Pa in hof oor porno van sy tweelingdogters

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 44-jarige man het Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklag dat hy pornografie versprei het van sy agtjarige tweelingdogters.

Die man, van Lorraine in Port Elizabeth, se vrou was ook in die hof. Sy naam kan nie bekend gemaak word nie, om die identiteit van sy kinders te beskerm.

Hy staan tereg op drie aanklagte wat verband hou met die vervaardiging, verspreiding en besit van kinderpornografie wat onder ʼn skedule 5-oortreding val.

Hy is in November 2016 deur die gesinsgeweld-eenheid in hegtenis geneem.

Volgens die klagstaat het hy glo foto’s geneem waarin sy dogters seksueel uitgebuit word en hy het kaal foto’s van hulle aanlyn versprei. Hy staan ook tereg op aanklag van die besit van kinder- en babapornografie op sy skootrekenaar.

Hy het geen vorige skuldigbevindings of hangende sake teen hom nie en is tans vry op borgtog van R10 000.

Die saak is uitgestel, aangesien die staat vir ʼn rekenaarverslag wag. Hy moet na verwagting op 9 Maart weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Annemarie ·

Dis skreeu ten Hemele…!!! Hoe kan ñ pa dit aan sy dogters doen??? Dis siek!! Hy het absoluut geen idee wat die impak van sy walglike daad op sy dogters se toekoms het nie! Daar is soveel gebrokenheid in hierdie wêreld….

Net n ma ·

Ja ek stem. Wat maak mens met so n man wat homself n pa noem

Jacqualene van zyl ·

My oë vol trane kan ek as ma van twee kinders en vrou nie glo wat ek nou lees. Borgtog kan ek eers nie glo op so ‘n vuil daad op sy twee dogters en dan nog in die besit van babapornografie! Wat sal nog met ons mensdom foutgaan. Hoe sit jy daardie kinderhartjies weer aanmekaar nou blootgestel aan onsedelike “grootmens” dinge. Vroue en kinderregte die ewige stryd. Wanneer gaan dit stop! Wanneer sal vroue of kinder liggame met respek hanteer word en dit kinders wat nie eers weet hoekom en waarom hul ” pappa” dit doen! Nee op staat beslis nie en skuldig lewenslank beslis!

Willem ·

Kan ek asb sy borg betaal met die voorwaarde dat hy in my sorg bly ‘he will se the error of his ways’ met optegte berou

JPRE ·

GEEN kind verdien om hierdeur te gaan nie. Wat my stomslaan is n pa wat sy eie dogters se onskuld neem. Daardie man gaan nie ophou nie. Sulke mense moet nie eers opsie kry vir borg nie. Maar natuurlik gaan hy n groter gevaar wees. As hy sy eie kinders hieraan kon blootstel en dan ook nogbabapornografie geniet is dit is skrikwekkend om te dink waartoe die man nog instaat kan wees. Die herstel pad is so lank na sulke trauma, dis n lewenslange herstel vir slagoffers en dis n pyn wat net slagoffers verstaan. Ek ken dit, sit al 34 jaar met dit. Wens mense wil die vuilgedagtes uit hulle kry. Kinders is nie maak vir seksdade nie!!!!!!!!!

RF ·

Selfs die foto wat julle ter illustrasie by die berig gebruik, is ontstellend…

Elize ·

So n man is nie die naam pa werd nie.en hy versien die doodstraf. Die ma ook. Ons samelewing het erg siek geraak en dit alles vir geld. Sies.

snuffels ·

Dit is hoekom sommige gekeemskappe “mob justice” toe pas, want dit is net onaanvaarbaar….maar dis aanvaarbaar dat hy borg kry! Hoop maar “justice” gaan geskiet.

Bossie ·

JPRE, mens herstel nie. Nie eens lewenslank nie. Daardie skade is blywend en die seer bly vir ewig rou. Geen hof op aarde is bevoeg om kindermolesteerders te straf nie. Die aardse straf sal nooit te swaar wees nie. God sal hul Regter wees…

nhk ·

Die som kan ek nie doen nie. Is die skade net 10 000,00. wat hy aangerig het?? Is die skade gelykstaande aan n eerste oortreder? Skokkend

J ·

Baie jare terug in Pta was hier ook n pa wat sy dogter gemolesteer het. Hy dink nog hy gaan haar weer molesteer en sy was reg vir hom sy het meneer afgesny. Pa is hospitaal toe gejaag. MM sal graag weet wat het daarna gebeur vind uit vir ons asb.

G ·

R1000 borgtog? Watse tipe mens staan dit toe? En hoe de duiwel kry ‘n pa dit reg om so afskuwelik op te tree teenoor sy eie dogters, of enige kind for that matter?

SNEL ·

Drama drama en nogmaals drama, maak oop jou oë, 5de parafraaf sê mos dat daar foto’s is waar hulle seksueel uitgebuit word. Ek kan nie dink dat jy dink dit is reg nie, of selfs dit goedpraat nie. Skokkend, jou kommentaar en die berig.

Meisie ·

drama drama, jy is net so siek soos die pa in die berig. Indien nie nog sieker nie!

Geskok ·

MY SWAK HART……. Hoe kan n pa dit aan sy eie kinders doen

Berhalet Beukes ·

Sulke perversiteit verdien niks minder as die doodstraf nie. Dit is afskuwelik!

Blienkie ·

Die is die nagevolge van porn kyk, soos baie mense se – dis normaal, elke man kyk porn. Maar dit is nie waar dit stop nie, jy soek meer en meer, soveel dat jy gladnie omgee om die naaste aan jou seer te maak vir nog porn nie. Dit is soos n verterende kanker wat jou siel opvreet en jou logika vernietig, jou mens wees oorheers. Die maklikste vir hom was sy 2 prag dogters want hy is al so siek dat hy gedink het dis reg. Porn is die skuld hiervan, porn is die skuld van gebreekte huwelike, selfmoird en so kan ek aanhou en aanhou skryf oor die verterende walglike siekte.

manda ·

blienkie nee wat jammer maar ek kan nie dronk bestuur iemand dood ry en drank blameer nie nope werk nie so nie so nee dis nie porn se skuld nie hy is n grootmens en hy het keuses gemaak om sy kinders leed aan te doen hy en hy alleen is skuldig aan die daad nie porn nie. baba porn wat !!!!!!!!!!!!!! ?????????????????? wie doen dit neeeeee neeeeee neeeeeeeeee

Bossie ·

JPRE, mens herstel nooit. Daardie seer bly lewenslank rou en raak by tye septies. Maar dit raak NOOIT gesond nie. Dit is net die menslike natuur om nie te vergeet nie. Geen hof op aarde se straf is goed genoeg vir hierdie veragtelike daad nie. Die enigste troos is dat God nie slaap nie. HY sal hul Regter wees want HY is ‘n regverdige God. Ek bid vir hierdie arme kindertjies….

Linda ·

Die Pa is nie reg wys nie regtig jou eie dogtertjies ???????

Albei skuldig ·

Albei ouers is skuldig en enige een wat vir die Ma opkom. Daar is geen manier dat sy nie hiervan geweet het nie, julle is nie die naam van ouers werd nie. Daar is soveel mense wat hul hele lewe sou gee om jul 2 dogtertjies te hê, vir hulle die lewe van ‘n kind offer sonder hierdie siek listigheid van julle!!!! Dit gebeur elke dag meer en meer, die doodstraf moet terugkom, werklik Mense regte komissie, hoe kan jul nie kinders se reg beskerm nie, maar wel misdadigers. Hoe kan hierdie man uit op borg wees, dit is nie in belang van geregtigheid, elke bewysstuk wat hy vernietig en elke kind wat hy hierna verkrag / afneem is op jul gewete Mnr die regter en verdediging.

MR ·

Daar is nie erg genoeg strafwette in ons land nie. Rerig. ‘n Dogter kyk op na haar pa. Mans wat sulke goed aan hulle kinders doen moet bitter erg gestraf word. Die sielkundige skade wat agterbly volg jou lewenslank, glo my ek weet!

Susan ·

SIEK SIEK SIEK….,..,,, Mag die Hemelse Vader se Koms gou wees. Hierdie wêreld raak alhoemeer SIEKER ???

snoefie ·

is porn wettig in SA? as ek dink aan alles wat net wettig op Google te vind is, glo ek dit is. my vraag is dus, kan dieselfde mense wat pornografie gewettig het, mense in besit van baba en kinder porn vervolg? hoe kan een lot wettig wees en die ander, siek en pervers soos dit is, nie? die hele konsep van baba en kinderporn is walglik en sielsdodend. mag ek dit tog nooit nooit per ongeluk sien nie.

HOENOU ·

Dis net flippen siek – en ek het in daardie omgewing gebly??? Wat gaan aan met mense – selfs vroue deesdae wat hul kinders dit aandoen? Ek moet so mens bykom ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.