Pa in hof wat kinders aanhou, vasketting

Argieffoto

Argieffoto

‘n 50-jarige man het Maandag in die Alexandra-landdroshof in Johannesburg verskyn nadat hy glo die afgelope agt jaar lank sy vier kinders in ‘n kamer aangehou het.

“Die saak is tot Vrydag uitgestel vir verdere ondersoek en vir die pa om vir sy borgtogaansoek voor te berei,” het kapt. Kym Cloete, woordvoerder van die polisie, Dinsdag gesê. Die pa word van kinderverwaarlosing aangekla. Hy is Vrydag in hegtenis geneem.

Die Daily Sun het Maandag berig die pa, ‘n tuinier, en sy 46-jarige vrou het die afgelope agt jaar lank hul vier kinders in ‘n kamer in die Nobuhle-hostel aangehou. Die hostel is in Alexandra, noord van Johannesburg, geleë.

Die egpaar se oudste seun, ‘n 24-jarige man, is vasgeketting wanneer sy ouers die huis verlaat het. Die kinders is Vrydag vrygelaat nadat die oudste seun daarin kon slaag om te ontsnap. Hy is in ‘n hospitaal opgeneem met kneusmerke aan sy hande en bene.

Die pa beweer hy het sy oudste seun vasgeketting, aangesien laasgenoemde glo geestesongesteld is. “Hy word baie gewelddadig, so ek moes hom vasgeketting in die huis hou,” het die pa glo gesê.

Die pa het glo ook aan die polisie en maatskaplike werkers gesê dat hy sy kinders in die kamer toegesluit het omdat die wêreld “‘n gevaarlike plek is” en hy “bang was hulle word doodgemaak”.

Die kinders is na ‘n plek van veiligheid geneem. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sprietjie ·

Die wêreld is ‘n gevaarlike plek, maar ‘n boosaard soos hierdie man is veel gevaarliker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.