Pa in koma ná rowers hom ‘sewe keer skiet’

André Buitendag. Foto: Verskaf

André Buitendag. Foto: Verskaf

ʼn Pa van Johannesburg is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagoggend tydens ʼn gewapende roof glo minstens sewe keer geskiet is.

Gert Havenga, die stiefpa van André Buitendag (43), het aan Maroela Media gesê sy seun werk vir ʼn veiligheidsmaatskappy wat vragmotors en voertuie wat kontant vanaf spesifieke optelpunte na banke vervoer, vergesel.

Die rooftog het in Van Buurenweg in Bedfordview plaasgevind. Buitendag was saam met ʼn kollega in ʼn voertuig wat ʼn ander voertuig met ʼn groot bedrag kontant vergesel het, toe die voorval gebeur het. Die gewapende rowers het na bewering op Buitendag-hulle se voertuig losgebrand, terwyl hulle die kontant uit die ander voertuig geroof het. Hulle het met ʼn onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan.

“André dra altyd ʼn vuurwapen by hom, maar ons weet nie of hy genoeg tyd gehad het om vuurwapen oor te haal nie,” het Gert gesê. “Sy kollega kon betyds uit die pad kom, maar hy het vermoedelik gesukkel om sy veiligheidsgordel los te kry en is verskeie kere geskiet. Die dokter het probeer om die koeëlwonde in sy lyf te tel, maar hy is nie seker presies hoeveel daar is nie. Ons dink hy is sewe keer gewond.”

Volgens Gert is Buitendag in sy arm, maag, heup en lae rug getref. Hy is tans in ʼn geïnduseerde koma in die Netcare Union-hospitaal in Alberton. “Hy is ʼn diabeet en sy toestand is kritiek,” het Gert gesê. “Hulle kan nie nou die wonde toemaak nie. Hy moet dus nou net vir 48 uur lê totdat hulle hom kan stabiliseer en dan sal hulle weer die wonde verder behandel.”

Gert het gesê Buitendag is die pa van ʼn 13-jarige seun. “Ons het hom nog nie vertel wat gebeur het nie. Dit gaan moeilik wees om vir ʼn kind te vertel sy pa is geskiet,” het hy gesê.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê niemand is al in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van gewapende roof en poging tot moord is aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann Marx ·

Hierdie voorvalle gaan nou begin toeneem….Kersfees is om die draai.

Christine ·

Ek stem Johann, dis tragies maar dit is waar, hoe stop ons dit? Nie almal het wapens om hulle te verdedig nie en wat kan n’ enkele persoon teen n’ magdom doen. Ek bid vir Andre vir volkome genesing!

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Wild West Cowboy country dis ons voorland hulle het in die ou dae treine geroof dit kom al euue lank het iemand a oplossing want my kop is al seer gedink . Andre sterke vir jou en jou famielie

vermeende ·

Christine, dit is nie in ons hand om dit te stop nie dit is hierdie mislukte staat se werk om dit te stop. Die publiek se werk is om te doen waarvoor jy opgelei is en nie polisieman speel nie.

Beatrix Stevens ·

Mag jy gou aansterk”’ om aan jou seun n Pa te wees”’ hierdie Misdade word regtig erg teen hierdie tyd van die jaar…

Sterkte aan almal

jen ·

Jammer maar hier is beslis ‘n anaconda in die gras, my skoonseun werk vir dieselfde maatskappy en is laasjaar November ook so geskiet in Jhb. Is nou verlam en in rolstoel. hy is maar 29. Het ook 2 klein kinders. Polisie het ‘n jaar na hy geskiet is eers verklaring kom vat nadat Beeld ‘n berig daaroor geplaas het. Gaan niks van kom nie, dis beslis iemand binne maatskappy wat al die info gee, want dis net blankes wat geskiet word, hkm is die ander party nie geskiet nie??????

Hannie ·

Ek sien geen toekoms vorentoe vir die jeug van vandag, dit gaan van ‘bad’ to ‘worse’ het self groen korinp op die land.

Winston ·

Sterkte aan die slagoffer van weereens n aanval op n man wat sy werk doen. Die ongelisesieerde wapens word al meer en ons wat wettige lisensie houers is, al meer beperk???? En niemand is al in hegtenis geneem nie want polisie mag is onbevoeg. Ons lees ook nie van alle aanvalle op wittes nie. Baie haal nie die media nie.

Peet Schabort ·

Hierdie en stedelike terrorisme is presies dieselfde waar die verrassingselement in die guns van die aanvaller is.
Maak maar staat op jou 360º visie, jou ander sintuie soos jou honde wanneer jy tuiskom en dan natuurlik jou . . . . en doodeenvoudig moenie gerus raak nie. Hou jou ore en oë OOP. Praat in gesprekke met mekaar wat jy/julle sal doen indien as voorbeeld jou voertuig gaan staan in ‘n gebied waar jy onveilig voel. Jy sal verbaas wees dat daar wel mense is wat nogal baie insiggewende en uitvoerbare praktiese planne het.
Kry vir jou “Sakgids vir Beveiliging” van Dr. Kriek vd Merwe (ISBN 0-620-20957-7)
En ook “Plaasbeveiliging” van Maj. WM Leonard (ISBN 1 86819 051 X)
Die boekies sal jou so slim maak dat die NG Kerk se Belhar- en Gay stories gevaarliker sal wees . . .

SNEL ·

Aarde Jen, dit is vreeslik, verlam op 29 en dit terwyl mens net jou werk doen. Ek hoop regtig André herstel en hou nie letsels oor nie. Erg dat n gesin nou weer so in hartseer gedompel is. Baie sterkte aan die gesin!

Ek hoop Maroela hou ons op hoogte. Wil ook graag wet hoe dit met daardie man gaan wat die gasbottel in sy gesig ontplof het, as Maroela weer iets kan skryf dat ons kan weet.

Oom Koos ·

As hierdie en die derduisende ander soortgelyke aanvalle ons nie leer dat ons geen heil sal ervaar in ons hede of in ons toekoms as ons NIE onsself regeer nie? Enigeen wat ons vryheid vyanddiggesind is, of dit nou politikus, buurman, besigheidsman, priester, onderwyser, Naspersjoernalis, misdadiger, van watter kleur en geur ook al, moet oor dieselfde kam geskeer word. Wat ons moet begryp, is dat as ons voortgaan om die huidige eenheidstaat te aanvaar as absoluut en onverdeelbaar, soos wat die Natte en Kommuniste en Liberaliste eis, het ons slegs een voorland: stelselmatige vernietiging. Ek hoop van harte hy herstel ten volle om daar te wees vir sy gesin en geliefdes en vennote.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.