Pa lewenslank tronk toe ná hy dogter verkrag

(Argieffoto)

ʼn 40-jarige man van Springs aan die Oos-Rand is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy sesjarige dogter.

Die pa het sy dogter op 16 Junie 2018 verkrag toe hulle alleen tuis was. “Ná die voorval het hy vir haar geld gegee en haar gevra om vir niemand te sê wat gebeur het nie,” het Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê.

Die meisie het ʼn paar dae later by haar ouma gekuier en die vrou het agtergekom dat die kind baie emosioneel en ongemaklik voorkom. Die meisie het haar van die verkragting vertel en die ouma het haar na ʼn hospitaal geneem waar dit bevestig is dat die kind verkrag is.

Die ouma het dadelik die voorval by die polisie aangemeld en die pa is in hegtenis geneem. “Hy het die bewerings ontken,” sê Mahanjana.

Adv. Adele Erasmus, staatsaanklaer, het in die hof aangevoer dat misdade teen kinders nie in ʼn beskaafde samelewing geduld kan word nie. “Die man is die kind se biologiese pa en het haar grootgemaak vandat sy ʼn baba was. Dit was sy plig om haar lief te hê en te beskerm.”

Hy het egter sy posisie misbruik en haar vertroue op een van die ondenkbaarste maniere geskend. Die meisie het ernstige beserings weens die verkragting opgedoen en moes deur verdere trauma gaan deur teen haar pa te getuig.

Volgens Mahanjana moes die man daarom onbepaald uit die samelewing verwyder word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

koos10 ·

Was dit nie ‘n minister wat tydens die Oscar Pretorius saak gesê het dat wit mans hulle vroue as besittings beskou nie?

Suzette ·

In SA is dit nie lewenslank nie. Gaan een of ander tyd uitkom. Kap af wat pla man – dit sal nog voornemende verkragters twee keer laat dink voor hulle gepla raak…..

Hennie J ·

Die straf is geen straf nie. Ons tronke is nie n straf nie, eerder free board and lodging en al waarvoor jy daarbinne moet keer is jou wickets. Ek hoop werklik papa leer hom n paar goeie lesse daarbinne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.