Pa kritiek, seun ernstig beseer ná vliegongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Pa is in ʼn kritieke toestand en sy seun ernstig beseer nadat die ligte vliegtuig waarin hulle gevlieg het, Woensdag naby Badplaas in Mpumalanga neergestort het.

Brig. Selvy Mohlala, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Machiel Jansen en sy seun, Adrian, was die enigste insittendes van die vliegtuig toe dit omstreeks 06:45 by die Vygeboomdam neergestort het. Die ouderdom van die beseerdes is nie bekend nie.

“Volgens die inligting wat tans beskikbaar is, was Machiel die vlieënier. Iets het fout gegaan en [Machiel] het vermoedelik probeer om ʼn noodlanding te maak. Dit is nie in dié stadium duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie,” het Mohlala gesê. Die voorval word tans ondersoek.

Hy het gesê Machiel en Adrian is glo inwoners van Nelspruit, maar was in Badplaas met vakansie.

Pieter Rossouw, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê Machiel het kritieke beserings opgedoen en moes deur ʼn ander ambulansdiens per helikopter na die Mediclinic Nelspruit geneem word. ER24 het Adrian na die hospitaal Rob Ferreira, ook in Nelspruit, vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Dee ·

Mariné, in die eerste plek sê jy dat dit neergestort het en dan weer vertel jy van die vermoedens dat ‘n skeefgeloopte poging tot noodlanding die ongeluk veroorsaak het. Dit verskil hemelsbreed, weet jy. Die foto vertel nie veel nie maar dit is klaarblyklig ultra-lig. Ek hoop hulle herstel volkome.

Mariné Lourens ·

Dagsê Dee

Ek vra om verskoning indien daar enige verwarring was. Soos in die berig genoem, is dit in hierdie stadium nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die vermoede bestaan dat die vlieënier probeer het om ‘n noodlanding te maak voor die vliegtuig neergestort het. Dit is egter nie bevestig nie en sal deel vorm van die betrokke owerhede se ondersoek.

Vriendelike groete
Mariné
nms Maroela Media

Dee ·

Dankie vir die terugvoering Mariné. Wat ek eintlik gesê het is dat dit waarskynlik ‘n noodlanding in area te lelik daarvoor was en nie neerstorting nie. Glo my dit is in uiters seldsame omstandighede wanneer vliegtuie ‘neerstort’. Ek dink werklik dat ‘n noodlanding dalk gepoog was op ‘n plek onvanpas daarvoor en dat obstruksies toe getref is. Vliegtuie ‘val’ nie (sommer) nie.

Gus Dru ·

Slegte nuus,ek bid dat pa en seun ten volle herstel Machiel .sterkte ou maar.

emma ·

Ag werklik Dee….get a life.Wat op aarde maak dit saak HOE die vliegtuigie geval het?? Punt is hy HET geval en ek wens die beseerdes spoedige beterskap toe

Chante ·

Ja wraggies Dee kom oor jouself??… dink eerder aan die beseerdes as wat jy die verslaggewer aanvat???…eenvoudig!

Japie Botha ·

Vanuit die foto blyk dit die kanaal was dieper as die flieënier se optimisme. Sterkte aan die familie. Voorspoedige nuwejaar Mariné en Maroela. Vanuit Oz.

ig ·

Nee,Dee het n lewe,sy lewe bestaan uit kritiek lewer,kla,vermaan en sommer heeldag beswaard te wees.Ek dink Maroela se redaksie kners gereeld op hulle tande.

tw ·

Dee – “jy DINK” n noodlanding was gepoog, …. presies, niemand weet nog wat werklik gebeur het nie, so hou maar eers jou denke vir jouself totdat jy meer feite het.

Karel ·

Voorblad berig in Beeld – die vlieenier is ‘n paar dae terug blykbaar verkla omdat hy te laag (en dus roekeloos aangesien daar mense onder hom was) gevlieg het in die omgewing – indien korrek, heeltemal onnodig en ‘n voorkombare ongeluk…. gestel dit was enjinmoeilikheid, dan is hoogte jou vriend want jy het soveel meer tyd om ‘n besluit te neem. Sterkte aan hulle 2.

JOHAN ·

Dit lyk regtig of sommige mense soos Dee sleg Maroela lees om onder mense en die berigte op die nuus te kritiseer en nie om enige nuus in te neem nie . Ag nee wat die van julle wat so optree ,kry tog GRIP in die lewe en moenie ander se dag omkrap nie.

Delia ·

Julle mense wat Dee hierbo so kritiseer, hy/sy is heeltemaal reg…. ‘n vliegtuig “val” nie uit die lug nie. Dit het vlerke en tensy die vlerke in die lug afval, praat mens van ‘n “vliegtuig ongeluk”.
Ek is innig jammer vir die twee mense en hulle familie betrokke by hierdie ongeluk en hoop pa en seun herstel volkome! Ek gun niemand die hartseer nie – het self my man en vriende in ‘n vliegongeluk verloor en weet waardeur die naasbestaandes gaan.

Winston ·

My voorneme vir die nuwe jaar is om minder krities te wees. Sterkte aan die manne.

Suzette ·

Eish hierdie Dee (man of vrou), is sowaar “dee” ergste pyn in enige normale ou se kleintoontjie. Wil jy nie maar net groot asb ‘n nuwe jaar voorneming neem nie. HOU OP KRITISEER……….

CFB ·

As mede-vlienieer het ek het al saam met Machiel gevlieg in formasie. Ek glo hy’t sy bes gedoen om ‘n noodlanding uit te voer want ‘n mens moet vining dink en instinktief dit wat jou geleer het toepas. Die terrein speel ongelukkig nie altyd saam nie en daar is nie altyd tyd om die beste landings plek uit te soek nie. Mens is dankbaar hulle het lewendig daar uitgekom. Sterkte Machiel vir jou en jou seun en hoop jy kom vining terug in die lug!

Ooggetuie ·

Ons was by Vygeboomdam en het gesien wat gebeur het….. kom ons wag vir die vlienieer om te vertel wat gebeur het. Ons het groot geskrik … maar almal het soos blitz saamgewerk.. hulp gekry… trots op ER en al die ander mense wat daar gewerk het op die toneel…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.