Pa in rolstoel, seun vermoor

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

’n Vrou het Vrydag in die vroeë oggendure op die lyke van haar 52-jarige man en 23-jarige seun in hul huis in die Zwide-nedersetting in Gqeberha (Port Elizabeth) afgekom.

Mlamli Monakali, ʼn man wat aan ʼn rolstoel gekluister was, en sy seun, Aphiwe, is albei geskiet.

Die polisie is tans op soek na ʼn onbekende aantal gewapende verdagtes en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het die vrou, wie se naam nie bekend is nie, omstreeks 00:30 van ʼn werkskof teruggekeer toe sy die slagoffers se lewelose liggame in hul huis in Masenganestraat aangetref het.

“Die provinsiale ondersoekeenheid vir georganiseerde misdaad ondersoek tans twee moordsake. Die motief is nog nie bekend nie,” sê Swart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Blomme ·

Alweer ń skietery! Hoekom word niks van die kant vd parlement gehoor oor die nuwe metode van moorde nie. Hulle veroordeel nou nie eens meer die moorde! Is dit regtig nou so alledaags dat ons maar moet leer om met moorde en skietery en roof en alle vorme van geweld saam te leef? Tragies.

miavos ·

Die vrou het op haar man afgekom? Waar was sy dan voor die skietery?

Persheks Adri ·

Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het die vrou, wie se naam nie bekend is nie, omstreeks 00:30 van ʼn werkskof teruggekeer toe sy die slagoffers se lewelose liggame in hul huis in Masenganestraat aangetref het.

Diana ·

Lees berig voor jy kommentaar lewer. “DIE VROU HET VAN Ñ WERKSKOF AF TERUG GEKOM”. DANKIE

Yvonne ·

Sjo ….meer mense sterf aan moord as covid ……so lyk dit vir my…tragies

Diana ·

Ek erken daar word baie sinnelose moorde gepleeg, maar ek weet darem nie of dit Covid-19 oorskry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.