Pa kry lewenslank ná hy dogters verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 56-jarige man van KwaZulu-Natal is vandeesweek tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy twee dogters.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man is Woensdag in die Nongoma-streekshof gevonnis. Hy is tot ʼn verdere 12 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van aanranding en ontvoering.

“Die twee slagoffers, onderskeidelik 21 en 23 jaar oud, is herhaaldelik oor ʼn tydperk van twee maande in 2014 in die Bhuqwini-omgewing verkrag,” het Zwane Donderdag gesê. “Die slagoffers was te bang om die verkragtings aan te meld aangesien hul pa hulle ook aangerand het.”

Zwane het gesê die dogters is in ʼn stadium erg deur hul pa aangerand en verwurg, waarna daar uiteindelik sake van verkragting, aanranding en ontvoering in Desember 2014 by die Nongoma-polisiestasie aanhangig gemaak is. Die man is dadelik in hegtenis geneem en het verskeie kere in die hof verskyn voordat hy Woensdag gevonnis is.

Die verkragter se naam mag nie bekend gemaak word nie om die identiteit van sy dogters te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

amelia ·

Jammer sy naam mag nie bekend gemaak word nie. So word sy naam ook beskerm en eintlik is dit net bedoel om die dogters te beskerm . Ek dink ek sou wou gehad het dat my pa se naam genome moes word. Niemand verkwalik die kinders nie. Maar hy kry nou onverdiende beskerming.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.