Pa in hof vir seun se moord

Jacques Ferreira (Foto: Verskaf)

’n Man van Benoni aan die Oos-Rand het vandeesweek in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met die moord op sy volwasse seun.

Allen Ferreira is in hegtenis geneem kort nadat sy seun Jacques Ferreira (42) Sondagoggend op die perseel waar pa én seun woon, doodgeskiet is.

Jacqui de Klerk, ’n goeie vriendin van Jacques, sê daar was na bewering die betrokke oggend ’n woordewisseling tussen Allen en Jacques.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê egter die motief vir die moord is in dié stadium nog onbekend.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

Volgens Makhubele is die saak tot 9 April uitgestel vir verdere ondersoek.

De Klerk het Vrydagoggend aan Maroela Media gesê Jacques het ten tyde van sy dood by ’n sekerheidsmaatskappy in Edenvale gewerk.

“Hy was ’n wonderlike mens. Hy was een van die min mense vir wie jy dadelik lief geword en geheg aan geraak het … Ek kan nie beskryf watter leemte hy as vriend en kollega laat nie. Hy was die go to guy gewees. Almal het altyd na Jacques toe gehardloop. Hy het altyd almal probeer help.”

Jacques word oorleef deur sy verloofde, drie seuns, ma en suster.

Die familie wou nie vanoggend kommentaar lewer rakende die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Stofdonkie ·

Klink die pa was effe ontsteld en het lyfstraf dalk so bietjie misverstaan.

ES ·

‘n Kort humeuer en ‘n vuurwapen is nie goeie pasmaats nie… om darem jou eie seun te skiet is bietjie woes. Nou moet sy 3 kinders sonder ‘n pa en oupa grootword.

Carina ·

Ek weet van ‘n familie vriend wat persoonlik vir al 3 sy kinders se dood verantwoordelik is. Eers sy dogter wat ‘n diabeet was, en skielik “spuit sy te veel in”. Toe skiet hy sy jongste seun, en nou so 5j terug skiet hy ook sy oudste seun. En wat het geword? Niks, hy loop nog steeds vry rond – is al diep in die 80j oud. In ons kinderjare was daar al stories dat hy ook verantwoordelik was vir sy vrou se dood toe sy kinders nog baie jonk was. So wat gaan van begenoemde saak word wonder ek.

JM ·

Hoe skiet ‘n pa sy seun dood? Dit gaan ‘n mens se verstand te bowe. Dit wil voorkom asof alles deesdae deur die loop van ‘n geweer opgelos moet word.

Excalibur ·

Solank ons menseregte die regstelsel oorskadu en daar GEEN werklike geregverdigde afskrikmiddel as straf bestaan nie is die RSA uitgelewer aan ‘n “Cowboy’s & Crooks” beginsel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.