Pa kry drie keer lewenslank vir verkragting

Argieffoto

Die streekhof op Richardsbaai aan die KwaZulu-Natalse noordkus het ʼn 36-jarige man drie maal lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy sy dogter etlike kere in 2014 verkrag het.

Die slagoffer was vyf jaar oud ten tyde van die voorvalle toe sy by ʼn kinderoppasser in haar ouma se huis gelaat is en die veroordeelde daar sou opdaag. Hy het sy kind telkens van haar oppasser weggeneem en verkrag.

Lt.genl. Thulani Zwane, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, sê bure het ondersoek ingestel nadat hulle die kind op ʼn keer hoor skree het. Hulle het die jong slagoffer by haar verkragter weggeneem.

ʼn Klag van verkragting is by die Esikhaleni-polisiekantoor aanhangig gemaak en ondersoek deur die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings.

Die verdagte is kort nadat hy betrap is, in hegtenis geneem en strykdeur die verhoor aangehou.

Dit het tydens die polisie se ondersoek aan die lig gekom dat die pa sy dogter by twee vorige geleenthede ook verkrag het. Hy is effektief drie maal lewenslange tronkstraf opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Bea ·

Dis ‘n jammerte dat sulke voorvalle eers jaare later aan gegee word! Die trauma vir die kind om herhaalderlik met die misdadiger in kontak te wees.

Nel ·

Nee Bea, lees die berig mooi!. Die bure het gehoor en die kind is dadelik weggeneem van die verkragter. En n saak van verkragting is by die polisie aanhangig gemaak en is die pa inhegtenis geneem, die saak is nou eers afgehandel al het dit in 2014 gebeur

Cor ·

2xLewenslank is nog te min . Oor n paar jaar is hy kwansuis grehabiliteer en doen aansoek vir parool met die hulp van n sielkundige en welsyns werker. Hy gaan mos regte he soos alle kriminele. Net die slagoffer het nie regte nie. Sy is geskend vir die res van haar lewe

Elvira ·

Dankie Regter. Geen parool asseblief. Sterkte liewe dogter ek hoop hulle reel berading vir jou.

Sarel ·

3 x lewenank maar sal net miskien 1x lewenla k – 25jr. Uitdien. Slegs die kind het lewenslank gekry.

Karin ·

Wat van die oppasser! Herhaaldelik by haar weggeneem. Kon sy nie die eerste keer alarm maak nie? Sy het tog sekerlik ook die kind hoor skree. En agterna skoongemaak. Net so skuldig!

Chris ·

Siek maak my naar , met jou eie kind wat nog haar hele kindwees voor haar gehad het. Daar is baie los goed op straat wat hom kon gehelp het maar dan moes hy geld uitgehaal het. Hy sal maar met oop oe moet slaap in die tronk en ook oe agter in sy kop moet he .

Daan ·

My oudste tweekinders se Biologiese pa is vir jare weggebere AGV daai soort ding. Na baie jare en ‘n “EK WAS ONSKULDIG” is hy binne twee jaar na sy |”REHABILITASIE” weer aangekeer vir dieselfde ding. Sluit hom toe en vergeet van hom.

Sarel ·

Stem nie saam dat hierdie tipe spesie geriabiliteer kan word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.