Pa kritiek ná huisroof

Die helikopter waarmee die man vervoer is. Foto: Verskaf.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer ná ʼn 54-jarige man Vrydagaand in die maag geskiet is tydens ʼn huisroof.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 22:40 in Dunnottar plaasgevind.

“ʼn 15-jarige meisie het gehoor hoe word die eetkamervenster gebreek en het gehardloop om haar ouers in kennis te stel. Hulle het opgestaan om te gaan ondersoek instel,” het Masondo gesê.

Hulle het volgens hom drie mans gesien en teruggehardloop na die slaapkamer. “Die pa het probeer om die deur te sluit, maar die verdagtes het teen die deur gedruk en dit oopgestamp,” het Masondo gesê.

Die verdagtes het een skoot afgevuur en dit het die man in die maag getref.

Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man was in ʼn ernstige toestand.

Die verdagtes het ook die vrou (42) oor die kop geslaan met ʼn ysterstaaf. Magoro het dit bevestig.

“Die man is per mediese helikopter na die Alberton Unie-hospitaal gehaas. Die vrou is ook na die hospitaal geneem vir behandeling.”

ʼn Televisie, twee selfone, twee skootrekenaars en juweliersware is tydens die aanval gesteel.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie-ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gerrit ·

Hulle sal al waaghalsiger word want on het nie polisie nie en ek lees elke dag van aanvalle op mense maar omtrent nooit van slagoffers wat terug skiet of terug baklei nie so dit gaan al erger word todat ons polisie kry soos ander lande wat die misdaad kan aanvat

Petrus ·

Stem saam met jou , dit gebeur as jy n slapgat houding het in ons land.

RM ·

Magtig mense ons is ‘n nasie wat nie kan slaap nie. Daar moet tog ‘n beter manier wees.

Oom Kalahari ·

Hartseer dat daar yot in jou eie veilige tronk ingebreek word. So is elke mens maar in die regte wiegie geplaas om sy taak eendag uit te voer. Om ‘n vuurwapen te dra en jouself en gesin beskerm bring net meer hartseer op jou gesin en stel jy jouself bloot as ‘n krimineel wat toegesluit word vir lang tydperke soos sake aanhoudend uitgestel word. Die beste uitkoms is om jouself en gesin op jul kniee te gaan sodat jul almal maar tereggestel word, want die misdadiger is nou maar eenmaal die wenner. Dit gaan oor elkeen is vir homself en saamstaan is net ‘n woord aanhaling in die woordeboek. “Jesus is die redder”

Manie Strydom ·

Dit is hierdie oningeligte twak wat mense versprei,n handwapen is vir selfbeskerming as iemand jou venster breek om in jou huis te kom kan jy hulle doodskiet want jou lewe is in gevaar,die saak moet daarna ondersoek word om seker te maak jy het reg opgetree.Die media is gewoonlik skuldig aan sensasie soek en sê dan net die persoon is aangekla van moord maar onthou die saak moet n naam kry soos waneer jy per ongeluk iemand raakry ondersoek hullejou van roekelose bestuur maar jy word nooit aangekla nie .BEWAPEN JOUSELF EN BESKERM JOUSELF EN JOU FAMILIE SA het nie meer polisie wat jou wil beskerm nie.

franie ·

Manie Strydom ek stem 100% saam met jou, wees paraat en luister wat om jou aangaan in die nag/dag, as iemand jou venster breek en inklim is hy nie daar om vir koffie te vra nie, skiet steek of slaan maak nie saak nie, dit is terwille van oorlewing, staan eerder in die hof as wat jy onder die kluite le.

Johan Grobbelaar ·

Gaan na vvk.co.za se webwerk en registreer jouself om vir die volgende Volksraad te stem. Dit is al manier om selfbeskikking vredevol te kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.