Pa kry lewenslank vir moord op jong seuns

hof-hamer

(Argieffoto)

ʼn 38-jarige man is Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy sy twee seuns vermoor het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die liggame van die twee seuns, onderskeidelik 11 en 12 jaar oud, is op 15 Mei 2020 op die kleinhoewe Valkop digby Brits gevind. Die beskuldigde en die kinders se pa, Dannyboy Fistos Khumalo, het die polisie in kennis gestel dat sy seuns glo rotgif gedrink het. ʼn Geregtelike doodsondersoek is die volgende dag geopen.

“Dit het in die ondersoek uitgekom dat die pa die seuns vergiftig het,” het Funani destyds gesê. “Hy is op 18 Mei 2020 in hegtenis geneem. Hy was sedertdien in aanhouding.”

Khumalo is tot twee keer lewenslank vir die twee moorde gevonnis. Hy is ook tot drie jaar tronkstraf vir dwarsboming van die gereg gevonnis. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. Hy is verder ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het die swaar vonnis verwelkom. Hy het ook die polisie geloof vir hul harde werk om seker te maak Khumalo word vir ʼn lang tyd tronk toe gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Magda G

Hy moet vir albei moorde ewe lank in die tronk bly.
Ons belastingbetalers ly daaronder.
Bring doodstraf terug. 2 Onskuldige kinders. Vreksel.