Ons is die Moeders en Toekoms van Die Land, ons baar die Toekomstige Leiers van RSA & Afrika – Eintlik die Held Wêreld ???

Liberaal ·

Die man is vrygelaat om sy demokraties liberale vryheit uit te leef teen ‘n bekostigbare R10 000. Linkse waardes gee nie om oor die kinders nie, solank die man se regte ten volle beskerm word is linkses baie gelukkig.

DAVID ·

sluit hom toe en gooi weg die sleutel,ons regstelsel faal die publiek

apie ·

Die regering kan nie die funksies verskaf waarvoor hulle betaal word nie. Mens hoop Sanksies word ingestel. Geen kind, geen mens, verdien die geweld wat vandag algemeen geword het in hierdie land nie. elke burger het die taak om sy man te staan en hierdie dinge uit te roei

Bloemfontein ·

EK het self net nou die dag iets gaan aanmeld en daar word niks aan uitgerig. Maar oor ‘n paar maande lees jy van voorvalle soortgelyk aan Poppie en die Huis van Greuwels en dan spring almal wakker, Welsyn inkluis, en se dat mense sulke goed aan hulle moet oordra, en dan word die lang trane kastig gehuil

Sue ·

My brein slaan bolmakiesie as ek sulke goed lees. Dit is absurd om so n mens enige verdere vryheid te bied. Ek meen, REGTIG??? BABA PORNOGRAFIE??? En neem sy eie bloed en vlees af en verneder hulle en neem hul onskuld weg. Aggf nee wat, mense regte maak my siek man. Ek bly self in n stad waar daar n ONVERVOLGDE kinder molesteerder woon. Ek het n hele bekentenis waar hy erken wat hy met n 5jarige dogtertjie gedoen het en raai wat, NIKS MAAR NIKS het daarvan gekom nie. Niks. Dis al 2 of 3 jaar later en die man loop rond bree bors want hys mos nou n MAN!

Aggg wat is die use, mens raak betrokke, jy maak jouself mal in die kop, jy slaap nie in die nag nie en op die ou uiteinde is dit net so goed jy het net “anderkant” gekyk. Die eind resultaat is presies dieselfde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.