Pa kom op babalykie in dogter se kamer af

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Woensdag in ʼn klerekas in Graaff-Reinet in die Oos-Kaap aangetref.

Kapt. Bradley Rawlinson, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn ouerpaar het ná werk by hul huis in Kingwillstraat gekom.

Die pa het volgens Rawlinson om die een of ander rede onraad vermoed, hul 22-jarige dogter se kamer deursoek en hiér op die liggaam van ʼn babaseuntjie in haar klerekas afgekom.

Die liggaam was in ʼn handdoek toegedraai en in ʼn boks in die kas versteek.

Volgens Rawlinson is die polisie omstreeks 18:15 na die huis ontbied. ʼn Voorlopige ondersoek toon dat die baba na bewering reeds Sondag gebore is.

“Dit is nie duidelik of die baba doodgebore is en of hy later dood is nie,” het Rawlinson verduidelik.

Die polisie vermoed dat die dogter die baba van haar ouers wou wegsteek. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Die klag kan moontlik verander hangende die uitslag van ʼn nadoodse ondersoek, het Rawlinson verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
charmaine

Terwyl die land uitvaar teen mans en vra vir die doodstraf, wat nou van die 22jarige vrou wat haar baba versteek? En is dit ooit haar baba? Waar trek ons die lyn tussen mans, pa’s, oupa’ en oom’s en die van ma’s, vrouens wat ook maar moor, aanrand, mishandeling?

Zettie

Ja né…………..

Leon Pit

Sê ek ok Zettie

Louise

Dis baie erg! Maar nou wil ek vra? Die saak word as moord gesien en ek stem saam maar daagliks word 100de babas geaborteer, wat is die verskil? Een is moord en een nie!!??

Kornel

Sorry julle maar my woorde is klaar. Klaar klaar klaar. My vrou verwag ons 2de kind (November 2019) alles is al reg gesit. Ek sit sonder werk en gaan mal in my kop daarooor. Ons dogter is so so pragtig en ons is mal oor haar. Lief lief en nogmals lief vir haar. Dan doen mense dit. Ek voel jy is GeSeende as jy n kind mag he. Die Here besluit. Maar ja deesdae verstaan ek nie meer nie. Die bybel waarsku ons van die dinge. Mag elke kind en dier asseblief deur ons Vader beskerm word. Maak die ouers… Lees meer »